'n Biketrip moet reëls hê......... Sonder reëls kan dinge deurmekaar raak en die fun vir almal spoil. Ons het oor die jare 'n paar ongeskrewe reëls opgestel om dinge vir ons te laat werk.
Een van hierdie reëls is dat ons GLAD NIE by franchise restaurante mag eet of drink nie. Dit is 'n eenvoudige reël wat sorg dat 'n ou bietjie meer met 'n dorp se karakter te doen kry by 'n ou tannie se koffie winkel as wat jy dalk sou in die local Wimpy.
Die oggend doen so situasie homself voor toe ons in Laingsburg aankom. Ons gooi petrol by Engen en daar is natuurlik 'n Wimpy waar ek al telkemale geeët het oppad Kaap toe met gesinsvakansie. Die oggend is dit egter nie vir ons beskore nie, want reëls is mos reëls.
Righard begin weer geluide maak oor 'n sagte loopeiertjie. Ek't mos al veduidelik hoe erg die man oor eet is.....
eepwall:
Hy gaan sit by tafel in Wimpy en 'n dame neem sy bestelling. Ek moet instap en die dame mooi vertel dat hy nie mag bestel nie en dat hy nie kan betaal vir enige iets wat hy bestel nie. Righard sit ewe vewese daar op sy eie by 'n two seater.....
eepwall: Mense wat ons hoor praat staar na hom en teen die tyd wil niemand in die Wimpy hom bedien nie en hy het geen ander keuse as om op sy Ducati te klim en verder saam te ry nie..... Ek dink hy het darem weer ontdooi teen die tyd dat ons die aand in Middelpos gekom het.....