Haenertsburg/Magoebaskloof pillion toer – November 2013

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Piet

Race Dog
Joined
Mar 18, 2010
Messages
1,213
Reaction score
3
Location
Queensland, Australia
Bike
Kawasaki KLR 650
My meisie Carrie geniet motorfietsry (amper) so baie soos ek. Eendag, toe sy saam met my fotos kyk en luister na die toere wat ek gedoen het, bied sy aan om vir my die Tzaneen/Magoebaskloof/Haenertsburg-wêreld te gaan wys. Sy is oorspronklik van die Kaap, maar sy het die jaar na matriek afgevat en gewerk as avontuurfasiliteerder by Stanford Lake College. Gedurende dié jaar het sy heelwat van die omgewing se geheime oasisse leerken en sy is lus om vir my die plekke te gaan wys…

Ons maak toe die kontrakteursnaweek einde Oktober/begin November vas en begin bietjie beplan. Ek is oor die algemeen meer verantwoordelik vir die logistieke rondom wat moet saamgaan, die voorbereiding van die motorfiets en bagasie, terwyl sy die meerderheid van die roetebeplanning sal behartig. Dit het ook maar moeilik gegaan, want Carrie weet nie waartoe die motorfiets en sy operateur (die uwe) instaat is nie en ek kan ook nie vir haar ‘n selfversekerde aanduiding gee nie, want ek het nog nie vreeslike tegnies-uitdagende terrein met ‘n passasier aangedurf nie! Ek is ook nie rerig lus om vir haar pa te verduidelik hoe dinge toe nou skeefgeloop het en (om sommer ‘n minder-erstige voorbeeld te noem) die uitlaatpyp ‘n gat in haar been gebrand het nie… :eek:

Carrie is baie geheimsinnig – behalwe vir vae en terloopse vrae gee sy nie veel weg nie. Sy doen goed om die uitsien in my aan te vuur. Nou en dan toon sy hewige teleurstelling wanneer sy besef dat ‘n sekere plan nie gaan realiseer nie omdat dit onlangs te veel gereën het, of omdat die stuk grond intussen aan privaateienaars verkoop is.

Die naweek breek aan en die opgewondenheid loop hoog. Ek is al van Donderdagmiddag af, maar Carrie kan eers rondom middagete Vrydag loskom. Ek gebruik die halfdag om die fiets ordentlik na te gaan. Alhoewel ek hom onlangs gediens het, maak ek die lugfilter skoon, vervang boute wat alweer losvibreer het, toets die banddruk, en verstel die skokbrekers vir passasier en bagasie. Ek bou ook vir my ‘n gereedskapkis uit ‘n stuk pyp uit en sit dit met lukrake items van die hardewarewinkel af aan die fiets vas. Daar is beperkte plek, so my gereedskapsakkie kan nie in sy oorspronklike vorm inpas nie. Ek het ook sommer twee (gesubsidieerde konstruksie-) reënjasse by dieselfde hardewarewinkel gekoop, want rondom Haenertsburg word daar reën voorspel vir die hele naweek… :-\
 
Dag 1

Ek bevind myself in Ellisras en Carrie is in Pretoria. Ons spreek af om mekaar op Nylstroom te ontmoet by vriende se gastehuis - Carrie kan haar kar veilig daar parkeer terwyl ons rondtoer op die motorfiets. Vrydagmiddag ry ek rustig deur, sommer so met die teerpad langs. Ek arriveer voor Carrie en besluit om sommer gou petrol in te gooi terwyl ek wag.

Terug by die gastehuis breek die eerste toets aan – gaan ons inpas met al ons bagasie? Slaapsakke, stappersmatrassies, ‘n tent, kussing, klere, reenjasse, tandeborsels…Dit alles en dan nog ‘n spaar binneband, pomp, my betroubare Bialetti, en ‘n gasstofie! Die fiets is behoorlik swaar en vol toe ons klaar gepak is, maar alles is in en/of vas.


DSC01756 by Piet.P, on Flickr


DSC01758 by Piet.P, on Flickr

Na ‘n maning vanaf die gastehuiseienaar om versigtig te wees met sy vriendin, laatlos ek die koppelaar en die KLR laatloop met ons!
 
Die roete tot op Haenertsburg is deel van my verantwoordelikhede (of sal ek sê “voorregte”?). Oorspronklik wou ek soveel as moontlik grondpad ry: ek wou al van Naboomspruit af die stof opsoek, maar ek het verwag dat ons vroeër sou wegkom. Soos dinge maar meestal met my uitwerk kom ons toe eers 15h00 weg. En daar lê ‘n LANG pad voor. Ek pas toe maar my beplanning aan…

Ons ry met die R101 tot in Nabooms en van hier af ry ons oor die N1 die ooste in. Die R519 loop deur Roedtan, waar ons gou stop om goggas van helms af te vee en ‘n Coke te koop. Ons koop twee 500ml botteltjies en deel die een. Ek sit die ander een onder die bagasienet in en kruis die rekke om die bottel se nek sodat hy nie uitval nie.

Ons ploeter ons voort op die grys slang. Meeste avontuurryers weet dat die KLR nie bekend is vir sy spoed nie, so ek bly maar bewus van wat om my aangaan: ek kyk net betyds in my spieëltjie om die skouspelagtige ontploffing van plastiek en gaskoeldrank agter ons te sien gebeur! Ek besef onmiddelik dat die vol botteltjie Coke homself losgewriemel het om ‘n mergelende ontsnappingspoging te voltooi…Ek stop toe maar om te hoor of Carrie die ding wil gaan optel, want sy is gewoonlik baie krities oor rommelstrooi (nie dat ekself ‘n voorstaander is van dié tydverdryf nie, maar ek sal só iets kan oorsien eerder as om 300m terug te ry en die leë botteltjie op te tel). Tot my verbasing sê sy ek kan aanry.

Teen hierdie tyd is ek al goed gefrustreerd met die eentonigheid van die teerpad. Ek sien op die GPS dat daar ‘n klein paadjie is na regs wat ons verby die ene “Singapore” vat tot by die R579, wat weer noord lei. Die keuse is vanselfsprekend en ek draai af.  :thumleft:


DSC01763 by Piet.P, on Flickr


DSC01764 by Piet.P, on Flickr

Die grondpad loop soveel lekkerder as die teer. Kilometers gaan vinniger verby en die asemteue raak dieper. Maar vervlaks! Die pad loop dood in wat lyk soos ‘n werf met ‘n paar skure. Ek weet nie of ek net die deurpad gemis het nie, maar heelaas, ek draai toe maar om en keer terug R519 toe. Die grondpad terug is minder verfrissend as wat hy netnou was… :mad:
 
By Mathibela draai ek regs op die R518 en druk deur tot in Lebowakgomo. My pa het heelwat werk hier gedoen as siviele ingenieur, maar ek weet nie of ek al ooit vantevore hier was nie. Ek soek ‘n winkeltjie, want die son sit al laag en ons het niks te ete nie. Daar is duisende mense op die straat en ook heelwat drank. Dis die eerste Vrydagaand na maandeinde. Ek sien ‘n algemene handelaar, maar ek besef dat ek óf vir Carrie gaan moet instuur om iets te koop, óf haar by die motorfiets gaan moet los dat niemand iets afsteel nie. Ek is nie vreeslik gretig oor enigeen van die opsies nie, so ek besluit om die probleem vir toekomstige Piet te los.

Chuniespoort se prag en draaie bied verligting van die vervelige reguit teerpad tot dusver. Daardeur, draai ons regs voor die Chuniespoort-damwal. Hiervandaan is die pad steeds geteer, maar die omgewing is beeldskoon! Die swaarkry van die afgelope 3 ure is vinnig vergete en ons drink die mooi in. Daar is koppies oral voor ons, eenvoudige huisies staan wydverspreid langs die pad, en daar voor…voor ons lê die Tzaneense berge toe onder die voorspelde reënwolke wat tans donserig pienk vertoon in die sakkende sonlig van agter.  :)


DSC01797 by Piet.P, on Flickr


DSC01801 by Piet.P, on Flickr

So tussen die mooi deur, raak ek geïrriteerd met myself. Elke nou en dan flikker ‘n verbygaande kar sy hoofligte vir my. Ek weet wat dit is – my hooflig skyn in hulle oë. Die gedagtes maal in my kop. Dis besig om vinnig donker te raak. Ek wou nie in die donker ry nie. Nie met ‘n passasier nie. En my hooflig is nie ingestel vir ons gewig nie. Hier is ook nie heinings nie en daar is heelwat donkies langs die pad. By Sejweng loop die pad in die middel van nêrens dood en ek gebruik die padteken voor om my hooflig mee in te stel. Ons trek ook warmer aan, vee weer die taai, misvormde goggas van ons “voorruite” af en neem ‘n paar indrukwekkende silhouette fotos in die laaste lig.


DSC01815 by Piet.P, on Flickr

Ek ry so 100m terug na die draai waarby ek netnou verbygery het. Ons ry weer oos. Dis nog so 50 min se donkerry tot in Haenertsburg. Ek besluit om dit stadiger aan te pak, wakker te wees en mooi te konsentreer. By Mountain View draai ons regs op die R71. Uit die aard van die saak het ek min van hierdie pad se besienswaardighede gesien in die flou lig van die KLR, maar ‘n paar minute later stop ons by die “Iron Crown” restaurant in Haenertsburg.
 
Dis moer lekker om saam die liefie rond te skoet!!!

Kanie wag vir die res....
 
baie great om te sien hoe n paar hulle geniert
 
By Mathibela draai ek regs op die R518 en druk deur tot in Lebowakgomo. My pa het heelwat werk hier gedoen as siviele ingenieur, maar ek weet nie of ek al ooit vantevore hier was nie. Ek soek ‘n winkeltjie, want die son sit al laag en ons het niks te ete nie. Daar is duisende mense op die straat en ook heelwat drank. Dis die eerste Vrydagaand na maandeinde. Ek sien ‘n algemene handelaar, maar ek besef dat ek óf vir Carrie gaan moet instuur om iets te koop, óf haar by die motorfiets gaan moet los dat niemand iets afsteel nie. Ek is nie vreeslik gretig oor enigeen van die opsies nie, so ek besluit om die probleem vir toekomstige Piet te los.

Chuniespoort se prag en draaie bied verligting van die vervelige reguit teerpad tot dusver. Daardeur, draai ons regs voor die Chuniespoort-damwal. Hiervandaan is die pad steeds geteer, maar die omgewing is beeldskoon! Die swaarkry van die afgelope 3 ure is vinnig vergete en ons drink die mooi in. Daar is koppies oral voor ons, eenvoudige huisies staan wydverspreid langs die pad, en daar voor…voor ons lê die Tzaneense berge toe onder die voorspelde reënwolke wat tans donserig pienk-oranje vertoon in die sakkende sonlig van agter.


DSC01797 by Piet.P, on Flickr


DSC01801 by Piet.P, on Flickr

So tussen die mooi deur, raak ek geïrriteerd met myself. Elke nou en dan flikker ‘n verbygaande kar sy hoofligte vir my. Ek weet wat dit is – my hooflig skyn in hulle oë. Die gedagtes maal in my kop. Dis besig om vinnig donker te raak. Ek wou nie in die donker ry nie. Nie met ‘n passasier nie. En my hooflig is nie ingestel vir ons gewig nie. Hier is ook nie heinings nie en daar is heelwat donkies langs die pad. By Sejweng loop die pad in die middel van nêrens dood en ek gebruik die padteken voor om my hooflig mee in te stel. Ons trek ook warmer aan, vee weer die taai, misvormde goggas van ons “voorruite” af en neem ‘n paar indrukwekkende silhouette fotos in die laaste lig.


DSC01815 by Piet.P, on Flickr

Ek ry so 100m terug na die afdraai waarby ek netnou verbygery het. Ons ry weer oos. Dis nog so 50 min se donkerry tot in Haenertsburg. Ek besluit om dit stadiger aan te pak, wakker te wees en mooi te konsentreer. By Mountain View draai ons regs op die R71. Uit die aard van die saak het ek min van hierdie pad se besienswaardighede gesien in die flou lig van die KLR, maar ‘n paar minute later stop ons by die “Iron Crown” restaurant in Haenertsburg.
 
Thanks Piet, vir die deel  :thumleft:

ek geniet hierdie tipe trips ook baie, en beplan juis 'n groot een met vroulief agterop vir Junie vakansie vanjaar.

