Enige bike WD den toe

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Ook gewonder of Nico ok is.  Enige nuus, of iemand 'n nommer van hom dan kan ons net hoor of hy ok is?
 
Ja ek sou self graag wou weet of die man darem oukei is. Post maar hier as iemand iets hoor, asb.


Sent from my iPhone using Tapatalk
 
NOU WAT HET HIER GEBEUR ???

Sorry manne dat ek julle so in suspence hou maar hier is nou met my verslaggie.

Laat ek eers by die ernstige dinge begin en dan sal ek my deel van die fotos pos.

Ek was toe dokter toe, plate geneem en alles - Daar is 6 (ja ses) ribbes gebreek (displaced right sided rib fractures)

Gelukkig geen skade aan die longe nie, moet my maar net gedra vir ten minste 6 weke. Ek vra toe vir dokter of dit 6 weke vir elke rib is ?? soek natuurlik siek nota vir die werk - he he he sê hy as ek my nie gedra nie sal dit so lank neem.

Ek kan net dankie sê aan ons Vader, en die manne wat my so mooi opgehelp het. Kan net absoluut niks onthou nie, nie eers dat ek enigsins gegly het of dit sien kom het nie.

Gewoonlik voel jy mos as die moeilikheid kom en reageer accordingly, maar hier is niks = NOU WAT HET HIER GEBEUR - so asof dit iemand anders is wat geval het.
Daai deel van die trip is net missing.

Die ribbes is natuurlik seer, asemhaling vlak en die lag ook soos 'n skaam meisietjie. Gister was ek heerlik onder verdowing met die dokter se medisyne maar gisteraand was nie so maklik om te slaap nie.

Wil net weereens vir almal op die trip DANKIE sê vir julle bekommernis, hulp, en al die boodskappe sover van elkeen wat kommentaar gelewer het.

 
Die dokter sê ek mag darem die muis beweeg, maar niks swaar optel nie, so nou gaan ek bietjie my fotos oplaai.

My plan was om direk na Subie se buurt te ry, en sommer sy roete te gebruik wat hy uitgewerk het vir die sondag huistoe.
Ry toe so 5vm van Hekpoort, via Broederstroom tot by Skurweberg waar ek die grondpad vat na Erasmia.

Ek het daai pad nog nooit gery nie en was opgewonde op bietjie gravel te ry nog voor die trip begin.

Maar dit het so gereën dat die Hennopsrivier nogal vol spoed geloop het toe ek daar kom. Net so een kyk gegee en besluit dis my dag om hero te speel nie, omgedraai en maar teerpad gery.



 
My F%k, maar jy's tai!

Om met gebreekte ribbe te ry, is seriously commendable!

My ribs took 4 weeks and 3 days, when one morning when I got out of my sleeper chair, they weren't sore any longer.

Wishing you a comfortable recovery, keep them as still as possible.

Alles van die beste en mag ons in die nuwe jaar weer saam ry.
 
Nicobie wil glad nie preek en afleiding maak van julle RR af nie nie maar het jy vir 'n CT scan gegaan? Mens MOET as jy bewussyn verloor het en geheue verlies het. As jy enigsins deurmekaar begin raak gaan dadelik hospitaal toe. Ek het amper 3 weke na my ongeluk eers gegaan na ek begin sukkel het om te praat en ek het bloeding en swelling op die brein gehad. Dokter reken ek was amper katswink
 
Jis Nico.... daai is erg hoor.  En dat jy jou arm so mooi kon optel?  Eish

Ek stem saam met Dwerg.  Ek was baie bekommerd oor jy niks kan onthou nie.  Gaan maar vir daai scan as dit moet

Dankie tog jy kon verder ry.  Jy is my nuwe hero.  Superman se gat
 
Dwerg said:
Nicobie wil glad nie preek en afleiding maak van julle RR af nie nie maar het jy vir 'n CT scan gegaan? Mens MOET as jy bewussyn verloor het en geheue verlies het. As jy enigsins deurmekaar begin raak gaan dadelik hospitaal toe. Ek het amper 3 weke na my ongeluk eers gegaan na ek begin sukkel het om te praat en ek het bloeding en swelling op die brein gehad. Dokter reken ek was amper katswink

Dink ook dit is goeie idee. Jy was darem baie lank deurmekaar na jy bygekom het.
 
Dwerg said:
Nicobie wil glad nie preek en afleiding maak van julle RR af nie nie maar het jy vir 'n CT scan gegaan? Mens MOET as jy bewussyn verloor het en geheue verlies het. As jy enigsins deurmekaar begin raak gaan dadelik hospitaal toe. Ek het amper 3 weke na my ongeluk eers gegaan na ek begin sukkel het om te praat en ek het bloeding en swelling op die brein gehad. Dokter reken ek was amper katswink

^this!!
 
