Keith en Monica ry pretoria toe

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

MRK Miller

Pack Dog
Joined
Feb 24, 2014
Messages
419
Reaction score
0
Location
Springs
Bike
Kawasaki KLR 650
So hierdie gaan maar n kort geskrif wees, vir die mense soos ek wat nie baie van lees hou nie. Maar meer van prentjies kyk. Ek moes goed gaan haal in Pretoria, en Monica was toe al goed moeg genaai by die huis, Ek beveel toe aan sy kom bietjie op/iut vir vars lug, en aangesien  sy haar hommelbytjie so lanklaas bietjie oefening gegee het moet sy miskien saam ry. Daar is n lekker grondpaaitjie wat ek haar wil wys, en n ander paaitjie. Dit is toe afgespreek, en sy laat haar kliente weet sy sal vir die volgende dag nie beskikbaar wees nie.

So die volgende dag, ek dink dit was n Maandag as ek reg kan onthou, lê ons so effe in. My afspraak is straks eers 11h00. So my seksie baie talentvolle vroutjie kry toe koffie in die bed, en n lekker bad water met borrel bad word vir haar getap. Sommer omrede ek kan, as van julle wonder. Ons trek so 08h30 weg uit Springs, en mik vir Bapsfontein. Ek het dit reggekry dat die interkom stelsel wat ek by n vriend gekry het omdat hy moeg geraak het vir sy vrou se gkerm agter op die boesa, vir my gegee het. By die groot stopstraat draai ons links op die R50 rietvlei se kant toe. Maar die pad is toe.

Ons is mos avontuur ryers, en daar is plek om deur te gaan vir die inwoners wat daar bly. Ons ry tot net voor die padwerke waar os toe afdraai op die grondpad, wat dan later aansluit by die M30 Garsfontein pad. N baie merkwaardige stukkie pad wat voel of jy deur  walvis ingesluk word, soos die bloekom bome jou toevou, soos die walvis se ribbebene. Monica op haar hommelbytjie, laat nie op haar wag nie en so gou ek ry kom sy. Daar is nie meer van wag nie. Die pad is goed uitgetrap, met die dat die R50 toe is vir verkeer, maar die fietse geniet hulle gate uit. Ek het n nuwe hegstuk uitgetoets wat ek gemaakhet om voor op my kopdop te pas, so al die foto's is van die aksie kamara af geneem. Dit is nie n baie lang pad nie maar baie aangenaam, vir so vinnige stukkie grondpad, om bietjie afleiding te gee aan die eentonigheid van die teer.
 

Attachments

  • gars fontein pad_Moment(2).jpg
    gars fontein pad_Moment(2).jpg
    232.9 KB
  • gars fontein pad_Moment.jpg
    gars fontein pad_Moment.jpg
    194.5 KB
  • gars fontein pad_Moment(10).jpg
    gars fontein pad_Moment(10).jpg
    244.1 KB
  • gars fontein pad_Moment(9).jpg
    gars fontein pad_Moment(9).jpg
    244 KB
  • gars fontein pad_Moment(8).jpg
    gars fontein pad_Moment(8).jpg
    212.4 KB
  • gars fontein pad_Moment(7).jpg
    gars fontein pad_Moment(7).jpg
    233.1 KB
  • gars fontein pad_Moment(5).jpg
    gars fontein pad_Moment(5).jpg
    246.5 KB
  • gars fontein pad_Moment(4).jpg
    gars fontein pad_Moment(4).jpg
    240.2 KB
  • gars fontein pad_Moment(3).jpg
    gars fontein pad_Moment(3).jpg
    240.1 KB
  • gars fontein pad_Moment(6).jpg
    gars fontein pad_Moment(6).jpg
    210.1 KB
Ek het vir nou eers klaar geskryf. Geniet die foto's
 

