Eastview Brêkfis run ... 2009-06-29

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Colyn

Race Dog
Joined
Sep 4, 2007
Messages
1,295
Reaction score
0
Location
Nelspruit
Bike
BMW R1200GS
Soos baie van julle seker weet het Nelspruit aan die einde van 2008 'n nuwe BMW handelaar gekry. Nouja vir die meeste van ons was dit nogal lekker om te dink dat ons dalk nou ordentlike diens en verantwoordelike nasorg op ons fietse spesifiek gaan kry. My eerste aangename ervaring was toe ek die eienaar, Jon ontmoet en hy vertel my met 'n groot smile op sy gesig dat hy baie lief is vir bike ry.

Dae en tye het aangeloop en op 'n oggend kry ek a SMS wat my uitnooi na die eerste Eastview Brêkfis run. Hmmm ... ek sal maar gaan kyk dink ek en so doen ek dit toe. Die oggend arriveer ek by die vertrekpunt en is aangenaam verras om meer as 30 bikes daar te sien. Een van die belangrike punte is dat die eienaar en 4 van sy personeel lede daar was. Die werkswinkel bestuurder het saamgery en daar was ook voorsiening gemaak vir 'n sleepwa en voertuig. Man dit het my laat lekker voel want dis mos een van die redes hoekom ek 'n BMW ry. Dit was a heerlike ondervinding maar ek was te lui om die storie te skryf.

Wel toe die laaste week in Junie kry ek weer so SMS. Nouja hier is die keer se storie.

Daar is iets "magical" aan bikery so vroeg in die oggend. Die lug is fris en vars en die opkomende son speel speletjies met die teksture teen die berghange. Vlekke van swart en kleur word soos flitskaarte aangebied en die fotograaf in my dreig om die oorhand te kry.

01_IMG_8907.jpg


01_IMG_8911.jpg


01_IMG_8914.jpg


01_IMG_8923.jpg


By die vertrekpunt is dieselfde weer waar en ons word getrakteer met warm koffie. Die dag se roetes word bespreek en toe is ons weg. Ek wil net byvoeg dat Eastview elke keer voorsiening maak vir twee roetes, een vir die teerpad ouens en een vir die stofpad ryers. Ek is op die LT so ek bly maar liewers op die teer. Miskien sal ek eendag die moed bymekaarskraap en die stofpad een aanvat maar verseker nie op die LT nie. :)


01_IMG_8935.jpg


01_IMG_8943.jpg


01_IMG_8948.jpg

Die streep fietse tou teen die bult uit na Bundu toe en deur Rockysdrift. By Witrivier draai ons weg Sabie toe en hier begin van die manne die pap aanmaak. Ek sit maar hand by waar ek kan en in my spieëls kan ek sien dat daar 'n swerm GS'e agter my is. Ek ken baie van die manne en weet hulle gaan nie lank agter daai LT bly nie. Die lang slap draaie tot net anderkant Witklip maak dit nie moontlik vir die GS'e om die LT kaf te draf nie want sy gewig tel vir hom hier en die 4 silinders laat hulle nie sommer oorweldig deur daai halwe Volkswagens nie.

Net anderkant Witklip afdraai laat ek maar die warm brakke verbygaan want die volgende klomp draaie het 'n paar skerpes in en daar sleep ek gewoonlik die LT se pens kwaai. My vorige LT het ek gaar geskuur en ek het my voorgeneem ek gaan dit nie weer met die een doen nie.

Teen die berg op by Kruisfontein kry die LT die oorhand oor my en ek trek sy oor. Daar is nog 'n klompie fietse agter my en die draaie is nou weer lekker slap. Dis 'n koue streep hier aan die skadukant van die opkomende son en ek is bly ek het die handvatsels en saal warm gemaak.

Op die rug bokant Kruisfontein kalmeer ek maar liewers want daar kom nou weer 'n paar skerp draaie aan en ek sien hoe nog 'n paar fietse verbyglip. Ons kom in Sabie in en ek is baie getrou op die spoedgrens. Hierdie dorpie se Spietkops het niks om te doen nie, so op Sondae hang hulle onder die bome rond en klits mense wat te vinnig ry.

'n Man op a KTM kom by my verby in die spoed zone en hy staan ... ek moes dit net eenvoudig afneem want sekere mense maak mos groot stories omdat BMW ryers kwansuis tydig en ontydig staan ... nouja hier is 'n KTM ryer wat ook staan en ek glo nie die roete was so tegnies nie. :)

01_IMG_8955.jpg





 
Top