Baie lekker gebash en klomp nuwe honne ontmoet. Dis my eerste rit na die Baviaans toe en dis bitter baie mooi. Ek is seker daar is plekke in die kloof waar g'n mens se voete nog was nie.
Paar fodies ...
Eerste volgooi op Willowmore. Teen die tyd lekker nat gereën. Maar die wind :eek7: amper van ons fietse afgewaai. Ek het lekker saam jou gekuier en gery Woody :thumleft:
Die bashers begin saamdrom:
Die spyseniers het baie hard agter die vure gewerk. Baie dankie julle ouens, dis dikwels ondankbare werk maar die kos was lekker, volop en die koffiewater altyd an't kook :thumleft: Weet net dat dit opreg waardeer word
Bewys dat die ontbyt topklas was ...
Ek was ook daar
Daar is soveel mooi landskappe, mens weet nie wat om te pos en wat om te los nie. Hierdie paar was vir my bitter mooi gewees.
Die blomme is so mooi en sommer die hele wêreld vol. Plumbago met die pragtige bloeisels staan die hange heel blou.
Ek het my naam lekker velskoen gemaak met die skills challenge, verder geen beserings of skade nie. Maar daar is party manne en maninne wat darem kan. Volgende jaar sleep ek die Bushlandertjie saam dan bars julle ;D
En toe Sondag moet die pad huistoe aangepak word
Die landskappe is nog steeds bekoorlik, ek ry stadig, die KTM manne roost my maar ek stop en ry, neem fotos, ry verder. En dis vrekken koud!! Het bo buite die kloof gestop om my thermals aan te trek. Geen fodies nie, jammer :imaposer: