Donderdag oggend hoor ek KR woel maar ek lê nog so bietjie in. Ek weet vandag is weer n stywe trek huistoe. KR gee my sommer koffie terwyl ek nog in my slaapsak toegewoel sit.
Natuurlik soos dit die weskus betaam groet hy ons met n lieflike toemis more!! :biggrin:
Ons eet ietsie en pak op. Dis so n steilerige 100 meter tot by die enigste hek. Ek stop en my voorwiel vang n droë modderspoor en ek verloor my balans en slaat neer na regs. My kant wat ek nie kan keer. Opslag is ek erg de moer in want dis my derde val in twee weke en ek begin al voel asof dit my natuurlike habitat is om tussen fynbos te lê!!! :biggrin:
Op n ligter noot as iemand vra, die Helsekloofpas is klaar geclaim in n grondeis!! :lol8: :deal:
KR moet maar weer sy rug krom maak om te help optel. Dankie Jan. :thumleft:
Die toemis raak toe nader aan Nieuwoudtsville n fyn reëntjie en ons stop vinnig vir petrol by die enigste garage.
Hoe verder ons uit Nieuwoudtsville ry hoe harder reën dit totdat die pad begin blink. Ook net betyds na so 30 km hou dit op want die diep modderspore lê nog vars in die rooi potklei van die vorige reën wat hier deurgetrek het. :eek7:
Die wêreld raak kaaler en vaaler en mens bedrywighede is skaars. Plaas opstalle sit vér van mekaar af. Vanaf Nieuwoudtsville totdat ons die R355 geT het het ons net twee rygoed teëgekom en die een wou weet of ek Duits praat!!!!! Klomp toeriste op n blommekyktoer.
En toe vat ons daai lang highway!! :thumleft:
Ons val in by die Padstal en kry n hartseer de moerin Cocky oor sy bike aan die olie suip geraak het op 160 000 kms en hy nie die Bash te Colesberg met die bike sal kan bywoon. Altyd sad as mens engine probleme langs die pad kry.
Ons sluk ons koffie en groet Cocky en vat pad suid.
Ons draai linksaf rigting Matjiesfontein. Die pad is splinternuut oorgedoen en ry soos n teerpad. Ek moet my egter inhou want ek weet al vanaf Nieuwoudtsville dat ek nie Laingsburg sal maak met my petrol. KR sal my n bietjie leen wanneer ek dit nodig kry.
In Matjiensfontein sê my gauge ek het net nog 10 kms se petrol oor. Die klomp petrol pompe in Matjiesfontein is net ornamente dus moet KR my 2 liter leen wat ons uitsuig met n pypie wat hy altyd saamry.
Ons klim op die N1 Laingsburg toe en maak vol. Nie een van ons twee klim af. Ons gooi en ry net. Ons stop n slag op die grondpad Ladismith toe maar dit was n vinnige enetjie.
Ek begin somme maak dat ek nie vir n koffietjie by KR kan gaan draai as ek nie in die donker wil ry die laaste ent huistoe.
Ek neem my laaste foto van die trip net voor die teer weer begin.
Voor Ladismith draai ek weg en ons groet vinnig. Voor donker haal ek huis.
Weereens kom ek met n smile by die huis na n trip saam met Karoo Rider. Dit wil net voorkom ons twee alhoewel nie naby dieselfde ouderdom gel net lekker saam op n trip. Of my vrou betaal hom skelm agteraf dat hy mooi na my kyk!! :deal: :lol8:
Thanks KR ek hoop ons kan weer so maak. :thumleft:
Fluit Fluit nous my storie uit en die vloer is oop KR. :deal: