Piet
Race Dog
- Joined
- Mar 18, 2010
- Messages
- 1,213
- Reaction score
- 3
- Location
- Queensland, Australia
- Bike
- Kawasaki KLR 650
Die “Pot ‘n Plow” is bekend vir die “beste pizzas in Limpopo” en is op Carrie se lysie (blykbaar is Una’s Pizza naby Nylstroom in ‘n naelskraap tweedeplek). Ons is honger en daar is nie hordes eetplekke in die omgewing nie, so ons besluit om middagete daar te gaan eet. Ek is hoeka lus om die kronkels van Magoebaskloof ook in die op-rigting te ry!
Die fotogeniese kleurskakerings van die plantasies en die inheemse bos langs die R71
DSC01900 by Piet.P, on Flickr
Die restaurantjie is versier met enigiets en alles: ou munte, buitelandse geldnote, fotos van perde-jagtogte en kuiers, landsvlae, Skotse en Ierse gedigte, leë drankbottels, ou alkohol advertensies en dies meer. Ons begin met ‘n warm koppie filterkoffie en geniet dit so baie dat ons sommer dadelik nog een bestel. Ons deel twee van hulle staatmaker-pizzas terwyl ons lekker langs die houtkaggel sit en opwarm! Die temperatuur buite is nie yskoud nie, maar ‘n hele oggend in die wind is genoeg om groot waardering te kweek vir die gesellige kaggelvuurtjie. Na die rekening vereffen is neem ons die oorblywende paar skyfies pizza saam om later te geniet.
DSC01912 by Piet.P, on Flickr
Oppad na die restaurant toe het ons verby ‘n lekker bospaadjie gery wat lei na die Debengenivalle. Ten spyte van die “geen motorfietse”-bordjie was ons eensgesind dat ons vanaand daar iewers wou slaap, maar eers wou ons die brandpaaie om die Ebenezerdam gaan verken.
Buite die restaurant is dit weer klam in die lug en ons trek weer die reënpakke aan – nie net vir die nat nie, maar ook as beskerming teen die modder. Dis toe al die pad terug Haenertsburg toe, waar ons gou proviand koop vir die res van die dag (en moreoggend) se omswerwinge by die kafeetjie: ‘n bottel water, ‘n boks beskuit, en ‘n bol wol (dit was die enigste touerige produk beskikbaar) om die tent se waterdigte seil weg te trek van die tent af. Ons albei het al die bloutjie geloop van ‘n seil wat raak aan die tent. Gisteraand se ligte reëntjie het nie deurgelek nie, maar enigiets harder en ons was nat.
Weer oppad, draai ons af op die R528 Tzaneen toe, en hou dan onmiddelik links teenaan die dam. Die paadjie is in 'n mooi toestand, maar hier en daar is modderpoele. In die middel van die laning groot bloekoms (in die foto heelonder) was daar ‘n groot modderpoel waar ek van die pad af en rondom gery het eerder as deur. Selfs langs die pad het ek lekker rondgegly! Later het daar ‘n deftig-geklede jong paartjie in ‘n Renault Clio van voor af verbygekom en gevra waar die Ebenezer seiljagklub is. Ons kon net verduidelik waar die dam is. Ek weet nie hoe hulle deur die modderpoel gekom het nie – dit was seker maar ‘n huurmotor.
DSC01915 by Piet.P, on Flickr
DSC01918 by Piet.P, on Flickr