Ek en my Seun se Monkey Butt naweek!

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

LRFan

Race Dog
Joined
Sep 29, 2008
Messages
1,028
Reaction score
46
Location
Cape town/Knysna
Bike
Suzuki DL 650 V-Strom
Hier is die 2de naweek trippie wat ek en Rynhardt saam gedoen het. Die roete was soos volg: Van Knysna, Gouna met Kom se pad tot in Prins Alfred Pas pad. Van daar af tot ander kant De Vlugt na Burchells 4x4 vir die aand se kamp. Saterdag verder met Prins Alfred pas tot Avontuur dan teerpad langs to Herold, Montaque pas na George, George 7 passe na Knysna.
Ons ry met my vrou se TTR 250 Raid, 'n bietjie knap met ons 2 op maar die TTR het hom heel goed gedra(later meer oor fiets).
Die mannetjie het nou al 'n rukkie gekla wanneer gaan ons weer op 'n bike kamp trippie, so die naweek wat verby is het toe nou vir ons reg uitgewerk.
Vrydag middag ons is gepak en reg om te ry. Ons knieg en elmboog guards is onder ons klere.
P2.jpg


Ons klein metgesel is op sy plek!
P3.jpg


Laat  ons ry!
P4.jpg


Afdraai na Gouna.
P5.jpg


Uitsig na berg voor Gouna.
P6.jpg


Kom se pad.
P7.jpg


Water break in bos.
P10.jpg


P12.jpg


P11.jpg


'n Paar fotos deur bos.
P9.jpg


P8.jpg


P13.jpg


Plaas huis wat gebou in Prins Alfred pas.
P14.jpg


Proteas wat begin om te blom.
P15.jpg


P16.jpg


De Vlugt, is altyd 'n mooi uitsig bo van die pad af.
P21.jpg


P19.jpg


P20.jpg


Het my die G-Spot gestop vir 'n drankie en koeldrank.
P22.jpg


P23.jpg


Ryk meneer wat 'n plaas het naby De vlugt, kom soentoe met helikopter en het drinks by G-Spot gehad en toe terug gevlieg.
P24.jpg


Ou Landie.
P25.jpg


Ou huise in De Vlugt.
P17.jpg


P18.jpg


Burchells 4x4 ingang.
P26.jpg


P27.jpg


TTR by ons kamp.
P28.jpg
 
Pa en Seun.....awesome stuff! En daai paaie en veral Kom se Pad is iets spesiaals. Sien uit na die res!  :thumleft:
 
Dankie vd mooi RR! Pa & Seun ... wat n span, wat n voorbeeld! Dis kwaliteit tyd! :thumleft:
 
My mens . . .  Ons bly darem in n' mooi land  :drif:  :ricky:

Nice foto's  :thumleft:

Wag vir die res  :drif:
 
Hoe maak jy my nou lus vir so n draai ry, ons moet datum vasmaak.

Lekker trippie H
 
Hier slaan ek ons "Tent op" baie modern. Ek het as kind baie saam my Pa gaan visvang sonder tente of seile, net so onder 'n boom geslaap in slaap sak, wil 'n bietjie my seun 'n bietjie van daai ervaaring gee.

P29.jpg


P30.jpg


'n Lekker vuur aan die gang gekry.
P31.jpg


Ontspanne langs vuur.
P33.jpg


P34.jpg


P35.jpg


My 'Baby Bowe' hand gemaakte mes langs 'n lekker biertjie.
P32.jpg


Manne kos vir die aand, skaap tjops en Ciabatta Buns met kaas!
P36.jpg


P37.jpg


Rynhardt reg om te slaap.
P38.jpg


Saterdag oggend, ek begin ons goedjies op pak.
P39.jpg


Hiers is 'n klompie fotos van die volgende deel van die Prins Alfred pas na Avontuur. Ek het die pas al 'n paar keer gery en die bly maar altyd 'n belewenis om die mooi van hierdie dele te sien.
P40.jpg


P41.jpg


P42.jpg


P43.jpg


P44.jpg


Avontuur in die verte.
P45.jpg


Koeldrank stop langs die pad na George.
P46.jpg


P47.jpg


P48.jpg


P49.jpg


Net voor die afdraai na Herold het ek regs afgedraai op die Perdepoort grondpad en dit vir so 30km gery en toe omgedraai want my petrol het min geword. Sal graag nog al daai grond paaie wil ry.
P50.jpg


P51.jpg


Ou gebou op Herold.
P52.jpg


P53.jpg


Kerk op Herold.
P54.jpg


Montaque Pas, die pad is in 'n baie slegte toestand en dit lyk of daar baie lanklaas instandhouding gedoen is.
P55.jpg


P56.jpg


Ou Tolhuis op pas, lyk of dit ook alhoe meer agter uitgaan, dit is 'n jammerte om sulke geskietkundige goed te sien agteruit gaan.
P57.jpg


Het by Wimpy in George Mall gestop vir 'n koffie en toe Macdonald cheese burgers gekry vir middag ete. Op hierdie stadium het die wind 'n helse hou gewaai en die TTR onderste bo gewaai terwyl ons die Wimpy was.
P58.jpg


