Gou Swakop Toe

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Joined
Sep 18, 2010
Messages
3,943
Reaction score
1,525
Location
Walvis Bay, Namibia
Bike
KTM 990 Adventure
So ek moes vanoggend na die dokter toe in Swakop vir n ondersoek op my regter gewrig wat ek in Maart gebreek het toe my KTM skielik le plek gesoek het oppad na Kaap Stad.

Ek besluit toe ek vat sommer vir vroulief saam en gaan drink koffie as ons klaar is by die dokter.

Hier is mamma reg om te gaan.

IMG_0011.jpg


En hier is ou voor op die wa, mis nie n photo opportunity nie.

IMG_0012.jpg


Amper reg net gou netjies maak.

IMG_0013.jpg


Almal op, hou styf vas en hier gaan ons.

IMG_0014.jpg


Gou stop vir n geldjie en dan weer in die pad.

IMG_0015.jpg


Ek kry net nie genoeg van die bike nie.

IMG_0016.jpg


Net nog eenikie.

IMG_0017.jpg


By die dokter, dit was gou.

IMG_0018.jpg


Lekker ou helmet hair.

IMG_0019.jpg


Daarsy klaar by die dokter, lekker kak uit drukking.

IMG_0020.jpg


Kom mamma maak klaar die koffie word koud.

IMG_0021.jpg


Aaah Café Rosso, kan nie wag vir n lekker koppie koffie.

IMG_0022.jpg


Maak seker dat julle nie hier verby ry as julle in die omgewing is nie.

IMG_0023.jpg


Lekker sit mamma en wag vir haar koffie.

IMG_0024.jpg


Lekker geselige kuier plekkie met n hardeware winkel aan die een kant en n plastiek ware winkel aan die ander kant.

IMG_0025.jpg


Daar is ook n groot speel kamer aan die agter kant vir die kiddies.

IMG_0026.jpg


Toe raak ek sommer honger ook.

IMG_0027.jpg


Kyk net die lekker Bacon, Cheese en Tomato broodjie en die lekkerste chips. Mmmmmm, soos ek se moenie die plekkie mis ry nie. Hulle het ook die heerlikste muffins, koeke en terte, n regte juweeltjie weg gesteek in Swakop se industriële gebied.

IMG_0028.jpg


So n aptyd wekker vir julle wat nog nie hier was nie.

IMG_0029.jpg


Desert Explorers waar jy Quad trips kan doen in die dyne.

IMG_0030.jpg


Lekker rustig sit mamma en wag om weer in die pad te val.

IMG_0031.jpg


Jy kan selfs n duine trip doen op kamele.

IMG_0032.jpg


Die brug oor die Swakop rivier, dit was glo ook waar die grenspos was jare gelede tussen SWA en SA.

IMG_0033.jpg


Vierkants Kilp, dit is waar die Kolmanskop so paar jaar terug gesink het.

IMG_0034.jpg


Vierkants Klip is n gewilde visvang en kuier plek oor naweke as jy nie Henties toe wil ry nie.

IMG_0035.jpg


Aai mooi bly maar net mooi.....

IMG_0036.jpg


Swakop in die verte.

IMG_0037.jpg


Die duine oppad na Walvis is altyd so pragtig en is verskillende kleure verskillende tye van die dag.

IMG_0038.jpg


Die kontras tussen die duine en die see.

IMG_0039.jpg


Dit is moer mooi en geweldig lekker om hier te woon. Jy sal nie glo nie, maar daar is so baie dinge om hier te doen.

IMG_0040.jpg


Sit dit op jou bucket list, dit is n must see en jy sal spuit wees as jy dit nie doen nie. Kom maak n draai ons wag vir jou.

Ek hoop julle het dit net so baie geniet soos ek en vroutjie.
 
Lekker Johan - dis moes hoekom mens 'n bike het.

Verander dokter toe gaan en koffie drink in IETS cool  8) 8)
 
Waar is jou linker spieel?  :pot:

Lekker man sien in Desember!
 
Hoe verlang ek nou daai plekke :(

Ek moes lag vir jou: die grens tussen SWA en SA.
Een Desember ry my meisie(toe nog n student) saam met my beeslorrie. Op die eerste trip vertel ek haar dat Walvisbaai aan SA behoort
en sy het haar ID boek nodig om in Walvis in te kom. Ek het al lankal in Walvis by die groothandelplek ingestoot en begin aflaai toe sit
sy nog ewe gedweë en wag met haar ID boekie op haar skoot!! :imaposer:

Op pad terug Swakop toe.(Des 1986)

WitvleiTwee.jpg


Sorry vir die hijack.
 
