Flatout by die Springbok Rally en meer!

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Flatout

Race Dog
Joined
Oct 24, 2010
Messages
1,236
Reaction score
0
Location
Cape Town
Bike
Honda TransAlp XL700V
Tens spyte van die feit dat my twee moontlike maats my op die nippertjie in die steek laat besluit ek Vrydagmiddag twee uur om die pad te vat Springbok Rally toe. Die weer lyk glad nie lekker nie en ek is nou stoksiel alleen maar as jou sielkundige instelling op ry geprogrammeer is dan ry jy! Ek voel styf gestop in my reënpak en weet ek gaan nie nou geld uit kry vir die tolhek nie en vat die afdraai oor Du Toits kloof. Nou is dit rukwinde, bobbejane en vragmotors wat my telkens laat spoed verloor maar ek sluit weer “flat out” by die tonnel brigade aan die Worcester kant aan. Ek het gehoop vir mooi weer aan dié kant maar moet tot my skok ontdek dat daar ’n hewige donderstorm woed in die rigting van Robertson. Dis laat en ek vat impulsief die sonniger Hex-rivier roete.
Op Laingsburg is die plaaslike bevolking in rep en roer. Pa mik bottel stoor toe terwyl ma hom teësinnig Spar toe sleep. Die kinders wys almal met die draai van die gewrig dat ek moet “wheelie”.
’n Vriendelike man sê vir my die beste roete is nou Seweweekspoort deur en ek stem saam.




Net verby Rooinek pas sien ek tot ontsteltenis dat dit eintlik swart is soos dit reën oor die berg waar heen ek op pad is. Ek draai net daar om en vat die Anysberg pad na Ladysmith. Een kilometer in op dié pad  verskyn daar skielik ’n moddergat voor my wat my dood laat stop. My rug raak lam van die adrenalien maar nou is daar geen ander alternatief nie, deur ry is nou al opsie. Ek is al lankal deur toe ek weer my normale bewussyn herwin maar nou  raak die weer ook donker om my en ek kry op die hele roete geen lewe nie.

100_3655-Copy.jpg


100_3654-Copy.jpg


100_3656-Copy.jpg


In Ladysmith ry ek vir my vas in die lokasie en sukkel om die hoofpad (route 62) te kry. Dit raak nou vinnig donker en ek ry swaar in die reën tot in Oudtshoorn. By Maxis vra ’n paar verlore Rally- gangers vir my om hulle te begelei na De Hoek.
Ek kry die ander Suid kaap honde wat per toeval op die eerste kampplek naby die kroeg tent op geslaan het. Ek voel maar eers ’n bietjie ontuis maar die manne groet vriendelik terwyl een ou grootte ’n sarkastiese aanmerking maak oor my oranje reënpak en die porselein ring om my nek. J.Viljoen help vir my tent opslaan, stop ’n dop in my hand en toe is ek deel van die res.

Hier staan Trailrider,’n vriend, Dusty en Oom Pad.

100_3660-Copy.jpg


Die volgende môre sien ek vir die eerste keer waar ek is en neem ’n paar foto’s.

100_3663-Copy.jpg


100_3665-Copy.jpg


100_3670-Copy.jpg


100_3672-Copy.jpg


100_3674-Copy.jpg


100_3675-Copy.jpg


100_3676-Copy.jpg


100_3677-Copy.jpg


100_3678-Copy.jpg


Hierdie Hyosung is die retro model van ’n reeks wat Kawasaki vir ’n ruk in S.A. bemark het. Hierdie 250 het baie meer wringkrag as enige ander soortgelyke fiets en spog met ’n top spoed van 170 km/u. My seun het twee van die sportmodelle gehad wat vir hom geen probleme gegee het oor ’n afstand van 45000 km nie. Hy kon ook maklik vir my op die KLR wegry op die lang pad.

100_3680-Copy.jpg


Saterdagoggend besluit ek om plekke te gaan verken waar ek nog nie voor heen was nie of net baie lank laas gesien het. Op die grondpad Calitzdorp toe staan die ou murasie. Om te dink dat dit lank terug met rou klei-stene deur iemand gebou is wat met groot verwagting ’n bestaan hier kom maak het.

