KATBERG VIA BALFOUR

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Dutchman81

Race Dog
Joined
Feb 12, 2012
Messages
1,523
Reaction score
57
Location
Fort Beaufort
Bike
AJS (all models)
Sondag oggend vroeg val ek en DonkeyKong in die pad vir 'n vinnige lafenis op Katberg.  Die man het nou sy nuwe fiets gekry en wil net gaan ry.

Katberg Golf Estate
 

Attachments

  • IMAG0622.jpg
    IMAG0622.jpg
    113.1 KB
  • IMAG0621.jpg
    IMAG0621.jpg
    87.1 KB
Op Katberg het hierdie swembad my naam geroep in vandag se hitte
 

Attachments

  • IMAG0616.jpg
    IMAG0616.jpg
    132.9 KB
  • IMAG0617.jpg
    IMAG0617.jpg
    133.1 KB
Om te dink dit was eens ‘n vulstasie gewees wat my ouma besit het
 

Attachments

  • IMAG0626.jpg
    IMAG0626.jpg
    132.9 KB
Die Grey Kerk op Balfour – hier was ek gedoop 30 jaar gelede
 

Attachments

  • IMAG0628.jpg
    IMAG0628.jpg
    132.6 KB
Hier op die Buxton pad raak dit net warmder en DonkeyKong stop my toe om so bietjie H2O in te vat
 

Attachments

  • IMAG0631.jpg
    IMAG0631.jpg
    136.4 KB
  • IMAG0634.jpg
    IMAG0634.jpg
    165.3 KB
Tyd om my nuwe ‘progressive springs’ uit te toets  :ricky: Dankie Groenie hulle werk  :thumleft:
 

Attachments

  • IMAG0636.jpg
    IMAG0636.jpg
    154.9 KB
  • IMAG0637.jpg
    IMAG0637.jpg
    94.4 KB
  • IMAG0640.jpg
    IMAG0640.jpg
    104.2 KB
Dit was vir my ‘n riem onder die hart om op my pa se “speelgronde” te gaan rondry.  Die man wat van bo-af nogsteeds oor my kyk en ek onthou hom sê “Moenie windgat wees nie mannetjie” ;)
 
Baie mooi prentjies.  Ons bly is so mooi wêreld. 

Ons het self vanoggend so bietjie gaan rondry, maar 'n stadige lek in die agterband het ons ryery lelik kort geknip. 
 
Watter jare was jou mense daar? Beide my Pa en Ma en hulle families kom uit daai area, gee bietjie 'n paar name dan hoor ek by my Pa. Hy geniet om oor daai dae te praat. Ons was Els en Van Heerdens.

Onthou, ek is nie te ver vir 'n koue bier. ;)
 
That looks like a lekker little ride glad you had fun!!
:ricky:
Can't wait to get going again!!
 
Mooi jong, dit is darem lekker as mens n partner het om mee saam te ry. Sien jou een van die dae, miskien sien ons jou daai aand op Middelton. :pot:
 
Baie mooi paaie daai, dankie vir die deel.  :thumleft: 
Dit is 'n vorreg vir ons om te kan ry en geniet waar ons ouers eens was, net jammer van die plekke word so verniel.  :( 

Se vir DonkeyKong hy moet sy nuwe scoot geniet en baie veilige myle he.  :thumleft:
 
Dit was n lekker ''trippie'' gewees dankie , ek stem saam oom Vis , ons is gelukkig in tye van nou om so n passie te geniet . Kom aan Diffie waneer ry ons twee weer n draai ? Ec Guy Fix your Beemer now man...  :ricky:
 
Dankie oom vis... we both really enjoyd it ! cant wait to go on a ride with other Dogs... so keen ! :ricky:
 
Groot plesier , Gideon en alwyn gs , julle manne van Gauteng moet n draai hier in die oos kaap kom ry , ek kan julle n paar plekkies wys... :ricky:
 
Bevange.  :thumleft:

Ek en Cocster is so 2 jaar terug daar deur...ook by die kerk en die golf estate gestop. Dink dit was die dag toe Prince William getrou het of iets....die hele pub was vasgenaal op die telly. Darem was die bierkies yskoud en ons kon lekker langs die swembad sit en chill.

Maar bliksem....ons het ons hande vol gehad boonte...moerse ruts en los klippe maar dit was baie fun. Anderkant af was ook vet pret.....heavy drop-offs en bome en takke oor die "pad" maar ek sal dit enige tyd weer doen.

Ek en Cockster het nogal by 'n gebreekte venster by die kerk ingeloer en was verbaas om te sien dat al die meubels en banke nog daar was.....ek hoop dit is nogsteeds die geval.
 

Latest posts

Top