Harley Davidsons is ook mooi

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Dorsland

Bachelor Dog
Joined
Apr 15, 2012
Messages
12,266
Reaction score
3,860
Location
Nie van hier nie
Bike
Honda CRF 300L
Ek was nog altyd redelik neutraal teenoor 'n Harley gewees, die posers wat hulle ry sal seker nooit by my kom braai nie maar dis ook OK. Maar ek sien toe dié week in ons koerantjie dat die Camdeboo Rally vir die Harley manne hier op Graaff-Reinet gehou gaan word en ek besluit toe ek gaan bietjie ry en gaan kyk.  

Toe ek vanoggend die pad vat, toe is dit koud en so 'n motreëntjie val.  Ek het vir 'n oomblik gehuiwer - nie oor die reën nie maar omdat my pad met die terugkom onbegaanbaar sou raak as dit harder sou reën.  

Ek het so 12,5 sekondes gehuiwer en toe ry ek.

Ek ken nie die Harley modelle nie so kan glad nie kommentaar lewer nie.  Kyk maar die mooi kiekies en vul my in oor wat goed en sleg is van die verskeie modelle.

Dis koud en misreën toe ek ry.

P9270042_zps309b353a.jpg


P9270045_zpsd5eb87df.jpg


P9270044_zps785455b3.jpg





Toe ek by die vliegveld, waar die drags en ryvernuf vertonings plaasvind, aankom, toe staan daar 'n menigte HDs en kan ek sien hoekom die kroommyne op Rustenburg so groot is  ;D.  Daar is wel so 3 of 4 DS fietse maar hulle staan almal heel beskeie eenkant sodat hulle nie die Harleys in die verleentheid stel nie.    Ek stop toe daar by hulle. Daar was toe wel een ou wat ons BM manne se naam velskoen gemaak het.  (Manic het mos so 'n Hilux het hy nie?  >:D)

P9270085_zps1123ce52.jpg



Ek sukkel toe eers so 5 minute om die dekselse nuwe oorprop uit my regteroor te kry  :imaposer:

Die ouens pas hulle fietse bitter mooi op.  Waar ons DS ouens farkle met sakrakke, GPSe, crashbars en sulke goeters, doen hierdie ouens dit met kroom, "airbrush" werk, vlae, radios, sulke leer tosseltjies op die levers ensomeer.

Kyk dié ou se nommerplaat en sy fiets is omtrent soos 'n Gomma-Gomma

P9270046_zps4a890e80.jpg




P9270047_zps36675b95.jpg


P9270057_zps288f382a.jpg



Is 'n Victory ook 'n Harley of is dit 'n ander tipe fiets?

P9270049_zpsec6389fb.jpg



P9270050_zps239853f7.jpg



P9270051_zpsc5f47f4e.jpg



Die fiets is vir my bitter mooi.

P9270053_zpsa09d0e95.jpg




En kyk, die instrumente op die fietse is iets besonders.  Hulle herinner my aan 'n 1960s Cadillac

P9270055_zps231514ac.jpg



Dié ou is besig om uit te rafel:

P9270058_zpsfb8b9261.jpg



P9270059_zps672f7bdc.jpg



Ek dog altyd Groenie ry 'n Fugly, maar is hy toe al die tyd 'n closet Harley poser  :lol8:

P9270060_zps9599c029.jpg




Ek gaan kyk bietjie die ouens se ryvernuf vertoning.  Hoor hier, dié 2 latte mag maar.  Le Riche racing is hulle bedryf se naam.  Hulle ry 300cc Gas Gas fietse en van balanseer, briek, versneller en koppelaar beheer kan jy hulle niks vertel nie.  Hulle het van daai toeskouers wat so heel in die voorry gesit het, sommer bang gery.  Hulle slaan daai kontrêpsie oor hulle bakkie op en ry daai leertjies en ramps asof hulle daartoe gebore is.

P9270064_zpsddf981ec.jpg



P9270066_zpsebd2a2b0.jpg



:eek7: :eek7: :eek7:

P9270067_zpse768be91.jpg



Dié ou slat sommer bollemakiesie op daai fiets  :eek7:

P9270069_zps6304d1b9.jpg




Lyk my die HD manne ken van 'n Bash gooi.  Glo nie hierdie lorrietjie sal by die Molopo kan uitkom nie.

P9270070_zps6ffb2a92.jpg



P9270071_zps8dba2f73.jpg



Ek wonder wat kos so 'n agterband?

