Klein dorpie toer deur Suid Afrika

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Die volgende drie dae kuier en braai ons saam met ou afgetrede vriende van ons wat in Laaiplek by. Ons besoek Paternoster, Vedenburg, Saldanha, Langebaan, St Helenabaai en die ander klein plekkies daar rond. Ons spandeer een hele middag om by Strandloper in Langebaan ons jaarlikse seekos kwota in te kry en kuier baie lekker.
Te gou voel dit ons vakansie is nou op 'n einde. Gebruik ook die tyd om die fietse weer te was en ook al die ry klere skoon te kry.
 

Attachments

  • 582.jpg
    582.jpg
    155.3 KB
  • 583.jpg
    583.jpg
    111.2 KB
  • 584.jpg
    584.jpg
    126.3 KB
  • 585.jpg
    585.jpg
    104.8 KB
  • 586.jpg
    586.jpg
    136.5 KB
  • 594.jpg
    594.jpg
    131.2 KB
  • 589.jpg
    589.jpg
    164.6 KB
  • 596.jpg
    596.jpg
    200.1 KB
  • 591.jpg
    591.jpg
    117.1 KB
  • 581.jpg
    581.jpg
    147.9 KB
Woody ek sal nie kan se nie, dit is skynbaar meer 'n 20/80 band wat definitief meer vir teer is, dit is hoekom ek baie meer van die Mitas gehou het. EK was egter nie bereid om die warm Namakwaland en die suide van Namibia met die gekraakte band te ry nie, want ek het geweet ons is swaar gelaai en dit gaan baie warm wees. Verder is daar ook geen plek wat mens kan help as die band daar moes iets oorkom nie. Ek was nog altyd 'n Michelin aanhanger en gebruik dit ook op my motors en my BMW padfiets. Ek glo dit sal goeie kilometres gee en die band hanteer baie lekker teen hoe spoed. Ek het seker maar die verkeerde band op gehad vir die lang teerpad en gewig wat ons gery het. Almal se ek moes nie bekommert wees oor die krake nie, maar ek is maar versigtig wat bande aan betref en miskien te oor versigtig, maar soos ek se ek het nog nooit kanse gevat met bande nie, nie op my motorfietse of my motors en glo maar aan die bekende handels merke.
Die Anakee het nou net oor die 200km gedoen en lyk nog splinternuut.
 
Nog 'n paar foto's van die weskus en die plek waar ons gebly het.
 

Attachments

  • 609.jpg
    609.jpg
    100.1 KB
  • 614.jpg
    614.jpg
    126.2 KB
  • 612.jpg
    612.jpg
    149.1 KB
  • 611.jpg
    611.jpg
    127.4 KB
  • 613.jpg
    613.jpg
    114 KB
  • 608.jpg
    608.jpg
    110.8 KB
  • 598.jpg
    598.jpg
    104.7 KB
  • 599.jpg
    599.jpg
    106.1 KB
  • 597.jpg
    597.jpg
    59.5 KB
Dankie vir die terugvoer.  Ja ek sal ook bang word as ek sulke krake sien.  Ek het al Sani uitgery met Anakee 2 en geen probleem gehad nie.  Vir my ry styl waar ek lang teer stukke slaan om by die mooi grond te kom werk die 80/20 bande vir my.
Sal nie baie dik los sand wil ry nie, maar die stukkies sand wat ek al gedoen het met hulle was hulle hanteerbaar.
Vra maar vir Chinaconnection ...  :pot: :peepwall:  verder se ek niks.

Terug na julle R/R.  Dit klink my julle het 'n lekker vakansie gehad.

Sjoe maar daai seekos plek is gepak... ek raak somme bang tussen so 'n klomp mense.
 