Van hier het ons tot anderkant Wildernis gery en toe weg gerdraai na die 7 passe pad. Ek het net 'n gedelte van dit gery en anderkant Karatara weggedraai na Sedge toe.
P59.jpg


P60.jpg


P61.jpg


P62.jpg


P63.jpg


Laaste koeldrank stop. Ons boude was nou al lekker seer!
P64.jpg


Grondpad anderkant Karatara.
P65.jpg


Uit en Tuis, lekker vuil en seer boude, maar was lekker om dit saam met Rynhart dit te kon gedoen het.
P66.jpg


TTR is ontslae van al sy pagasie en wag nou vir 'n skoonmaak en diens.
P68.jpg


So 'n paar dingetjies oorroete en TTR.

Afstand afgele vir 2 dae: 410km
Petrol verbruik: 25.4km/l
GEEN Petrol in Avontuur op Saterdae, so 'n mens moet dan deur ry tot in Uniondale as jy wil volmaak. Ek het dit nie gedoen en was later spyt want ons kon toe nie van die grond paaie ry nie omdat die TTR laag geraak het op petrol.

Die TTR is 'n uitstekende toerfietse vir sy grootte. Ek kon op die ooppad gemaak 115km/h handhaaf my ons 2 op met bagasie. Ry lekker op grond pad en wat die gatte en sink plaat verbasend goed sonder om rond te spring. Die saal is defenetief te klein vir 2 om ver te ry.

Voordele:
Lig op petrol het 16l tenk so teen 25km/l kan jy amper 400km ry.
Maklik hanteer baar en lig as jy hom moet optel wanneer omgeval het.
Goeie suspension.
Goeie brieke.
Clutch en voor briek levers lekker lig, kan met 1 vinger dit trek.
Lekker groot voorlig wat goeie lig gee wanneer dit donker is.
Het 'n lekker rakkie agter om goed vas te maak.

Nadele:
Sal is klip hard, na 80km is jou gat al lekker seer.
Saal is te klein vir 2 mense om regte ver saam t ry.
Vat 'n bietjie min olie so dienste is redelik naby mekaar, maar is darem nie te duur om te doen nie.

Groetnis uit die Suid Kaap en geniet die RR.
Hannes.
 
Weereens: kwaliteit tyd! Wat n mooi omgewing! Dankie vir RR! :thumleft:
 
Awesome!

Dis die tipe memories wat geld nie kan koop nie.

Ek het destyds besluit om die TTR te verkoop omdat hy nie genoeg gebruik word nie - dit is goed om te sien hoe hy by die regte gesin uitgekom het wat hom tot sy reg kan laat kom.

Ek het presies dieselfde ondervinding met hom gehad as jy. Die seat is minder van 'n probleem as jy alleen op die fiets ry though - dan kan jy ten minste bietjie rondskuif.


Thanks vir die ride report - ek sal NOOIT genoeg kry van die roetes wat julle hier gery het nie.

Kom se Pad, de Vlugt, 7 passe - almal in my top 10 favourite roetes van alle tye.

 
Eisbein,
Die TTR het vir 5 Maande gestaan terwyl ek aan die rimms gewerk het. Ek het 'n nuwe battery ingesit en toe ek daai starter druk toe loop hy sonder 'n geproes.
Ek so graag nog meer grond paaie wou ry maar die laaitjie se boude was later te seer.
 
Lekker RR Hannes, wat dink jy van daai maxxis voor en agter?
 
Nice RR!  :thumleft:
2 weeks away form my son arriving in the world and can not wait for one day when I can do this with him already!
Tell me LRFan does the TTR have 6 gears?
 
wat n great trippie!!

daai TTR lyk omtrent at home in die Knysna bos. hy lyk ook asof hy nog sal loop as Rhynardt 18 is.

well done, pa en seun !!!
 
Daai mannetjie gaan dit nog sy lewe lank onthou  :biggrin:

Baie nice en thanks vir die post - dis kwaliteit tyd saam met jou kind.
 
Pragtig, dis lekker ry wêreld daai ! Kan nie wag dat my seuntjie oud genoeg is om saam pa te ry nie  :ricky:
 
Jaco, is nog moeilik om te se hoe die Maxxis Bande perform, maar sover nie pad geraas op teerpad nie sit goed op grondpad.
TheAnt yes it has 6 gears, I only went into 6th gear over 100km/h.
XXL, daai kruis het in die kamp gehang, ek dink van 'n vorige gesin wat daar gekamp het.
 
Julle manne wat kleingoed het wat oppad is of nog klein is, as jy hulle eers op jou bike gehad het en hulle vrees is oor die geraas, gaan jy sukkel om hulle van die bike af te hou. Hulle wil net die hele tyd saam ry. My 2 dogters van 15 3n 17 geniet die bike ryer net so baie. Daai mannetjie het skaars geloop toe het hy al saam met my op my VFR400 NC30 gery in woongebied waar ons gebly het. Ek het hom voor my op die tank gesit en daai knap kon nie genoeg kry nie.
 
Top