Enter Narnia

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
“Skarrebol, nou sneeu dit regtig” kom dit van Nismark.  Natuurlik moes ons dadelik stop! 

Ek wens ek het die woorde gehad om dit  in detail te  beskryf.  Dit was grasius en sag.  Glad nie soos  bystekie ysreen nie.  Ek was sprakeloos.  Ek kon net oopmond staan en myself verwonder aan die wit vlokkies wat saggies uit die lug neer dwarrel. 

Natuurlik het nuuskierigheid die oorhand gekry en het ek een of twee van die vlokkies “geproe”. Dit was soos ‘n ongegeurde Slush Puppy. ;)   
 

Attachments

  • IMG-20130602-00110.jpg
    IMG-20130602-00110.jpg
    141.3 KB
  • IMG-20130602-00111.jpg
    IMG-20130602-00111.jpg
    106.3 KB
Nou kyk, as jy  nie kapok  gewoond is nie,  dan kyk mens mos op in die lug terwyl dit neer val aarde toe.  En dit is dan wanneer daai sneeuvlokie reg in jou oog val!  In hierdie foto is dit presies wat gebeur het.  Ek het vir ‘n rukkie met een toegeknypte oog die sneeu staan en bekyk daarna!  :biggrin:
 

Attachments

  • IMG-20130602-00120.jpg
    IMG-20130602-00120.jpg
    115.6 KB
Baie mooi foto's Nadia. :biggrin:

Ek en my vrou was ook daar maar my kamara het gebreek na die eerste paar foto's. :dousing:

Dit het egter nie die ondervinding ge-spoil nie. ;)
 
My Avatar skapie, wat permanent in Nismark se bakkie is, moes ook poseer vir ‘n sneeu foto of twee.  
 

Attachments

  • IMG-20130602-00113.jpg
    IMG-20130602-00113.jpg
    143.3 KB
  • IMG-20130602-00118.jpg
    IMG-20130602-00118.jpg
    100.5 KB
Die sneeu het so bietjie ons sig belemmer en mens moes maar jou oe op skrefies trek,  sodat mens se wimpers  die vlokkies uit jou oe kon hou.

Dit was net ons, die vallende sneeu en ‘n ongelooflike sprokieswereld reg rondom ons.  Dit was so stil mens kon amper die sneeu hoor val.   

‘n Motor het later agter ons gestop.  Dit het ewe skielik gevoel asof dit die begin was van ons towerdag se smelt.     
 

Attachments

  • IMG-20130602-00116.jpg
    IMG-20130602-00116.jpg
    162.2 KB
  • IMG-20130602-00115.jpg
    IMG-20130602-00115.jpg
    130.4 KB
So klim ons toe in die bakkie opsoek na ‘n ander stil plekkie.  Aan die toevloei van voertuie kon ons sien dat die nuus van die sneeu soos ‘n veldbrand versprei het.  Meeste motoriste was opsoek na parkering.  Met ons laaste stilhou was al die misterie en betowering  weg en het dit plek gemaak vir ‘n gees van uitbundige opwindig wat onder die sneeubesoekers geheers het.


Mense het net soos ek ‘n rukkie van tevore, hul voertuie se deure met geweld oopgeruk en die sneeu bestorm.  Op meeste gesigte was die WOW! emosie duidelik sigbaar.    Selfone het gekliek, facebook updates is gedoen, kinders het gejil, ysballe vir sneeumanne is gerol en hip-hop musiek het gedoef-doef vanuit ‘n nabygelee motor.  Sommige mense het sneeu gepak op hul enjinkappe, naby die ruitveers. 
 

Attachments

  • IMG-20130602-00122.jpg
    IMG-20130602-00122.jpg
    88.4 KB
  • IMG-20130602-00123.jpg
    IMG-20130602-00123.jpg
    122.8 KB
  • IMG-20130602-00126.jpg
    IMG-20130602-00126.jpg
    108.2 KB
Ons het nie lank by ons laaste plek vertoef nie en het gewik en weeg of ons na die Witzemberg toe moet ry om te kyk of daar sneeu is.  Terwyl ons pas-af gery  het, het oom Nelson  ons geskakel om vir ons te laat weet dat middagete binnekort gereed sou wees.    Oondgebraaide hoender vir die dames en skaapkoppe vir die manne. 

Met die bakkie se verwarmer aan, en broeke wat tot by die kuite nat is, het ons  in ‘n gemoedlike bui  terug gery huis toe.  Aan tafel terwyl ons  ons poeding geeet het was ek nog steeds in vervoering oor die sneeu.  Later, toe ons die mooie  Bainskloof oorry  oppad Bellville toe, kon ek nog steeds nie die Matroosberge se wit sprokieswereld uit my gedagtes kry nie. 
   
En so was my eerste sneeu ervaring dan.  Vir my was dit baie spesiaal  en ek hoop om dit eendag weer te  beleef.  Vir die Wild Dogs wat nog nie so iets beleef het nie, sit dit op jou bucket list!  Dis die moeite werd.  Jy sal presies weet waarvan ek praat die dag as jy daar is!


XXXXXXX

(die foto's van ons laaste stop, ek het dit so geneem om mense en motors uit te sny)
 

Attachments

  • IMG-20130602-00127.jpg
    IMG-20130602-00127.jpg
    161.9 KB
  • IMG-20130602-00128.jpg
    IMG-20130602-00128.jpg
    232.1 KB
Pietcoke said:
Baie mooi foto's Nadia. :biggrin:

Ek en my vrou was ook daar maar my kamara het gebreek na die eerste paar foto's. :dousing:

Dit het egter nie die ondervinding ge-spoil nie. ;)

Baie dankie Piet!

Julle was seker 'n rukkie na ons daar.  Ek onthou jy het 'n RR gepost en julle het nog baie rondgery daai dag.  Nelis se kamera het ook daardie dag gebreek!  Ons het als met sy selfoon geneem
 
Patrol said:
Nice,,dis lekker om dit te sien laat my terug dink aan my Lesotho besoek n hele paar jaar terug... :thumleft:

Danie Patrol.  Om Lesotho in die snee te kan beleef moes baie spesiaal gewees het!
 
Nee lekker, nou koel dit sommer af hier in Wes Afrika ook! Dankie vir die mooi Fotos en beskrywinge.
 
Ai tog! ;)

Elke aand doen ek nou so bietjie van die Birthday Bash RR.  Ek dink ek het dalk van my nota's verloor wat ek elke aand na die dag se rit gemaak het, sal Saterdag uitvind of my foom dit nog ophet.
:angry2:
 
Love the pics and the report,  the wife and I are still keen for a trip to see snow.  Have missed Hogsback before by a week or 2 but thats as close as we have gotten.
 
Mooie report deur die fraaie Dusty Rusty  :thumleft:

Dankie Nadia - Daar was laasnaweek boggerol sneeu, so dis seker van laaskeer se sneeu?
 
Top