Te gou breek die laaste dag aan, dit was baie mistig toe ons opstaan. Ons pak die fietse, ons plan was om oor Elandsbaai en Lanbertsbaai na Clanwilliam te ry voor ons die N7 vat noorde toe, maar met die mis wat so dik is besluit ek om maar weer oor Piketberg te ry sodat ons uit die mis kan kom. Ons plan is om tot in Springbok te ry en daar te slaap, dan deur tot in Keetmanshoop voor ons die laaste 500km huis toe aanpak. Danie hulle besluit omdat dit so warm is deur die karoo hulle  ook maar liewer met die N1 sal opry sover as wat hulle kan kom.
Ons ry baie lekker en is nie meer op my senuwees oor die agterband nie, ons is vroeg op Klawer, eet daar ontbyt en vat toe die kners vlakte. Ons kry twee GP BMW's net voor Springbok, stop in Springbok vir iets koud en petrol. DIt is nog so vroeg en verwoedelik warm. dat ons besluit kom ons maar vir die grens. Daar aan gekom is dit 48 grade in die skaduwee,( weet nie hoe akkuraat die fiets se temperatuur meter is nie) minstens het die SA grenspos lug verkoeling, die Namibiese kant is hulle besig met 'n nuwe grenspos en die ou gebou het nie eers 'n waaier in nie. Dit voel of mens se bloed in jou kop kook so warm is dit daar binne. Ons stop by die Wimpy vir iets koud en bel ook sommer om te hoor of ons akomodasie kan kry in Grunau. By die garage antwoord niemand nie. Die Grunau gastehuis is vol en ek besluit dan moet die Tenere maar sy voete optel dat ons in Keetmanshoop kan kom. Ek ry die eerste stuk van die grens redelik vining, maar sien toe die fiets hardloop self baie warm so op 105 grade die hele tyd, ek verminder toe spoed, maar die temperatuur bly hoog omdat dit so verwoedelik warm is buite. Later ry ons net 120 om die temperatuur darem, op 100 grade te hou. Op Grunau kry ek 'n skok, die garage en winkel is toe, kry darem petrol by die boerepomp waar ons in die bloedige son moet staan. Vroulief stap na die bungelows langs die garage en gelukkig het hulle een oop wat ons dadelik vat. Ons was net te moeg en warm om verder te kon ry. Rus lekker voor die lug verkoeler tot ons beter voel. Omdat die winkel toe is kan ons nie eers iets braai nie, al wat ons by ons het is drie perskes, 'n bottel wyn, stukkie vrugtekoek wat die ou tannie in Laaiplek vir ons gegee het en 'n pak chips. Dit is toe ons aandete vir die eerste aand terug in Nam.
Met die dat ons die bottel wyn drink en baie min geeet het slaap ons baie lekker. Die volgende oggend is ons net na 5 uur op die pad, dit is lekker koel, gooi petrol in Keetmans en ry om Mariental te bereik voor dit te warm is. Daar eet ons by die Wimpy ( nou al redelik gatvol vir Wimpy kos) en doen die laaste 280km huis toe. Kwart oor twaalf stop ons veilig by die huis. Danie hulle laat weet hulle het tot in Colesberg gery en is nou in Bloemfontein.
Later die middag laat weet hulle, hulle is ook veilig tuis. Deur die suide sien ons dit is mooi groen en hoe nader ons aan Windhoek kom hoe groener is dit, Oral het dit lekker gereen na laas jaar se verskriklike droogte. Kan nie wag om op die plaas te kom nie.
Dit was weer 'n baie lekker toer deur seker van die mooiste dorpies in Suid Afrika. Dit was baie lekker om dit saam met geliefde vroutjie te kon doen wat altyd positief is en nooit kla nie. Goeie vriende is skaars en dit was lekker om saam met Danie en Marieta, Hester en hulle kinders wat gedeeltes saam met ons gery het dit te kon deel. Johan en Laurinda wat ook die eerste paar dae saam met ons was, ons het dit baie geniet.
Hester het alles so goed hanteer vir iemand wat eers onlangs leer fiets ry het en dit op haar ouderdom :peepwall: :pot:
Toemaar ek was die oudste en die res van ons was almal 50+ :imaposer:
Salome het gese Hester en Marieta het so lekker gery met hulle 650's sy is sommer lus en doen haar lisensie ook sodat sy ook haar eie fiets kan ry :)
Dan natuurik my getroue Tenere wat nie 'n beat gemis het op die hele pad nie, wat 'n bike!!
Laastens weer alle eer aan ons Hemelse Vader wat ons bekerm en die gesondheid en geleenthede gee om toere soos die te kan doen en die werke van Sy hande te kan ervaar.
PS: het ek genoem dit was WARM!!
 