 
Die eerste ding wat my tref toe ek die helm afhaal is die vars reuk van die dennebome. Carrie merk ook met 'n glimlag op dat dit voel of sy tuis is. Dis ‘n besige aand, en die karre staan oral geparkeer. Ons vind later uit dat daar ‘n groot bergfietswedren die volgende dag deur die klowe en plantasies is. Die oop tafel in die hoek roep ons, en ons bestel ‘n bier, gevolg deur ‘n lekker aandete. Ons klink 'n glasie Amarula met ys: "op 'n opwindende toer wat voorlê!" Hierna verlaat ons die jolige atmosfeer van die kuierplek en klim terug op die fiets om lêplek te loopsoek. Ons het ongelukkig versuim om fotos by die restaurant te neem; ons wou nog die volgende dag teruggaan daarvoor, maar selfs hiérvan het ons vergeet!  ;D

Haenertsburg se begraafplaas is hooggeleë en sy uitsig besonders. Ons eerste oorweging was om naby/agter die begraafplaas te slaap, maar nadat ons ‘n paar keer op en af in die strate gery het sonder om hom te kry het ons moed opgegee. Ons vind toe ‘n grondpaadjie wat suidwes uit die dorp uitloop en volg hom. Die paadjie loop tot by ‘n hek met ‘n bord wat meen dat kampeerdery verbode is. Ek sien nie enigiets oor “privaatgrond” nie, so ek vra vir Carrie om te kyk of die hek gesluit is. Dit is nie. Beskeie laat ons toe maar onsself in. “As hulle ons nie hierbinne wou gehad het nie sou hulle seker die hek gesluit het.”  >:D

Ons ry ‘n hele paar kilometer in, verby ‘n huisie of twee, deur nog ‘n hek, totdat ons dieperig in ‘n plantasie in is. Ek is glad nie lus om moreoggend wakker te word as gevolg van een of ander bosbewaarder wat by my tent inloer en my die liviete voorlees nie, so ek kies koers na regs – op boontoe. En dan weer. Die pad is gladderig en bietjie verspoel, so ek besef dat ek nie in die donker hier wil afkom nie. Ek stop toe ek oortuig is dat ons nie vroeg die volgende oggend gevind sal word nie.

Die bospaadjie is vol graspolle en ongelyk, maar relatief tot die steiltes langs die paadjie lyk hy baie mooi plat. Ons slaan die tent op en val flou neer op die opblaasmatrassies. Iewers in die nag word ek halfwakker van die reën wat sag op die tent se waterdigte seil tik.  :)


DSC01817 by Piet.P, on Flickr
 
Dag 2

Saterdagoggend ontwaak ons rustig. Die reuk van die nat plantasie stroom die tent in toe ek die ritssluiter ooptrek. Vars berglug. Die reën het opgeklaar, maar daar is iets tussen mis en motreën wat sig versper en klam is op die vel. Ons stook ‘n koppie geurige sterk swart koffie in die Bialetti voor ons die dag begin.


DSC01821 by Piet.P, on Flickr


DSC01822 by Piet.P, on Flickr

Die oppakproses is vinnig, en kort-voor-lank is die KLR weer swaar belas. Ons het gelukkig genoeg swartsakke ingepak dat ons helms en skoene nie natgeword het deur die aand nie. Ons vertrou dat ons die pad uit redelik maklik sal kry. Basies twee links-draaie dan is ons terug op die paadjie wat ons sal uitlei. So gesê, so gedaan.


DSC01829 by Piet.P, on Flickr

Ons vind die weg so maklik soos wat ons gehoop en verwag het, en oppad uit stop ons by hierdie spookagtige bome en blaarbedekte bosvloer vir ‘n foto.


DSC01836 by Piet.P, on Flickr

 
Ons klim op die R71 en koers in die rigting van Magoebaskloof se kronkels. Die ligte motreën is net genoeg om my knieë klam te maak en my sig bietjie te versper. Ek trek af om die reënpakke aan te trek. Carrie wil nog stry - sy redeneer dat Haenertsburg sy eie weer het en dat die nat gaan verdwyn sodra ons by die pas af is. My hardkoppigheid oortuig haar dat dit nie lekker is om nat te ry nie. Die weervoorspellers het immers hierdie reën al lank sien kom en dit gaan heelnaweek lank so reën. Daarmee saam kan ons altyd weer stop om die jassies uit te trek.

