GAMKAPOORTDAM TOT SEEKOEGAT

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Saterdag oggend 7 uur maak my blaas my wakker maar ek lê nog vir die hitte en knyp. Dis stil in die kamp en ek is amper 100% seker KR loop nou iewers en foto's neem en dop klippe om soos ek hom ken. Hy is gewoond daaraan om soggens vier uur op te staan so hy is n early bird. Half agt
moes ek eenvoudig uit en toe roer KR ook. Het toe ook n bietjie ingelê!! Ons maak brekfis, pak rustig en iewers het ek genoem ons kon maar net daar gebly het vir die dag ook.
Ons kom eers tien uur daar weg en die paadjie uit was toe nie so erg soos die vorige middag in.

IMG_2601_zpsm9we3yrk.jpg


Ons gooi petrol op Prins Albert met sy besige saterdag oggend gewoel en vat die grondpad Leeu-Gamka toe. Gawe pad en mens kan bietjie die bene rek.

IMG_2602_zpsdhg9q0ox.jpg


Ons oorspronklike plan was Banksgate en dus moes ons voor Louis se huis verbyry en ons het hom lanklaas gesien. Verlede jaar het ek hom besoek na hy geopereer is vir kolonkanker. Nou baklei hy teen n brein gewas. :( Sout van die aarde en jy vat hom soos hy is mens. Na n uur in sy geselskap sal n predikant ook die woord "fok" gebruik as lidwoord tussen sinne nes Louis!! :eek7: :imaposer:

Dit was n hartseer dag vir hom want hy het sy "plaasbike" verkoop want hy mag nie meer ry omdat hy blackouts kry. Sy jaaroud GSA hou hy
indien hy hierdie rondte wen. Louis ons dink aan jou en glo jy gaan gesond word. Ek moet bieg ek is met n swaar gemoed daar weg. :(

Louis in die agtergrond.

IMG_2609_zpsaxhe3hgi.jpg


Die manne het sommer werf skoongemaak. Dis n museum ouderdom fiets daai!!

IMG_2610_zpsy20gjuzm.jpg


Natuurlik het Bobbie al met n vorige besoek diep in my hart gekruip.

IMG_2605_zpszhp0fevm.jpg


Na ons geeët het ry ons daar weg sonder om regtig woordeliks te bespreek Banksgate is uit oor moontlike modder en terug op Leeu-Gamka vra ek vir KR hoe nou? Net wat jy dink sal gaaf wees is reg met my sê hy (is so maklik om die man happy te hou!!). Ek sê ek dink jy sal van die Seekoegatpad hou en ons ry.

IMG_2611_zpspihijak4.jpg


IMG_2612_zpsc3oxr4x9.jpg


Vier uur toe trek ons alweer af. Klaar vir die dag(hel ons raak sleg!!!) Pragtige plek met sulke lekker gruis om op te slaap (maar nie te ry) :eek7:

IMG_2613_zpsnb6lcgtj.jpg


Dis doodstil in die Karoo en na ons klaar kamp opgeslaan het en hout wat volop was nadergedra het loop ons agter die laaste van die son aan.

IMG_2616_zpsysjq1sgf.jpg


Maak nie saak waar nie maar n mooi sonondergang bly mens laat verlang na mense wat jy nie eens ken nie.

IMG_2617_zpsw4gfzvsq.jpg


IMG_2619_zpsdpexry1t.jpg


Ons eet vingeretes (van daai wat jou pinkie vanself lig as jy die koekie vashou) :imaposer:
Eet oorskiet braaivleis, maak n blikkie hoenderkierie oop en deel hom en heel laaste n blikkie gemengte vrugte met vla(toe is ek duk)
Ons geselskap hou en ek glo en hoop as ons eendag alle stories klaar gepraat het kan ons net sit langs die vuur sonder om iets hoef te sê.

IMG_2620_zpsoz11oyus.jpg


Ek het soos n klip geslaap maar as ek toe van die outjie geweet het het ek dalk met een oog oop gelê!!! :eek7: :eek:

https://www.netwerk24.com/nuus/2015-06-08-groot-soektog-na-leeu-wat-uit-park-ontsnap

Soos die kraai vlieg was die leeu gladnie so ver van ons af!!!!! :eek7: Ons pak rustig op en vertrek weer tien uur.

IMG_2621_zpscaur3zvu.jpg


n Bike lyk darem net beter as hy vuil is of hoe? ;)

IMG_2622_zps4c20blxn.jpg


Gougou is ons by die teerpad en ek stel voor ons vat nog so bietjie grondpad met n paar modderkolle in natuurlik!! :eek7:

Ons kruis klein driffies en groot riviere met sementbrue en die pad is nie een cm vervelig. Ons hou op die spoor van die reën en is bly saam met die boere want hier reën dit maar min.

