Hoe veilig is die Baviaans eintlik???

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

JERINOMO

Race Dog
Joined
May 17, 2010
Messages
1,194
Reaction score
0
Location
Port Elizabeth
Bike
BMW F800GS
En nou praat ek van die Groot Vyf.

Drie van die Groot Vyf kom in die Baviaans voor.

Buffels, Luiperds en Renosters het vrye beweging in die Baviaans wildernis area. Gewoonlik ry mens met die fiets daardeur en die enigste "worry" in jou haarspan is:

"Hoe baie water het Smitswinkel."

Het jy al gedagte gegee aan die gevaar wat drie van die Groot vyf in die Baviaans inhou? Veral die feit dat meeste van die Baviaans baie dig bebos is, gaan jy verby hulle skuur voordat jy hulle gewaar.

Laasjaar was 'n ou, wat in Rooihoek gekamp, het deur 'n Buffel aangeval en sleg ge-gaffel. Hy was ontwei, een van sy niere was deurboor, en het vir 8 ure sonder mediese hulp gewag vir die Ambulans. Die rede: "Geen selfoon opvangs"

Is ek maar net paranoies en moet nie eers bekommerd wees daaroor nie of is dit iets wat mens in gedagte moet hou?


Een van my vriende wat by Rooihoek gaan kamp het die naweek het Sondagoggend toilet toe gestap en op hierdie troppie bulle afgekom. Hulle het sommer redelik bedo.nerd gelyk, so asof jy hulle geld skuld.

Enige van julle wat al van die groot vyf in die Baviaans gesien het?


 

Attachments

  • Buffels by Rooihoek.jpg
    Buffels by Rooihoek.jpg
    248.2 KB · Views: 422
Top