Sy lag vir my reënpak se kort, breë broekspype. Dis ‘n motorfietstoer, Carrie – nie ‘n modeperade nie!

DSC01840 by Piet.P, on Flickr


DSC01848 by Piet.P, on Flickr

Sowaar, nadat ons lekker in die draaie van die R71 ingelê het, lig die reën. Ek eet so stilweg nederig aan my hoed, want Carrie was reg gewees. Dalk ken sy tog die wêreld so goed soos wat sy voorhou.  :p Ons stop by die Magoebaskloofdam om die reënpakke uit te trek en plaas ons lewens op die spel (met die seekoeie en krokodille  ;)) vir mooi fotos.


DSC01855 by Piet.P, on Flickr


DSC01853 by Piet.P, on Flickr
 
Jy gebruik die Taal soos Picasso sy potlood gebruik het.
Mens kry dit nie elke dag nie.

Baie lekker om te lees.

Ek sien uit na nog!
 
Piet man

Welkom in my wereld.  Ja die area is beeldskoon en ek kan net dink dit was nog beter met ietsie moois aan die sy ook.  (of op die rug?  :pot:)

:imaposer:
 
Hiervandaan lei die pad deur heldergroen rooiboslanderye totdat hy in ‘n T-aansluiting eindig teen die R36. Ons kies koers na die dorpie Modjadjiskloof, want Carrie wil vir my iets gaan wys. Op die dorpie gooi ek petrol in (en die linkerbrein in my is baie ingenome met die fiets se brandstofverbruik tot dusver: met ‘n passasier en swaar bagasie het ek meer as 22km/l gekry!). Hier word die geheim van ons volgende toeriste-aantreklikheid ook verklap - ek hoor hoe Carrie die petroljoggie vra vir aanwysings na die groot kremetart toe. Aanvanklik verstaan die joggie nie, maar met ‘n bietjie verduidelik sien ek die vonkel in sy oog en hy beduie dat ons net hier moet aanry en dat ons die bordjies na regs sal sien.


DSC01856 by Piet.P, on Flickr

Sunland se groot kremetart staan ongeveer 12km noordoos van Modjadjiskloof en is ‘n baie interessante en indrukwekkende besienswaardigheid. Daar is baie webwerwe met meer inligting, maar om dit kort op te som is dit (moontlik) tans die grootste eksemplaar van die kremetarte. Verder, afhangende van hoeveel gewig mens agter koolstofdatering wil sit, kan dit ook een van die ouer bome op aarde wees vandag. Die vorige eienaar van die plaas het besluit om al die jare se gemors uit die hol stam uit te verwyder en hy het ‘n klein kroeg daarin gebou, ongeveer ‘n meter onder die grond. Die kroegie is nie meer oop vir handeldryf nie, maar mens kan steeds bier koop by die kwekery (wat nou die plaas besit) en dit daaronder gaan drink. Daar was net quarts beskikbaar en Carrie is nie groot op bier nie, so ek het besluit om nie kanse te waag nie en maar by die koeldrank gehou.


DSC01868 by Piet.P, on Flickr


DSC01869 by Piet.P, on Flickr

Die kroeg

DSC01888 by Piet.P, on Flickr

Toe ons daar aankom was daar ook ‘n gesinnetjie met hulle twee Harley Davidsons. Die pa met sy jong kind as passasier, terwyl die ma haar eie fiets gery het. Ek is nie seker of die twee leë quarts (die ouens wat skerp is sal dit sien wegkruip in die laaste foto: 'n Amstel en 'n Zamalek) onder op die kroegtoonbank deur hulle gedrink is nie, maar toe ons later weer terugkeer het ons verby die ongelukstoneel gery waar die vrou beheer oor haar Harley verloor het. Noodwerkers was reeds daar, maar dit het gelyk asof sy redelik beseringvry daarvan afgekom het. Ek weet nie wat die ongeluk veroorsaak het nie, maar dit het die versigtigheid in my weer aangespoor rondom drank en motorfietse (maar dis genoeg prekery vir nou).
 
Top