Die Weskus en " DIE WESKUS "

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Fenderbender

Race Dog
Joined
Oct 7, 2006
Messages
4,114
Reaction score
305
Bike
BMW R1200GS Adventure
Dewald het vir ons n lekker trippie bymekaar geslaan . 6 fietse teen die kus langs op tot by Jurg se kaia wat ons basis sou wees . Vrydagaand het die Vredendal span al gery en ek en Seeduiwel sou Saterdag oggend vroeg hier van Robertson af ry en by hulle aansluit .

Vrydagaand 9 uur bel Blinkes my en laat weet dat daar teespoed was met die span . Dewald het n draai overshoot en sy been het lelik seergekry . Taai soos hy is , wou hy nie nog vir die ambulans wag nie en ry toe weer self terug Lutzville  se kant toe , gat in die been en gekrenkte fiets . Die ambulans het hy glo net voor Lutzville verbygejaag , hy oppad hospitaal toe en die ambulans oppad na die ongeluk toe.

Met die nuus is die naweek nou bietjie geruk , maar ek en Seeduiwel besluit om maar wel Sat. oggend in die pad te val . Eers teer gegooi om tyd op te maak , maar by Clanwilliam het ons gatvol geraak en weer grond begin soek . Mooi paadjie daar langs Bulshoekdam langs geplot op die GPS en koers gekies Klawer se kant toe .

By Dewald se huis aangekom op Vredendal , kry ons die man daar . Hy is op die been en ek is bly om te sien die lidmaat lyk so goed . Die gat in sy been lyk maar lelik op die fotos wat hy my wys en die been is redelik toegedraai met verbande . Drink gou n biertjie en gesels sommer oor die voorval . Ek stel voor dat ons , (Dis nou ek , Dewald en Bob ) , ons naam nou sal moet verander . Voortaan sal ons nou nie meer as die " Drie Musketiers " bekend staan nie maar wel  as  " Team Overshoot "  Wat ons wel ook kon doen is om die bike ryery te los en maar vlieduiwe te begin vlie . Ek word toe lelik gekyk en Bob laat weet per sms , hys ook nie te vinde vir die idee nie .  :imaposer:

Wag ek sit gou n paar kiekies op, dan vertel ek verder .

1 en 2  Bulshoekdam
       3  " DIE WESKUS"
       4  Cornel wys ons sy broek wat nog n paar stukkies mince inhet.
       5  Die Meelgesig lyk darem nie te erg nie .
 

Attachments

  • Weskus 2012 026.jpg
    Weskus 2012 026.jpg
    132.4 KB
  • Weskus 2012 025.jpg
    Weskus 2012 025.jpg
    146.9 KB
  • Weskus 2012 001.jpg
    Weskus 2012 001.jpg
    168.3 KB
  • Weskus 2012 002.jpg
    Weskus 2012 002.jpg
    155 KB
  • Weskus 2012 003.jpg
    Weskus 2012 003.jpg
    167.4 KB
Ai herder Dewie, net bly jy is oraait.

Hoop jy herstel sommer vinnig - sterkte man!

FB, gooi daai fotos, dis my, Hans Boorman en Rickus se vakansie spot daai.
 
Bly jy's oukei, jou klein kortgat.  :thumleft:
 
Hy makeer niks man, dis net die verband wat bietjie seer is :imaposer:
 
Hoe was die visit by die gynie? Jy het jou goed in jou ...geval.

voel gou beter!
 
Eish, jammer om te hoor. Word gou beter Weskus!  :thumleft:

Fendie, ek wil jou sien "vlieduiwe vlie" vir ontspanning!!  :lol8:  :lol8:
 
Nou ja , dit was al middag en ek en Roela het in die pad geval . Dewald wou met mag en mening saam in n voertuig , maar herstel verlof was sy voorland .
Op Lutzville die tenke volgemaak en see se kant toe gebeur . Die vorige aand moes daar baie water geval het , die paaie was nat met sulke snotklei kolle so tussen die sandpaaie .  Eers by Tooi se baai weer gestop om die omgewing in te neem . Mens ontmoet ook allerhande karakters so kuier , kuier langs die see af . Gewoonlik is hulle verhaal dat hulle op n stadium uit alles geraak het en dan nou maar weer n nuwe begin probeer maak .  Die outjie op die eerste foto kom glo  van die Ooskaap af waar hulle geboer het en  ook bleikbaar alles verloor het . Nou's hulle in die transport besigheid .

So laatmiddag by Jurg se kaia aangekom so al met die paadjie seelanges . Die weskus is nou vrekmooi . Jy loop heeltyd in die 2spoor met die see op jou linkerkant en die vygies en blommetjies in die veld op jou regterkant . Man kon darem so bietjie rondkyk so in die ry maar , ook nie te lank nie . Daai 2spoorsand soek jou volle aandag .