Attachments

  • gars fontein pad laaste deel_Moment.jpg
    gars fontein pad laaste deel_Moment.jpg
    171.4 KB
  • gars fontein pad laaste deel_Moment(2).jpg
    gars fontein pad laaste deel_Moment(2).jpg
    192.4 KB
  • gars fontein pad laaste deel_Moment(3).jpg
    gars fontein pad laaste deel_Moment(3).jpg
    185.6 KB
  • gars fontein pad laaste deel_Moment(4).jpg
    gars fontein pad laaste deel_Moment(4).jpg
    223.9 KB
  • gars fontein pad_Moment(15).jpg
    gars fontein pad_Moment(15).jpg
    231.9 KB
  • gars fontein pad_Moment(14).jpg
    gars fontein pad_Moment(14).jpg
    233.7 KB
  • gars fontein pad_Moment(13).jpg
    gars fontein pad_Moment(13).jpg
    239.3 KB
  • gars fontein pad_Moment(12).jpg
    gars fontein pad_Moment(12).jpg
    228.8 KB
  • gars fontein pad_Moment(11).jpg
    gars fontein pad_Moment(11).jpg
    245.2 KB
Eish....daai eerste paragraaf van jou. Miskien bietjie hersien voor jou vrou jou bliksem :biggrin:
 
Neo_za said:
Eish....daai eerste paragraaf van jou. Miskien bietjie hersien voor jou vrou jou bliksem :biggrin:

:lol8: ne
 
Lekker stukkie pad daai! Net jammer dis so kort.
 
MRK Miller said:
Ons ry tot net voor die padwerke waar os toe afdraai op die grondpad, wat dan later aansluit by die M30 Garsfontein pad. N baie merkwaardige stukkie pad

Vertel meer asb. Waar is hierdie pad? Het hy 'n nommer?

Weereens lekker foties! :thumleft:
 
Neo_za said:
Eish....daai eerste paragraaf van jou. Miskien bietjie hersien voor jou vrou jou bliksem :biggrin:


Hoe dink julle nou. Wat is fout met daai eerste paragraaf. My vrou het n embroidery besigheid, en maak allerly goedjies met die naai masjiene, dan embroid sy daarop. Sy is so besig, dat ek bekommert raak sy kom nie op vir asem nie, Dus moet ek haar bietjie wegsleep van die genaaiery af dat sy net bietjie asem kan skep :imaposer: :imaposer:
 
Ek kry altyd hoenrvleis as ek mense so sien ry sonder handskoene…. en nie die goeie sort hv nie  ;) ;D
 
Hoop hy wys mooi. Van baps fontein, rietvlei toe, net so 200m verby die grasplek en vlieg veld is die afdraai regs. Van rietvlei af verby die plek wat die bakstene maak is die pad toe, maar mens kan met n motorfiets daardeur. Net verby die opgrouings links
 

Attachments

  • gars fontein road.pdf
    417.3 KB
Roxtar said:
Ek kry altyd hoenrvleis as ek mense so sien ry sonder handskoene…. en nie die goeie sort hv nie  ;) ;D
[/quote



En jy is reg. Gaan werk maak daarvan, veral omdat sy so werk met haar hande, Ja en ek ook. Baie agterlosig. Dankie daarvoor
 
Episode twee
Besigheid klaar gedoen, toe dink ek. Laat ek Monica gaan wys waar die vrouens die manne om hulle, wat sal n mens dit noem …... gedraai het. Ek het altyd net die pad vir oefening gebruik met die fiets ryery Ford Klapperkop se pad. Hulle het dit intussen omhein en n reservaat gemaak, met sekuriteids wagte. Bly daaroor. Dit is n lekker pad om te ry, met n paar lekker draaie, wat as jy nie oplet nie jou skuins kan vang. Gelukkig het Monica wat voor gery het, dit rustig gevat so ek kon rustig die uitsig waardeer. Op een plek kry ons die perde wat dood luiters die tyd van die dag, sonder skaamte nog in hulle slaapklere rondloop. Of is dit van daai wat dalk uit Pretoria sentraal ontsnap het. Van daar is dit uit met Atterbury pad huistoe. Wou n pad gaan soek wat ek ook in my jonger dae vir fiets oefening gebruik het gaan soek. Ek het om gekry. So n lekker stywe opdraande wat ons goed laat les opsê het. Dink nie ek sal nou 100 m maak nie. Ons ry hom nou af, en volg die pad wat die gps wys. Dan kom ons by die beheer punt, en die knaap wyer om ons deur te laat. Ek is so effe ontsteld, want ek betaal belasting, en daai belasting gee my toegang tot die openbare paaie van ons land. Monica oorreed toe maar om om te draai en ons ry terug. N helse draai, tot ons op die garsfontein pad by die ander punt van daai pad kom, ook by n hek. Ek laat dit toe maar gaan, want wat doen mens nou elkgeval. Geld koop mos tot paaie deesdae. Ons ry tot waar ons vroeër uitgekom het op die garsfontein pad en draai weer daar in. Wil n ander stukkie gaan ry, wat ek vir Monica wil wys. Ons hou reguit aan by die t-aansluiting, verby n ou verlate gebou, op n twee spoor paaitjie, verby n plaas met heelwat ou implemente wat daar staan. Om die draai is daar los grond en so amper sien ek die anderkant van myself. Ons sluit by n hoofpad aan en volg hom tot ons weer by die Bapsfontein pad aansluit. Van daar is dit hiustoe, waar Monica se een naaimasjien eers nagegaan is, want hy het n paar steke begin mis, en toe is dit motorfiets skoonmaak tyd.

