Die voordeel van Bosveld dorp

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Duster

Race Dog
Joined
Apr 23, 2010
Messages
1,398
Reaction score
0
Location
Naboomspruit, Limpopo
Bike
Yamaha Super Tenere
Vanmiddag het ek lus gehad om sommer so vinnig 'n stukkie grondpad te gaan ry.  As ek bedoel vinnig, dan bedoel ek dat na 2km van my huis af, is ek op die grondpad.  Dan kan ek grondpad ry tot in Thabazimbi en raak net een keer aan teer, wanneer ek die teerpad oorsteek van een grondpad na die volgende.  Maar vandag was sommer net 'n kort stukkie, en dis soos hemel op aarde.  Die fotos gaan maar die praatwerk doen.
 

Attachments

  • DSC00986.JPG
    DSC00986.JPG
    376.5 KB
  • DSC00985.JPG
    DSC00985.JPG
    265 KB
  • DSC00990.JPG
    DSC00990.JPG
    355.3 KB
  • DSC00989.JPG
    DSC00989.JPG
    345.7 KB
  • DSC00988.JPG
    DSC00988.JPG
    355 KB
Nog fotos.  By kruispaaie dink ek altyd:  "Where do you go to, my lovely, when you're alone on you're bike....?"
 

Attachments

  • DSC00992.JPG
    DSC00992.JPG
    364.6 KB
  • DSC00994.JPG
    DSC00994.JPG
    303.2 KB
  • DSC00996.JPG
    DSC00996.JPG
    374.5 KB
  • DSC00997.JPG
    DSC00997.JPG
    376.8 KB
Geniet, ek het!
 

Attachments

  • DSC00998.JPG
    DSC00998.JPG
    482.1 KB
  • DSC00999.JPG
    DSC00999.JPG
    343.1 KB
  • DSC01000.JPG
    DSC01000.JPG
    419.1 KB
  • DSC01001.JPG
    DSC01001.JPG
    323 KB
More.....!  Daars wraggies nog water in die Sterkrivier!!
 

Attachments

  • DSC01003.JPG
    DSC01003.JPG
    415.5 KB
  • DSC01004.JPG
    DSC01004.JPG
    363.4 KB
  • DSC01005.JPG
    DSC01005.JPG
    345.7 KB
Na omtrent 30km se grond, is ek terug op die teerpad.  Wat nice is van my dorpie, is al die vakansie oorde om ons, en natuurlik al die kuier plekke.  Ek het net 'n paar plekke waar ek verby is, afgeneem.  Tot by Die Oog, is ek by Henties Lapa, Lekker-rus oord, Libertas, Lalele Krokodilplaas, Bothania Hills, Kammaland, Rhemardo en Die Oog verby.
 

Attachments

  • DSC01009.JPG
    DSC01009.JPG
    294.2 KB
  • DSC01008.JPG
    DSC01008.JPG
    340.7 KB
  • DSC01006.JPG
    DSC01006.JPG
    319.4 KB
  • DSC01007.JPG
    DSC01007.JPG
    287.3 KB
:thumleft:  :thumleft: Jou gelukkige hond...  :laughing4:
 
Hi HB9, ja, behalwe vir die lekker grondpaaie om ons ook, is die vakansie oorde vir ons niks nie.  Ons werk as die ander vakansie hou, jy weet, soos iemand wat al jare by die see bly.  Hulle kom Transvaal toe vir vakansie!!!
Die volgende fotos is van Sediba, 'n eens gewilde wildsplaas/kuierplek wat in omstredenheid afgebrand het, en nou verlate staan en wag vir ons weet nie wat nie.
 

Attachments

  • DSC01010.JPG
    DSC01010.JPG
    357.7 KB
  • DSC01011.JPG
    DSC01011.JPG
    309.8 KB
  • DSC01012.JPG
    DSC01012.JPG
    324.7 KB
  • DSC01013.JPG
    DSC01013.JPG
    257.9 KB
  • DSC01016.JPG
    DSC01016.JPG
    408.1 KB
Ek wou 'n koue een vat by Sediba, maar niemand wou my bedien nie.  Nog plekkies.
 

Attachments

  • DSC01020.JPG
    DSC01020.JPG
    281.1 KB
  • DSC01022.JPG
    DSC01022.JPG
    233.1 KB
  • DSC01021.JPG
    DSC01021.JPG
    302 KB
  • DSC01019.JPG
    DSC01019.JPG
    281.6 KB
  • DSC01018.JPG
    DSC01018.JPG
    129.6 KB
Die meeste ouens ken seker die Olifant, net so 10km uit Naboom uit op die bronne pad.  Daar is nou 'n uitstekende eetplek/kuierplek ook, en 'n karavaanpark.  Dis 'n bekende landmerk vir ons dorpie.

