Tawwejan
Pack Dog
Ken iemand op die forum lekker grond/sandpaadjies van Die Damme af tot by Struisbaai / Suiderstrand ?
Ek wil so na as wettig moontlik aan die see ry as moontlik. ( Ek laaik sand en is sy baas ). Ek sien baie paaie op Google, maar weet nie wat gesluit is, wat reservaat is, en wat gery kan word nie. Sal iemand seblieftoggie kan raad gee oor die beste roete, en ook vanaf Struisbaai tot Waenhuiskrans.
Plan is om Vrydagmiddag 12:00 te vertrek vanaf Somerset Wes, dan Houwhoek onderom, tot in Botrivier, Hermanus, Gansbaai, Die Damme, dan is daar 'n klom sandpaadjies wat ek wil vat tot Struisbaai. Die aand slaap in Agulhas, Saterdag Suidelike punt, lighuis, Waenhuiskrans, Bush pub en die pont by Malgas wil ek ook inpas Saterdag of Sondag. Help 'n bietjie met die roete asb. Daar's niks inligting oor deel vanaf Die Damme - Struisbaai op die forum nie.