IMG_2624_zpsi0iv1wwo.jpg


IMG_2625_zpsjcpylqgu.jpg


Selfs n koffietjie met meer vingerkoekies word gevat.

IMG_2626_zpslhbe92hm.jpg


Verseker die taaiste modder wat ek al op geloop het!! :eek7:

IMG_2629_zps8ot7zasv.jpg


Gereken dis n gawe plekkie vir naweke om in te gaan wegbreek.

IMG_2630_zpsos1rxzqm.jpg


IMG_2631_zpsyrg9ef70.jpg


Vondelingstasie.

IMG_2632_zpshbsn89cp.jpg


Die pad Klaarstroom toe was plekplek skurf van die verspoelings en al die driffies moes mens stadiger as gewoonlik deur.

IMG_2633_zpszpyrixa3.jpg


Meiringspoort en die pad daardeur bly n meesterstuk in padbou en natuurskoon.

IMG_2634_zpssyoxylgn_1.jpg


Gooi petrol in De Rust en vat die pad Kamanasiedam toe.

IMG_2635_zpsyzzmapmm.jpg


My laaste foto. Van hier af het ons net gery om in my geval net voor donker by die huis te wees.

IMG_2636_zpsy1fla9ux.jpg


Dit was weereens n gawe trip waar die roete kort kort aangepas is en gelukkig pas dit ons albei.

KR dankie vir jou vriendskap, geselskap en hulp langs die pad. Gelukkig sal ons baie hê om oor te gesels as jy eendag vir my kom kuier in Huis Herfsblaar. :thumleft:

Ons maak weer so. :deal: :thumleft:
 
Dankie Chris, dit was soos altyd iets besonders.
Julle twee is "Ysters" as dit by Ride Reports kom.
Ek is seker die Souties lees dié Afrikaans sonder om te besef waarmee hulle besig is.
 
Lekker saamgery. Julle twee Perdue Kan die suiwere taal darm LEKKER gooi. Uitstekende RR an nog beter foto's.

MeV Visarend, Jy het kompetiesie!!!

DANKIE vir die deel!

JMOL, Wanneer gaan verken ons die area?

SPOED  :snorting:
 
Die gebruiklike gesels en grappe maak word afgewissel met 'n knerts soetwyn en ligte versnaperinge. 

Nou nie op die "Internasionale Visarende Standaard van Kamp Cousine" nie, maar 'n moedige poging desnieteenstaande:
IMG_1080_zpsl0y1up0c.jpg

[/quote]
Vertel ons asseblief wat op die koekkie is?
 
Dis Sandwich Spread en Vyekonfyt.  Die Visarende maak mens altyd so honger met hul bike-trips se kos  :drif: - toe probeer ons ook maar.
 
Sit en kyk nou Chris se foto's - kan nie glo hoe fyn daai skurwe handjies kan vat nie, kyk hoe trek hy die armhare!
 

Attachments

  • bobby.jpg
    bobby.jpg
    215.9 KB · Views: 296
En hy trek vir hulle uit een vir een sonder om te sukkel en dan steek hy hulle in sy bek!!! :eek7:

Daai soetsuur koekies het my palate deumekaar gehad.................................................................die een of die ander maar nie altwee saam gelyk nie. Ek is seker die organiseerders sal dit regstel in die nabye toekoms. ;) :deal: :imaposer:
 
Stem saam - die organiseerders moet hulle maar skaar by braaivleis en bullie-beef, of hulle sal volgende keer moet Rennies insluit by die toerpakket...  :deal:



 
Hoe ver is die vollengte film KR? Nuuskierig oor jou redigering dieslag.
 
Sukkel bietjie met die musiek vir die agtergrond - al die goeie songs is al gevat met die vorige video's! ???
 
'n Mens moet darem so teen die pad kamp, niks kom daarby nie.. lekker kêrels
 
weskus said:
'n Mens moet darem so teen die pad kamp, niks kom daarby nie.. lekker kêrels
Ek het aan jou gedink Vrydagmiddag toe ons die laaste paar kilos afsak dam toe..........................
maar Jack Parow is mos belangriker as Gamkapoortdam se oostekant ;) >:D :peepwall:
 
ChrisL - DUSTRIDERS said:
weskus said:
'n Mens moet darem so teen die pad kamp, niks kom daarby nie.. lekker kêrels
Ek het aan jou gedink Vrydagmiddag toe ons die laaste paar kilos afsak dam toe..........................
maar Jack Parow is mos belangriker as Gamkapoortdam se oostekant ;) >:D :peepwall:
Glad nie, maar die ander helfte ook sou nou en dan sy sin laat kry, man weet nooit wanneer mooi-vra nie meer sal help nie :peepwall:
 
  Dankie vir n lekker RR met uitstekende kiekies daarby.Julle twee bly maar n goeie kombinasie. DIE KRAAIE VAN DIE AGTERPAAIE.
 
Top