So met die son se sak het ons n bierjie genuttig en lekker saam met die manne ietsie op die kole gegooi . Ek het my verluister aan veral die 2 ou ooms ( Boetiebike se pa en n vriend ) wat daar was en hulle stories en sêgoed . Gasvrye mense , hierdie Namakwalanners . Die res van die span was Boetie , Jaques, Blinkes en Alex aka Amageza stigter .
Alex het sy dag spandeer en meeste van die sandpaadjies platgedraf . oor die 300km gedoen , die man is fiks ! Nodeloos om te sê die manne wat gery het die dag  was moeg en het maar vroeg gaan inkruip .
Die kaias is maar baie basies , met darem n paar matrasse .  Genoeg wildlewe ook . By my so in die een hoek was n spannetjie vlermuise doenig  aan die buitekant van die kaia . Ek kom toe agter dat as ek my kopliggie op die spulletjie skyn , dan raak hulle stil . Ek tune toe maar die kopliggie so langs my dat hy in die hoek skyn , man wil mos darem slaap ook .
Volgende oggend gehoor van voels rotte en selfs n muishond wat ook van die nagbesoekers was .  :imaposer:

1  Storietyd
2  Kaia
3 Vyfster verblyf
4 Die manne gesels gadgets
 

Attachments

  • Weskus 2012 004.jpg
    Weskus 2012 004.jpg
    157.9 KB
  • Weskus 2012 007.jpg
    Weskus 2012 007.jpg
    139.8 KB
  • Weskus 2012 009.jpg
    Weskus 2012 009.jpg
    140.6 KB
  • Weskus 2012 008.jpg
    Weskus 2012 008.jpg
    137.3 KB
Jis manne, ja nee kyk daai meelgesig het my 'n lelike poets gebak...en dit nog op die paaie wat mens "soos die palm van jou hand ken".. Sorry boys dat ek nie kon saamkuier en ry die nwk nie, dis seker oor ek so opgewonde was dat ek nie gehaal het nie. Dankie Boetie en Jacques vir die bystand en al die skrapnel wat julle daar bymekaar gemaak het en weer huistoe gebring het.. Ek moet sê, die KTM crash heel ok.. Na die val het ek maar die pap dik aangemaak Lutzville toe, ek is maar f@kken kleinserig en is maar 'n bang donner, is toe skrikkerig die afêre begin kwaai bloei.. die wond (weet nie wat my daar getref het nie en of dit bloot die inpak is nie, reg agter my knee-guard in die waai van my been)
 

Attachments

  • IMG00085-20120921-1925.jpg
    IMG00085-20120921-1925.jpg
    364.9 KB
Met die aankoms by die hospitaal het my ou meisie'tjie sommer klaar my goedjies gesort gehad en die dokter my gou daar kom help, ek't net gelê toe ruk Katvis die gordyn hier tussen my en hom oop, wat ded@nner het jy gemaak, hy's nou 'hang nine' Hy't glo die stukkie toon wat in die sokkie gelê het vir die kraaie gegooi maar 'n jakkals was 1ste daar en is toe met die stukkie toon in 'n gat af...
As ek mag Katvis..
 

Attachments

  • IMG00084-20120921-1924.jpg
    IMG00084-20120921-1924.jpg
    418.7 KB
Gelukkig het ek darem toe lekker geselskap terwyl hulle gou ons lekplekke probeer heelmaak, ek was gelukkig en hulle help my vinnig, Kat nie so gelukkig nie en moes Saterdag ogg Medi Clinic toe sodat hul die toon kan lawe... Die meelgesig het eintlik baie min oorgekom en as ek my sin kry ry ons 'n lekker trippie oor 2 weke. (ek moet sê, was ek darem nou vir jou versigtig van die scene af om die draai'tjie :imaposer:) Dankie Mike vir die deurbring, die man het amper 2 keer daai Hilux omgegooi om my vinnig genoeg by die hospitaal te kry..
 

Attachments

  • IMG00088-20120921-2047.jpg
    IMG00088-20120921-2047.jpg
    387.1 KB
kyk julle dan verkaar so skeef uit :imaposer:
 
n band-aid en n bietjie suikerwater sou ook die ding gedoen het.....hoe se Boetie altyd?.....ek is my Ma se oudste meisiekind!!!! :pot: :imaposer:
 
Eina (is) verby

Bly jy is ok Dewald.
 
Eina bliksem! :puke_r:

Lyk asof jy gaan iemand in die hospitaal bliksem. :evil6:  :imaposer:

Get well soon boeta.

Engelsman in Peru :paw:
 
Saterdagoggend is daar  gou n worsie op die kole gegooi en ons het begin koers kies weer af teen die kus. Dit het weer in n spelery ontaard  en gou is daar gekyk wie weer 1ste by die volgende toe hek kon kom . Blinkes se amps het maar laag getrek , blykbaar omdat die een oom sy 1ste drinkposisie moes afstaan aan hom .  :imaposer:

By Lutzville gehergroepeer en toe kies ek weer koers binneland se kante toe . Die ander span het bietjie verder afgery tot by Doringbaai en toe is hulle ook weer elkeen is sy eie rigting in .
Gou weer n vinnige draai by Dewald gemaak en toe huiswaarts begin kyk .
Met die teespoed wat veel erger kon gewees het , was dit tog n trippie om te onthou . Dankie Seeduiwel vir die saamry en die weskussers vir hulle moeite en gasvryheid.

        1 Oppaktyd
  2en 3  "DIE WESKUS " se draai
        4 Pitstop
 

Attachments

  • Weskus 2012 015.jpg
    Weskus 2012 015.jpg
    139.9 KB
  • Weskus 2012 017.jpg
    Weskus 2012 017.jpg
    138.3 KB
  • Weskus 2012 016.jpg
    Weskus 2012 016.jpg
    190.8 KB
  • Weskus 2012 018.jpg
    Weskus 2012 018.jpg
    143.7 KB
Top