Daar was toe geen klein bikes nie. Geen ander 125 het saamgegaan so ek het ook maar met XT660R gery.
Om die waarheid te se was ek glad nie lus vir die trip nie want het heeltyd die reen dopgehou en gesien dit reen goed omtrent elke dag in die area wat ons gaan ry.
Ek het die trip voorgestel en moes maar gaan. Ken nie die area nie en het gemeen die 4 modderpoeletjies wat ek en Aaklige Attie
op die 125's 2 weke terug gekry het sal seker maar n bietjie groter wees. :eek7:
Fok, en was ek verkeerd, ons het baie modder gekry ,een of twee van die modderpoele water was byna tot teen my petrol tenk diep. Een modderpoel het ek deur gekruip want n nissan sentra was in die middel gestrand met modder water so sitplek hoogte binne in die kar.
Die groep het besluit om n bietjie te gaan explore n ander pad, terwyl ek op my roete gebly het. 12H00 op die kop was ek op Naboom in Waltons om my vleis te koop.
Alleen Sasha's toe en daar gesit en suip tot so na 13H00 en toe besluit om te gaan kyk waar is die ander. Kry van hulle toe by Waltons het hulle ook net in Naboom aangekom.
Terug almal weer Saha's toe en daar het ons bietjie tyd verloor. Toe ek weer sien was dit al na 03H00 en die manne wag nog vir hulle pizzas.
Dink ons is so 03H30 daar weg. My bekommernis was dat ons die winkeltjie met die ys en bier gaan mis by die den. :xxbah:
Van die wyse manne het besluit om van Naboom af teerpad te ry WD den toe. Het ek geweet wat vir ons voorle het ek definitief saam met die slim ouens ingeval op die teerpad.
Maar nou ja n paar van ons is daar weg en ek het voor die pas bietjie probeer" trek" om betyds by die winkel te wees. Ons roete van Naboom den toe was seker so 50km teer en so 40 km grondpad. Kom ons praat maar oor die 40km weggespoelde modder en snot grondpad. Ek kon nie help om te wonder wat het dan van die oulike grondpaadjie geword wat ek en Attie
dan net hier 2 weke terug gery het.
Dirty Des het in my blindspot net so regs agter my gery toe ek net hoor bike hard die grond tref. Ek stop toe so n entjie verder en Heebs kom verby en val net om so n entjie voor my.
Klim af om vir Des te help maar voor ek nog by hom kan kom pluk hy daai bike regop en daar gaan hy. Sien toe daar is n "commotion" so ent teen die berg op. Tufan het geval maar hy was oraait en bike self opgetel. Megapix was besig daar om n bike en ryer te help wat op die grond le. Die man skel dat ons moet kom help maar ek kan nie met my dikgat teen opdraend en modder draf nie en die modder is so glad dat ek sukkel om regop te bly terwyl ek loop. :eek7:
Kon nie glo toe ek daar kom en sien dit is ons yster (Nicobie) wat "lights out" le onder sy bike. Ons almal redelik geskrik en ek was net bekommerd hy het iets gebreek. Helmet en nekstut afgehaal toe Nicobie bykom . Nicobie wat baie deurmekaar en seer is bietjie laat sit eers. Ek en Megapix is toe maar vort om die bier en ys te gaan kry hopelik. Ek moet se Megapix wat ,as ek dit reg verstaan, nog nie lank adventure bike ry nie het my baie verbaas. Die ou ry regtig goed vir n newbie.
Alles het toe goed uitgewerk en het ons n lekker aand by die den gehad om die vuur. Arme Tufan het heel aand geluister na die outoppies wat net sterker en vuiller met die bek geraak het soos die aand aangaan. Lekker ouens ontmoet.
Vroegoogend al gesien van ons meer "berugte" ouens sluk grandpa poeiers so vroeg in die oggend in Cullinan.
OomD groot repek waar jy met daai groot yster in en deur was :thumleft:
So ook Tufan,ek was bekommerd oor hom in daai laaste 40km stuk maar moes liewer oor ons self en outoppies "geworry" het. Yster ou maat. :thumleft:
Des kon ek sien is n ou ervare ryer en kon hy net sy bike se oor draai en was hy weg maar het hy maar geduldig by ons gebly.
Heebs stil man wat nie baie praat maar jy hoef nooit oor hom te worry nie. Niks upset hom en is hy maar net altyd daar.
Masterbeerkie en woestynhond kon mens sien was baie broos na die vorige nag se "gefuifery" tot vroeg oggend ure. Skande het hulle gemaak en ek het die fotos geneem maar is nie iets wat n mens op n forum kan pos nie. Ek sal maar die pics hou vir ammunisie as ek dit sou nodig kry eendag.
atch:
Megapix wat n lekker karakter om saam mee tjol te praat om n vuur of net adventure bike mee saam te ry. Mens het altyd so n ou nodig om ons ander droee drolle bietjie uit ons doppe te laat kruip.
Ok ek het bietjie te veel in die dop ingekruip en was heel gesellig dronk. O0
Nicobie soos Megapix se n "kalm man". Ek het baie respek vir die man se ry vermoe en ervaring maar ons almal wat adventure biking doen moet aanvaar, party trips is dit maar net nie jou dag nie. Sterkte ou maat en hoop die herstel pad is spoedig en sonder baie pyn.