Naboomspruit het sy naam te danke aan die Naboom, die plant op die fotos.  Wetenskaplike naam "euphorbia", en die nuwe naam "Mookgophong", die Sotho vir "euphorbia".  As julle wil kom kuier, onthou om by die Mookgophong afrit van die N1 af te draai, daar is nie meer Naboomspruit borde nie.

Die laaste stop net voor ek die dorp inry, is die SPIF padstal, seker die beste padstal in die Limpopo.  Dis 'n uitvloeisel van Spif Hoenders, die hoender slagpale waar ek werk.  Kom loer gerus in as jy bronne toe kom, en as julle wil hallo sê, vra net vir my, dan kom groet ek vinnig.  Onthou om te vra vir Philip, want hulle sal nie weet wie Duster is nie.
 

Attachments

  • DSC01023.JPG
    DSC01023.JPG
    255.8 KB
  • DSC01026.JPG
    DSC01026.JPG
    261 KB
  • DSC01027.JPG
    DSC01027.JPG
    195.6 KB
  • DSC01028.JPG
    DSC01028.JPG
    260.9 KB
Hi Duster

Baie nice foto's. Jy ken sekerlik dan vir Lodie of hoe? Die baie wat jy gery het, is dit deur die Waterberge of hoe?
 
Ek wil eintlik eendag 'n rr doen van Naboom, met al sy besienswaardighede en wat te doen is, en waar om te ry ens.  Ek en Stoffies is waarlik bevoorreg om hier te bly en die natuur ens om ons te geniet.  Natuurlik het ek gaan ry toe Stoffies bietjie gaan dut het, en toe ek by die huis stop, wou sy weet waar ek was.  Noodeloos om te sê, toe ek sê ek sal 'n foto van haar op die forum plaas, toe is alles vergewe.  Haha.  Net 'n grappie, Stoffies!! Eina....eina...!

Die hele topic was in net oor die 50km.  En met die fotos is al manier waarop ek dit met julle kan deel.

Sterkte vir die week, en ek is jaloers op almal wat nie nou werk nie, maar op hul bikes iewers rondry.  Geniet dit!!
 

Attachments

  • DSC01030.JPG
    DSC01030.JPG
    285.3 KB
  • DSC01029.JPG
    DSC01029.JPG
    242.3 KB
Swart Gevaar, ja, ek ken Lodie baie goed.  Hy het verlede Oktober, toe ek en Stoffies Afrika binne gevaar het, die eerste 80km of so saam met ons gery om ons op die pad te hou.  Hy het ook baie ervaring en het wonderlike ervarings met ons gedeel voor en na ons trippie.  Hy is mos nou weer in Rusland met die KLR.  Volg hom gerus op sy blog, hy het 'n ongelooflike ervaring.
 

Attachments

  • A15 - Copy.JPG
    A15 - Copy.JPG
    452.6 KB
Duster said:
Swart Gevaar, ja, ek ken Lodie baie goed.  Hy het verlede Oktober, toe ek en Stoffies Afrika binne gevaar het, die eerste 80km of so saam met ons gery om ons op die pad te hou.  Hy het ook baie ervaring en het wonderlike ervarings met ons gedeel voor en na ons trippie.  Hy is mos nou weer in Rusland met die KLR.  Volg hom gerus op sy blog, hy het 'n ongelooflike ervaring.

Dis reg ja, ekken home self. Hy was laas jaar saam met ons Bosveld Fees toe op Ellisras.
 
Lekkerrus is ook mos in daai omgewing
Daai Olifant staan al baie jare daar, seker 30 jaar plus

:thumleft:  :ricky:
 
Lekker man...dankie vir die deel. Was die naweek op Ellisras (met die kar ongelukkig) en het telkemale verby daai awesome grond paaie gery en gehoor hoe roep hulle my!
 
dual said:
Lekkerrus is ook mos in daai omgewing
Daai Olifant staan al baie jare daar, seker 30 jaar plus

:thumleft:   :ricky:
Dual, ja Lekkerrus is die eerste oord as ek van die grondpad af op die teer kom.
Carrots said:
Lekker man...dankie vir die deel. Was die naweek op Ellisras (met die kar ongelukkig) en het telkemale verby daai awesome grond paaie gery en gehoor hoe roep hulle my!
Ag nee, Carrots, hoe kan jy net verbyry?  Hierdie paaie is gelukkig heeldag oop en vra nie toegang nie.  Kom ry sommer een naweek.


Misty said:
Lekker een Duster, nice paaie!! :)


Hi Misty, ja dis die lekkerste paaie.  Bietjie sanderig op plekke, maar hou jou op jou tone.  Groete
 
Top