Flatout by die Springbok Rally en meer!

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
WheeLZ said:
Mmmm....Gifberg.....Is dit waar hul Captain Morgan maak?

Te oordeel aan die Hill-Billy kyke wat mens by sekere boere bo-op die berg kry, kan die Rooibos-tee-ding dalk net 'n dekmantel vir iets baie sterkers wees.............  :eek:ccasion14:
 
Flatout,dit klink jy het n lekker trip gehad en dit geniet ook.Die foto met die reen in die agtergrond lyk intimederend.Ek het ook al daar in die reen gery en die pad kan dan erg snotterig raak.
 
Nice RR Flatout!

Jy en jan kan nou maar julle "We survived the SC WD's" T-shirts kom haal. :D
 
Flatout said:
Jacobsroodt said:
Great RR. Dankie dat jy die moeite gedoen het om te pos. Dit het seker 'n paar uur geneem ;)

Ek het presies so 'n CX500 in 1987 gery! Goeie fietse daardie.

Ek het self die land platgery met myne. Hier staan ek as jongman in die Huisrivierpas buite Calitsdorp.
Die CX500's het beter getoer as amper enige ander fiets beskikbaar in sy tyd. 'n Aftermarket fairing het die CX500 getransformeer tot 'n ideale toerfiets.
 
Lekka RR!  :ricky:

Naby Bulshoek se dam het een of ander gelukkige ou die mooi huis langs die Olifantsrivier. 

Flatout, daardie is 'n pêl van my se plek - hy huur hom uit oor naweke.  Gooi gerus 'n PM as jy details wil hê.  :thumleft:
 
Trailrider said:
Nice RR Flatout!

Jy en jan kan nou maar julle "We survived the SC WD's" T-shirts kom haal. :D

:laughing4:  Reël vir ons iets dan kom ons sommer gou deur! Al kry ons nie T-Shirts nie sal ons twee nog steeds kom.  :ricky:
 
Aan almal wat die RR gelees het veral die wat hulle waardering uitgespreek het of 'n bydrae gelewer het, baie dankie. Dis mense soos julle wat dit die moeite werd maak om iets saam te stel en te pos.  :3some:  Mooi ry!
 
Thanks for sharing. Great RR and pics.

JV - Ja momentum can be a bugger or should i say lack of momentum???

On the other hand: NO SCRAPES, NO SCARS, NO PROOF!!!
 
Flatout, die roetes wat jy ry lyk altyd so lekker. 

Dit laat mens wil  plannetjies maak vir n tuinroete trip!

Het die TA darm al ophou klak-klak?

Nice RR!

:thumleft:
 
Dusty Rusty, bly jy't dit geniet. Die Transalp kliek en klak nog steeds maar nie meer so hard nie. Hy's nog onder waarborg en ek is by die huis, so ek ry al weer sonder kommer.  :ricky:

Ek sien jy raak nou sommer baie manhaftig op daai 660. Geniet dit en mooi ry!
 
Top