P9270072_zps06a037e0.jpg





Ek praat bietjie met die oom wat daar op sy Indian sit.  Hy vertel, standaard, kos sy fiets so R390 000 maar met die ekstras wat hy aangebring het, staan hy nou seker hier by die R520 000  :eek: :eek:  Maar hy sê daai ding ry so lekker op die ooppad mens het eintlik so nou en dan 'n knik in die pad nodig net om wakker te bly.


P9270073_zps1e29f097.jpg



P9270074_zpsd1d276b9.jpg



P9270075_zps2ab2348f.jpg


Elektries verselbare windskerm, gekoppelde ABS, "cruise control", de lot



P9270079_zps5b7998eb.jpg



P9270081_zps373ab55a.jpg



Die kwaliteit van die vakmansskap op die motorfietse is puik,  hulle gietwerk is uit die boonste rakke.


P9270083_zpsd37e95f2.jpg



Ook maar die kwaai posers gekry:

P9270084_zps06bb67ce.jpg




Een vir die Vis Arende:

P9270086_zps74094cc6.jpg



P9270087_zpse65be03e.jpg





Ek het uitgekyk of ek nie vir Mother daar sien nie, maar daar was heelwat mense.  Sy pa ry mos so 'n driewiel Harley:

P9270088_zps79be2cf3.jpg




Nou ja, dit was 'n lekker oggend se vermaak, baie mooi fietse gesien, lekker gesels met van die ouens.  Maar die HD manne weet van geld maak met hulle Bash:  om een Coke te koop, moes ek 'n hele vel kaartjies vir R100 koop, 4 hoendersosaties was R80.  Die goedkoopste eetgoed was die kerk se pannekoekstalletjie waar een pannekoek R5 gekos het.  

Ek moes geweet het die kerk gaan by 'n Harley Rally nie hond haaraf maak nie.
 
Ernst Jr said:
Waar het hulle die trailers versteek?   :lol8:

hehehehe, daar was wel 'n paar ouens wat hulle gestoetie het, maar die meeste ouens lyk my, het gery van waar ookal
 
Wat vir n soorte van n Harley is die rooi en swarte op die heel eerste foto? :peepwall:

Mooi fotos Dorsland, hoe was jou pad toe terug gewees? Modder of nie?
 
Nee Dan, toe nie, gelukkig.  Lekker klam gewees so nie eens baie stof nie.  Daai eerste foto is van 'n kwaai fiets wat my soos 'n handskoen pas  :biggrin: :thumleft:
 
Dorsland said:
Nee Dan, toe nie, gelukkig.  Lekker klam gewees so nie eens baie stof nie.  Daai eerste foto is van 'n kwaai fiets wat my soos 'n handskoen pas  :biggrin: :thumleft:

:thumleft:
 
Dit is nie meer net n Harley Davidson rally nie. Dit is nou oop vir alle American V's.
Harley Davidson se "Legend on Tour"  trok woon dit nie eens by die jaar nie.

My ou mense is ook daar die naweek met hulle Harleys (Heritage Softail en n Fatboy) en hulle pel ry n Victory
 
Dit vir my gelyk dis amper almal ou mense wat Harleys ry  >:D  Is dit ook so 'n groot trok soos daai kroeg/disco lorrie?
 
Daai tossels op die handvatsels is daar met 'n DOEL.... die goed ry maar bietjie stadig, so die tossels is om die brommers weg te klap... :imaposer:
 
:imaposer: :imaposer: :imaposer:  Hulle het dragresies op die vliegveld gehad.  Vinnigste HD was 176 km/u oor kwartmyl.  Daar was ook 'n Kawasaki ZX1 (dink ek) daar gewees: 239 km/u

Harleys klink kwaai, en lyk imposant, maar vinnig? pfffffttttt
 
Dankie vir die deel oom , daai HD blink darem maar mooi (ek hou mos daarvan om my fiets ook te laat blink :snorting:)
 
Hel R 520 000 vir n mouterbike?!!!!!!!!!!!!!!! :eek7:
Ek kan darem baie bikes koop van so n bedraggie ;)
 
ChrisL - DUSTRIDERS said:
Hel R 520 000 vir n mouterbike?!!!!!!!!!!!!!!! :eek7:
Ek kan darem baie bikes koop van so n bedraggie ;)

26  2de handse Yamaha XT600E's. :eek7: of as jy gelukkig is, een enkele 70's Yamaha TZ750, dan is dit een sonder enige geskiedenis.
 
ChrisL - DUSTRIDERS said:
Hel R 520 000 vir n mouterbike?!!!!!!!!!!!!!!! :eek7:
Ek kan darem baie bikes koop van so n bedraggie ;)
Janee, hulle is mooi maar nie so baie geld mooi nie
 

Latest posts

Top