Dankie vir die saamry
 

Attachments

  • 11480004_Moment.jpg
    11480004_Moment.jpg
    189.1 KB
  • 11480004_Moment(9).jpg
    11480004_Moment(9).jpg
    218.3 KB
  • 11480004_Moment(7).jpg
    11480004_Moment(7).jpg
    191.8 KB
  • 11480004_Moment(5).jpg
    11480004_Moment(5).jpg
    216.1 KB
  • 11480004_Moment(3).jpg
    11480004_Moment(3).jpg
    170.4 KB
  • 11480004_Moment(2).jpg
    11480004_Moment(2).jpg
    78.1 KB
  • 11580005_Moment.jpg
    11580005_Moment.jpg
    213.1 KB
  • 11580005_Moment(3).jpg
    11580005_Moment(3).jpg
    224.5 KB
  • 11580005_Moment(2).jpg
    11580005_Moment(2).jpg
    203.7 KB
  • 11480004_Moment(4).jpg
    11480004_Moment(4).jpg
    171.9 KB
O griet. Ek moes die eers gepost het, dan daai. Die is ford klapperkop
 

Attachments

  • ford klapperkop_Moment(7).jpg
    ford klapperkop_Moment(7).jpg
    188.7 KB
  • ford klapperkop_Moment(10).jpg
    ford klapperkop_Moment(10).jpg
    221.4 KB
  • ford klapperkop_Moment(9).jpg
    ford klapperkop_Moment(9).jpg
    198.8 KB
  • ford klapperkop_Moment(8).jpg
    ford klapperkop_Moment(8).jpg
    193.7 KB
  • ford klapperkop_Moment(6).jpg
    ford klapperkop_Moment(6).jpg
    184.3 KB
  • ford klapperkop_Moment(5).jpg
    ford klapperkop_Moment(5).jpg
    173.5 KB
  • ford klapperkop_Moment(4).jpg
    ford klapperkop_Moment(4).jpg
    183.7 KB
  • ford klapperkop_Moment(3).jpg
    ford klapperkop_Moment(3).jpg
    187.3 KB
  • ford klapperkop_Moment(2).jpg
    ford klapperkop_Moment(2).jpg
    185.4 KB
  • ford klapperkop_Moment.jpg
    ford klapperkop_Moment.jpg
    197.2 KB
Die laaste stukkie pad huistoe, van garsfontein pad na rietvlei pad toe
 

Attachments

  • gars fontein pad 1_Moment.jpg
    gars fontein pad 1_Moment.jpg
    183.6 KB
  • gars fontein pad 1_Moment(2).jpg
    gars fontein pad 1_Moment(2).jpg
    243.2 KB
  • gars fontein pad 1_Moment(3).jpg
    gars fontein pad 1_Moment(3).jpg
    247.4 KB
  • gars fontein pad 1_Moment(4).jpg
    gars fontein pad 1_Moment(4).jpg
    246.7 KB
  • gars fontein pad 1_Moment(5).jpg
    gars fontein pad 1_Moment(5).jpg
    213.6 KB
  • gars fontein pad 1_Moment(6).jpg
    gars fontein pad 1_Moment(6).jpg
    242.7 KB
  • gars fontein pad 1_Moment(7).jpg
    gars fontein pad 1_Moment(7).jpg
    209.9 KB
  • gars fontein pad 1_Moment(8).jpg
    gars fontein pad 1_Moment(8).jpg
    243.3 KB
Top