Ai RH, ek het geweet jy het jou gewrigte gebreek, nie geweet hulle het jou been onder die knie ook afgesit nie  :eek7: :eek7:





>:D  :imaposer: :imaposer: :imaposer:




Lekker om 'n alledagse trippie in iets besonders te omskep.  Die lekkerste is as dit nog in die week ook is,  voel amper soos skool bunk  :thumleft: :biggrin:
 

Attachments

  • afbeen.jpeg
    afbeen.jpeg
    79.8 KB
Mooi pics Road Hog. :thumleft:
Eh! Moet vra (hoe het jy die mooi vrou gekry)  :spitcoffee:
Grappies op n stokkie,bly jy is weer op die been (twee wiele)  :ricky:
 
Julle maak my skoon jaloers.

Daai wêreld het 'n bekoring van sy eie.

Mens kan maklik vergeet hoe mooi is jou eie omgewing, maar dit lyk my jy waardeer dit nog gereeld. Sons ondergaan oor die see net die beste. (sunset)
 
ChrisL - DUSTRIDERS said:
Hoe verlang ek nou daai plekke :(

Ek moes lag vir jou: die grens tussen SWA en SA.
Een Desember ry my meisie(toe nog n student) saam met my beeslorrie. Op die eerste trip vertel ek haar dat Walvisbaai aan SA behoort
en sy het haar ID boek nodig om in Walvis in te kom. Ek het al lankal in Walvis by die groothandelplek ingestoot en begin aflaai toe sit
sy nog ewe gedweë en wag met haar ID boekie op haar skoot!! :imaposer:

Op pad terug Swakop toe.(Des 1986)

WitvleiTwee.jpg


Sorry vir die hijack.

:laughing4:  :imaposer:  :imaposer:  :imaposer:

Onthou jy nog die Parkhomes op langstrand, dit was die eerste vakansie huisies wat daar was. Wel dit word nou alles verwyder vir ontwikkeling.

Dit is sad dat die stukkie geskiedenis ook nou daarmee heen is.
 
Dorsland said:
Ai RH, ek het geweet jy het jou gewrigte gebreek, nie geweet hulle het jou been onder die knie ook afgesit nie  :eek7: :eek7:





>:D  :imaposer: :imaposer: :imaposer:




Lekker om 'n alledagse trippie in iets besonders te omskep.  Die lekkerste is as dit nog in die week ook is,  voel amper soos skool bunk  :thumleft: :biggrin:

:laughing4:  :imaposer:  :imaposer:

Ek is been af oor bike ry
 
subie said:
Mooi pics Road Hog. :thumleft:
Eh! Moet vra (hoe het jy die mooi vrou gekry)  :spitcoffee:
Grappies op n stokkie,bly jy is weer op die been (twee wiele)  :ricky:

Dit was my charming looks....  :peepwall: en omdat ek KTM ry. Chicks Dig It
 
Ja nee bike ry by die see bly maar lekker ( as die weer lekker is) :lol8:
ChrisL hier is foto's van die "grenspos" eintlik maar net 'n moniterings punt gewees, maar die borde het darem aangedui mens is nou in Suid Afrika :)
Foto 1 en 2
Foto 3 is van die Kolmanskop wat lank by vierkants klip gele het nadat dit daar op die rotse geloop het. Dit is so paar jaar gelede op gesny en vir skroot verkoop
 

Attachments

  • 0839 Walvis Bay, Grenzposten an der Swakopbrücke, 1991.jpg
    0839 Walvis Bay, Grenzposten an der Swakopbrücke, 1991.jpg
    80.7 KB
  • 0838 Walvis Bay, Begrüßungsschild in Enklave, 1990.jpg
    0838 Walvis Bay, Begrüßungsschild in Enklave, 1990.jpg
    66.7 KB
  • DSC01568.jpg
    DSC01568.jpg
    51.3 KB
Man from Nam said:
Ja nee bike ry by die see bly maar lekker ( as die weer lekker is) :lol8:
ChrisL hier is foto's van die "grenspos" eintlik maar net 'n moniterings punt gewees, maar die borde het darem aangedui mens is nou in Suid Afrika :)
Foto 1 en 2
Foto 3 is van die Kolmanskop wat lank by vierkants klip gele het nadat dit daar op die rotse geloop het. Dit is so paar jaar gelede op gesny en vir skroot verkoop

Dankie vir die foto's, dit is seldsame en het hope geskiedenis.
 
Ja dit is ongelooflik hoe die plekke en geskiedenis al verander het.
Hier is nog twee foto's van die Swakopbrug toe die rivier afgekom het in 1985.
Die derde foto was in die sewentigs oorkant vierkantklip geneem toe die spoorlyn tussen Swakop en Walvis nog langs die pad geloop het.
Jou RR het ou herhinderinge terug gebring :)
 

Attachments

  • 0796 Swakopmund, Swakop-Rivier, 1985.jpg
    0796 Swakopmund, Swakop-Rivier, 1985.jpg
    93.2 KB
  • 0797 Swakopmund, Swakop-Rivier, 1985.jpg
    0797 Swakopmund, Swakop-Rivier, 1985.jpg
    91.3 KB
  • 0643 Eisenbahn an der Küste, 1960er Jahre.jpg
    0643 Eisenbahn an der Küste, 1960er Jahre.jpg
    94.7 KB
Top