100_3681-Copy.jpg


Nie baie verder aan nie kry ek die giraffe in die veld.

100_3684.jpg


Net voor Redhills is Outa Piet se Huisie en nog vele ander wat almal gerestoureer en te huur is. Dis ’n pragtige omgewing dié en die veld is vol lewe.

100_3685-Copy.jpg


100_3690-Copy.jpg


100_3694-Copy.jpg


100_3695-Copy.jpg


100_3697.jpg


100_3702.jpg


Hierdie manjefieke sandsteen kerk staan net buite Oudtshoorn en is werklik iets om te aanskou.Dit is glo nog in gebruik maar nie gereëld nie. Sal graag wil sien hoe dit aan die binne kant lyk.

100_3704.jpg


Nou is dit terug na die Lateganspad wat grens aan die Infanterieskool se opleidings-terrein . Ver in die agtergrond is badkop sigbaar en reg voor is die patrollie pad van die weermag. Op die spesifieke plek het ek na twee weke in die veld, tydens seksie-leiding, by die Korporaal ’n Texan plain gekry wat seker die lekkerste sigaret was wat ek ooit in my lewe gerook het.

100_3708.jpg


’n Paar blommetjies voor my in die veld.

100_3710.jpg


100_3713.jpg


Mosselbaai vanaf die Robertson pas.

100_3718.jpg


Hierna is ek terug Oudtshoorn toe om by die Skaalmodel-vliegtuig kompetisie ’n draai te gooi.Daar aangekom ry twee mortorfietse voor my en ek val agter hulle in met die wete dis nou mede Rally manne.Ons stop by ’n sekuriteitshek en die een ou druk die kode in en die hek gaan oop.Ek ruik skielik lont maar hou my “pose” en ry saam met hulle in. Binne hou hulle op die lootse se parkeerplek stil en ek bevind my skielik in ’n beperkte area. Om uit te kom moet ek ’n gedeelte oor die aanloopbaan ry maar ek doen dit met soveel selvertroue dat niemand sien ek hoort nie daar nie. Reg voor aangekom gaan stop ek by die deelnemers en begin sommer onmiddelik met een ou praat . So smelt ek gou in ek kyk lekker verniet na die vertoning. Toe ek aan die einde by die VIP-hek uitry groet Sekuriteit my baie vriendelik. Ek sal dit maar in Wilddog-terme onthou as ’n heel onverwagse Poorratech-stunt!
Hier is ’n paar foto’s

100_3721.jpg


100_3727.jpg


100_3730.jpg


100_3734.jpg


Die spuitvliegtuig kos glo meer as my Transalp......?

100_3725.jpg




Nou is dit terug kampterein toe maar net voor die plek is daar ’n grondpaadjie wat afdraai De Rust toe en daar gaan ek . Die area om die Raubenheimer dam is asemrowend en ek beny sommer die gelukkige mense wat daar kan woon. Kyk na die huis wat net sigbaar is aan die ander kant van die dam. Die paadjie ry ook lekker en word sterk aanbeveel.
100_3735.jpg


100_3739.jpg


Terug by die kampterein vind ek die res op ’n ander stasie! Dakardawg het sommer ’n sak hout nader getrek vir ’n kussing en met die laaste beskikbare breingolf sy bottel beveilig met ’n vinger.

100_3741.jpg


Die ander ouens staar ook maar strak voor hulle uit en ek voel skielik weer ’n vreemdeling.

100_3742.jpg


Trailrider se onbedagsame stoel wat onder hom begin uitspring het word nou stewig aan die rugleuning vas gehou.

100_3743.jpg


Ons eie J.Viljoen wat altyd glimlag in die middel met ’n KLR besoeker as gesêlskap.Na sy onwaardige onderonsie met ’n water driffie af Hel toe voel hy nou heel gemaklik op sy sy.

100_3744.jpg


Hier staan Oom Pad met sy fluorescent das sodat hy nie kan wegraak nie, Smidty wat probeer om die tent regop te hou, Trailrider wat die oomblik geniet en J. Viljoen wat ’n Olaf Bergh trek om sy mond begin kry.