Dankie vir julle raad en besorgdheid, die dokter het dieselfde gesê wat julle hier sê en my vrou is op high alert as ek enigsins "snaaks" optree. Het veral gewaarsku teen dubbel visie & naarheid.

Ek moet erken dat die neck brace sekerlik my nek en lewe gered het. As ek so kyk na die foto van die helmet moes ek die summersold net halfpad voltooi het.



Ek het gelukkig geen hoofpyne en/of ander gebreke nie, nie wat ek nou in elk geval voel nie, maar ja ons is op high alert vir enige afwykings.

Nouja, kom ons gaan vir eers verder met my bydrae van fotos.

Hier is die ontmoeting by Cullinan.





Subie en Strompie ruil stories uit.


Fotos op die roete geneem soos ons stop en smoke brakes vang.




Begin nou interresant raak nè, focus broer focus







OomD se "little sidestand incident" van 'n ander hoek geneem. Daai 1200 is mos liquid cool, het seker dors geraak en bietjie water opgesoek




Van dors gepraat, die pilots raak ook dors en soek die Watergate op. Settlers Hotel offsales.






 
Dis erg genoeg, Nico, maar baie sterkte en hoop jy is gou beter.  Hou jouself maar dop dat jy nie met simptome speel nie.
 
Nicobie said:
Ek was toe dokter toe, plate geneem en alles - Daar is 6 (ja ses) ribbes gebreek (displaced right sided rib fractures)

Vaaaarkmegently - jy's fokken kliphard ou! Bly jy is OK en stem ook saam met Dwerg  :thumleft:
Dink Subie se myprodols en die bier het darem bietjie gehelp ook  ;D
(en terwyl jy nog uitgepass lê, skop skop Megapixs so skamerig aan jou om te sien of daar iewers lewe is  :eek:  ek dit self gesien)
Sterkte en vinnige herstel word jou toegewens!  
 
 
Vandaar af verder oppad na die volgende watergat









En dan Megapix se soek na groener weivelde



Dis waarvandaan hy gekom het, iets moes sy aandag afgetrek het.



Net 'n naby shot van die pad oppervlak



Die pad vorentoe



Volgende stop en smokebreak (sien my spelling is ook nou beter) [smoke brake]








 
Ou Nicobie, bly om te hoor jy is op die herstelpad. 6 Ribbes, nê? Jis maar jy's nie bang nie. Superman se moer, ja. As jy nou jou onderbroek aan die buitekant dra gaan jy my nuwe hero wees ook :imaposer:

Sterkte vorentoe! Hoop jy's gou weer op jou bike. :ricky:
 
Wow Nico the way you handled the pain I was sure you had just bruised your side and you would soon recover in a day or two but to ride with broken ribs, Eish that's hardcore stuff !!

Good luck with the recovery  :thumleft:
 
Dokter sê ek moet rus, daarom sulke intervals, ook niks swaar optel nie, en die fotos oplaai kan swaar werk wees.

Hier is die laaste deel van my bydrae.

Die bar in Naboom waar ons kuier.

Dit was so warm in Naboom dat, toe en Megapix in die slaghuis inloop besluit ons om daar te bly want die aircon het ons lekker afgekoel.











Verder niks fotos geneem nie op die roete nie, net van die XT toe die penne van die grond gekoop afgebaken is.
Dit lyk of hy ook op sy kop gestaan het, sand orals in die consoles maar verder byna geen skade nie.

Ek veronderstel die fietsie het nie veel aftermarket goedjies aan wat kan afbreek nie.





Sondag voor ons vertrek en dan by die Wimpy in Warmbad vir milkshakes, koffie en water gestop.

Dankie vir die naweek aan almal wat saamgery het (ook diè wat hier op die RR saamry) en Subie vir die reëlings.










 
Master Glitter said:
Nicobie said:
Ek was toe dokter toe, plate geneem en alles - Daar is 6 (ja ses) ribbes gebreek (displaced right sided rib fractures)

Vaaaarkmegently - jy's fokken kliphard ou! Bly jy is OK en stem ook saam met Dwerg  :thumleft:
Dink Subie se myprodols en die bier het darem bietjie gehelp ook  ;D
(en terwyl jy nog uitgepass lê, skop skop Megapixs so skamerig aan jou om te sien of daar iewers lewe is  :eek:  ek dit self gesien)
Sterkte en vinnige herstel word jou toegewens!  
 



Master Beertjie ... fok ek het gewag vir daai een......  :biggrin:    :imaposer:
 
Top