Ons en Chris het gister met die motorfietse die pad gevat na Nieuwoudtsville om Blomme te gaan kyk. Ek het geweet die blomme is nog nie heeltemal in volle blom nie, maar ons het maar gaan kyk wat ons kry. Ons het toe sommer by BAGDAD CAFE ingeloer en 'n koffietjie gedrink, om die blomme 'n kans te gee om oop te maak.