Platte
Pack Dog
Ek het sondag bietjie nuwe rigting gaan ry, Meyerton Standerton Volksrus Wakkerstroom Utrecht Memel Normandien Vrede Villiers Meyerton,ek was nog nooit in Wakkerstroom en Utrecht, was verbaas die plekke lyk heel goed. Utrecht die dorp in n wildresevaat,daar is ook n mooi kampterein soos ek van die pad kan sien. Het grondpad gery van Wakkerstroom Utrecht toe, toe weer van Ingogo, Bothas pas toe en Mullers pas Normandien tot terug by Memel. Normandien pas en omgewing het weer n padskraper gesien,so dis nie te rof. Dit was nou n lekker trip, so 750km, Mens kan voel die winter is hier, was lekker koud.