Halwe trip ride report

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

subie

Bachelor Dog
Joined
May 20, 2008
Messages
11,318
Reaction score
790
Location
Uitenhage
Bike
Honda XR125L
Trek ek toe weg so 08H00 Vrydag oggend in so n ligte reentjie.
Nie baie bekommerd ,glo dit is maar net so n mot reentjie wat om die eerste draai verby sal wees.
Net erger geraak en kwaai gereen tot by Koster. Ek is sopnat dwarsdeur met boots vol water. Kap maar aan
en het n lekker trip tot in Bray gehad. Die trip probeer rek maar nog steeds so 14H00 daar aangekom (520km)
Tentjie opgeslaan en in die pub by Tapama Lodge gaan sit.
Die van julle wat vir Dexter die mak vlakvark onthou van my laaste run soontoe . Arme Dexter is nie meer nie.
Die mense het hom weggegee   en n ou het hom agterop n bakkie kom haal. Dexter het erens afgespring en is die veld in.
Anyway lekker Tbone geeet en so 21H00 strompel ek tent toe. Nou ek ry altyd met my bagasie sommer in ou
duiksak van my wat ek glo my goed redelik droog sal hou. Haal ek my klere en slaapsak uit en die spul is nat.
Dis klaar koud en donker buite en trek ek my klamsweetpak aan en klim in die nat slaapsak . Het ek gek%k van die koue.
Die ergste was hier tussen 03H00 tot so 06H00 in die oggend. My hande en vingers het so gepyn dat ek die bike laat idle het om hulle te ontdooi op die engine. Net daar besluit ek om die 200km Vorstershoop toe te kanselleer en terug te ry huistoe. Ek vanmiddag in die bad sit pyn my vingers nog kwaai in die warm water.
Great trip gewees maar kan nie onthou dat ek al so koud in my lewe was nie.
Ek weet nie of ek my verbeel nie maar die pad Bray toe is vir my heelwat slegter. Meer sinkplaat en dieper sand.
Hier is my roete soontoe en terug tot by Bray.
 

Attachments

  • Home to Vorstershoop.gdb
    112.5 KB
Ek gooi maar n paar pics wat ek geneem het.
 

Attachments

  • DSCN1096_Verneukpan.JPG
    DSCN1096_Verneukpan.JPG
    212.9 KB
  • DSCN1101_Verneukpan.JPG
    DSCN1101_Verneukpan.JPG
    78.4 KB
  • DSCN1112_Verneukpan.JPG
    DSCN1112_Verneukpan.JPG
    151.1 KB
  • DSCN1113_Verneukpan.JPG
    DSCN1113_Verneukpan.JPG
    177.3 KB
Nog n paar  :ricky:
 

Attachments

  • DSCN1114_Verneukpan.JPG
    DSCN1114_Verneukpan.JPG
    73.7 KB
  • DSCN1115_Verneukpan.JPG
    DSCN1115_Verneukpan.JPG
    167.9 KB
  • DSCN1117_Verneukpan.JPG
    DSCN1117_Verneukpan.JPG
    69.5 KB
  • DSCN1120_Verneukpan.JPG
    DSCN1120_Verneukpan.JPG
    213.5 KB
En nog
 

Attachments

  • DSCN1122_Verneukpan.JPG
    DSCN1122_Verneukpan.JPG
    110.6 KB
  • DSCN1124_Verneukpan.JPG
    DSCN1124_Verneukpan.JPG
    211.7 KB
  • DSCN1130_Verneukpan.JPG
    DSCN1130_Verneukpan.JPG
    134.6 KB
  • DSCN1132_Verneukpan.JPG
    DSCN1132_Verneukpan.JPG
    205.7 KB
Genade maar dis n lekker koue eensame trippie....soortvan my ding sonder die koue. Mooi man :thumleft:
 
Lekker fotos daar Subie...

Jammer om te hoor van jou teespoed man.
Kry nou vir jou 'n ordentlike waterdig sak.
 
Laaste paar. Die trip het nou nie uitgedraai wat ek gehoop het nie maar ek het nog steeds n great ride Bray toe en terug gehad alhoewel die koue my bietjie geboelie het  :lol8:
 

Attachments

  • DSCN1140_Verneukpan.JPG
    DSCN1140_Verneukpan.JPG
    194.5 KB
  • DSCN1143_Verneukpan.JPG
    DSCN1143_Verneukpan.JPG
    153.6 KB
  • DSCN1147_Verneukpan.JPG
    DSCN1147_Verneukpan.JPG
    88.6 KB
Sorry dat die paar pics almal verneukpan genaamd is. Ek het so n image resize program en vergeet om file naam te verander na laaste trip.
My vingers voel soos klein poffertjies  :lol8:
 
    Self agv. koue omgedraai 2 weke gelede.Dis belangrik om moeilikheid te herken as jy dit sien.Ander ouens kan maar try Rambo wees.
 
Kyk, ek mind nie reën nie, maar as ek klaar gery het, wil ek droog en warm slaap. 

Nice pics!
 
Ai Subie, koud en nat slaap is nie lekker nie.  Nou kan jy uistien om hom op 'n ander tyd klaar te maak
 
Maar jy lieg mos nou verskriklik oor al die reen- daar is dan nie eers een ou nat kolletjie of wolkie in die lig nie :laughing4:

So nat en koud in die nanag is erger as meeste nagmerries, maar dit is sulke trips  wat mens onthou :thumleft:
 
Lyk na 'n mooi landskap.Party trips is maar moeiliker as ander. :thumleft:
 
Ek het vir jou n lekker Enduristan drybag.
Jou klere sal nie weer nat wees nie. Nooit nie. 20-32-51-82 Lt.
 
Top