100_3746.jpg


Die volgende dag vertrek almal huis toe en skielik is die Rally oor. Ek besluit egter om oor die Swartbergpas te ry die wye wêreld in. Die pas is in ’n goeie toestand en mens kan vir ’n slag rond kyk.

100_3748.jpg


100_3751.jpg


100_3753.jpg



Hierdie huisies staan in een van die agterstrate van Prince Albert.

100_3756.jpg


100_3758.jpg


Ek draai af op die grondpad na Leeu-Gamka. Die pad is glad maar daar is min te sien, so die Transalp kry die geleentheid om te wys wat daar in hom steek.
Hier van daan is dit met die teerpad Fraserburg toe. Die pad kronkel deur pragtige klowe en berge deur en is die moeite werd om te ry. Die sedementêre gesteentes van die area vertoon grys en dit voel of ek skielik in ’n ander deel van ons land is. As gevolg van die brosheid van die leiklip is rotsstortings oral langs die pad sigbaar en ’n deel van die Theekloofpas het net eenvoudig die wal af geskuif.

100_3761.jpg


100_3766.jpg


100_3767.jpg


Ek arriveer in Fraserburg en vind die plek soos ’n spookdorp. Dis Sondagmiddag en daar is geen lewe nie. Om alles te kroon begin my TA skielik snaakse kapgeluide in die petrolinspuitingstelsel maak en ek trek in mekaar van benoudheid.
Ek herstel tydelik en neem die kerk en die ou historiese huisies af.

100_3769.jpg


100_3770.jpg


Op die rand van die dorp staan ’n gedenkteken wat tydens die eeufees in 1938 ter herrinnering aan die Voortrekkers opgerig is. Daar is vandag min mense oor wat onthou van hulle stryd om  oorlewing en ook watter effek dit op die totstandkoming van ’n beter Suid-Afrika gehad het.

100_3771.jpg


Met groot kommer oor dié geluid in my fiets, ry ek na die naaste dorp op ’n hoofroete, Williston. Die 90km pad is seker van die slegste wat ek al gery het en moet so konsentreer dat dit soos ’n ewigheid voel.
Ek is so bly om lewendig daar aan te kom dat ek sommer die kerk afneem.

100_3772.jpg


Nou ry ek maar om so gou as moontlik Kaap toe ingeval ek hulp nodig mag kry. In Calvinia staan die blommetjies sommer so tussen die huise.

100_3775.jpg


Bo van Vanrhynspas af sien mens oneindig vêr oor die Knersvlaktes.

100_3783.jpg


Dit raak laat en ek besluit om in Vanrhynsdorp oor te slaap. Die volgende oggend voel ek heelwat beter en besluit net daar en dan om Gifberg te gaan ry. Drie weke gelede op die Blomme rit van Riebeeker is dié deel gekanseller en ek wou dit juis ry.
Die berg is ’n indrukwekkende plek om in te wees en regte Cowboy wêreld. Reg bo-op is dit plat en meestal bewerkte Rooibostee-lande.

100_3786.jpg


100_3788.jpg


100_3797.jpg


100_3798.jpg


100_3799.jpg


100_3800.jpg


Toe ek weer onder is moet ek wag vir ’n paar skape wat na ’n ander kraal toe gejaag word. Ek trek heel hoflik van die pad af maar dit help nie veel nie en twee spring nog steeds deur die grensdraad.

100_3802.jpg


Naby Bulshoek se dam het een of ander gelukkige ou die mooi huis langs die Olifantsrivier.  

100_3803.jpg


Hiervan daan is dit reguit huis toe. Die hele roete was so 1630km en die TA het darem toe nie gaan staan nie. Die geluid het ook sagter geraak maar is nog steeds daar.
Aan al die Wilddogs en nuwe vriende wat ek gemaak het wil ek net sê dit is ’n voorreg om met julle saam te kon wees. Hoop ons sien weer eendag.Mooi ry!
















 
 
Top