Dinsdagoggend, kwart voor vyf . . .

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Rokie

Race Dog
Joined
Oct 31, 2008
Messages
1,629
Reaction score
0
Location
West Coast
Bike
BMW F650GS / Dakar
. . . oppad stasie toe, toe gaan my getroue skouperd van dit:


. . . na dit:


nou weet ek ook n bietjie hoe dit voel om n nuwe bike te he . . .  ;)
 
Geluk! Ek weet nie of mens moet trots wees of hartseer nie. Dis in elk geval nogal 'n prestasie.
 
Mooi man. Baie geluk. Die Rotax enjintjies het net nie einde nie.

Myne het dit so 10 maande terug gedoen.

Sy staan nou op 1 23000 km.

Maar sy is nou effe siek. Die timing chain tensioner het met n groot lawaai gefail.

Ek glo sy sal weer teen die naweek reg wees.
 
Dit is n moerse "kilometer"paal....

Lekker verder ry op jou nuwe motorfiets!  :ricky:
 
Hanno. Beteken dit jy ry saam Sondag?
 
Disco Dan

Ek het haar gisteraand huis toe gevat van die operasie teater af ;)

Sy voel sommer weer soos n nuwe bike.

Lyk of ek Sondag by Gouda n draai sal maak.
 
Baie geluk Rokie  :thumleft:

Myne staan nou op 86000km.

Ek het laasweek so 30km geswop met Swanniebraai sn, en sy Dakar se enjin voel meer smooth as myne op 99 000.

Mense kan se wat hulle wil, hierdie bikes is verdomp goed  :thumleft:
 
Dankie vir al die kommetaar.
Die enjin is nog heeltemal standaard. Ek het haar op 83 000km gekry met volle diensgeskiedenis. Op daardie stadium was die grootste werk wat nog ooit op haar gedoen was, die installasie van n tracking device.

Intussen het ek maar die waterpomp-goed en die petrolfilter/drukreguleerder voorkomend vervang. Anders as dit, (maar dis nou nie enjingoed nie) nog net vurkseels, voorrem se hidroliese pyp, clutch-kabel en normale diensitems (vonkprop, olie, filters, ketting & sprocket).

Een ongelooflike ding is dat haar steering head bearing nog nooit vervang is nie. Ek gaan maar binnekort dit en die swing arm bearings ook voorkomend doen.
Dis nou maar die ding van hierdie fietse - hulle is dalk nie so sexy soos n KTM straatvrou nie, maar maak darem n uitstekende trouvrou.
:love6:
 
Geluk man - dis beslis 'n groot mylpaal op 'n "single" !!!  O0
 
Top