Attachments

  • 617.jpg
    617.jpg
    116 KB
  • 618.jpg
    618.jpg
    109.2 KB
  • 619.jpg
    619.jpg
    112.5 KB
  • 620.jpg
    620.jpg
    80 KB
  • 621.jpg
    621.jpg
    74.6 KB
  • 624.jpg
    624.jpg
    60.6 KB
  • 083 (2).jpg
    083 (2).jpg
    40.1 KB
  • 086 (2).jpg
    086 (2).jpg
    41.4 KB
  • 625.jpg
    625.jpg
    84.2 KB
'n Laaste foto toe ons by die huis stop.
Nou is ons almal weer terug by die werk, Daniel is al lankal weer in die Ivoorkus, Jolandie en Roan seker al in AbuDabi waar hulle nou gaan werk en ons kan net verlang na 'n lekker vakansie wat nou verby is.
Ek het baie video clips gevat met die GoPro , maar moet nou eers tyd kry om dit redigeer en 'n video ook te maak.
Kan nou begin beplan aan ons volgende avontuur.
Dankie aan almal wat saam gery het. ;)
 

Attachments

  • 626.jpg
    626.jpg
    108.8 KB
Magtig Oom, dit was nou baie lekker om hierdie rit verslag te lees.

Die jong man wat julle ontmoet het wat van Rustenburg af gekom het met die KLR is seker Andries? Het saam met hom gewerk vir so rukkie in 2012.
 
Kan ongelukkig nie sy naam onthou nie (oud word is nie vir sissies nie) seker Altheimers Light, maar hy het baie uit gevra oor die Tenere want hy se die KLR is bietjie klein vir hom en sy vroutjie met al hulle bagasie
 
Ek het nouself lekker saamgery.  Julle maak mens lus om te pak.  Welgedaan.  :thumleft:

Die soort van hitte maak mens klaar.  Ons het self die ander dag baadjies in 'n ruskamer se klein wasbakkie natgemaak.  Om nie te praat van hoeveel keer ons dit al in boere se damme, krippe, riviere en waterpoele gedoen het nie. 

 
Dankie, dit was nou regtig lekker.  Eendag sal ons miskien dalk raakloop langs die pad.
Jy moet vir daai Pretorianers se hulle moet uitkyk vir lekker ritte hierdie kant.
Ons het Sondag van Alberton na Heidelberg gery.... normaal so onder die 40 km.  Ons roete was 200 km.... en enige iemand kan dit doen.  Ons het so rustig gery ek het 23 km/l met vroutjie agterop gekry op die S-10
 
Nee wat, die name storie werk die kant ook nie al dag te maklik nie. Sal ek dan so vra: 'n swartkop man met 'n witkop vrou en ek dink die KLR is swart?
 
Dankie almal, Woody ek sal hulle se, nie een van hulle is tans WD nie en ek sal hulle kry om aan te sluit.
Me Vis Arend ons het ook maar nat gegooi sover ons kon, help darem so vir die eerste 10-15km dan is mens weer droog.
Namakwalander , ek moet alles neerskryf of intik op my selfoon ander vergeet ek dit.

Dankie dat julle saam gery het en sien uit om julle almal eendag raak te ry.
 
Namakwalander dit is reg die outjie het donker hare gehad  en sy vroutjie ligte hare en hulle KLR is swart gewees met panniers wat yk of dit self gemaak was. Toe ons hulle op Matjiesfontein gekry het, het hulle net van Sutherand af gekom. Hulle was toe oppad na familie in Belville en daarna Weskus toe
 
Ek het nou lekker gelees en fotos gekyk. Dankie vir die great RR.  :thumleft:
 
Dankie vir die saamry en windpomp kiekies  ;D  Het dit baie geniet.

Eendag sal ons mekaar raakloop  :deal:
 
Nice trip and thanks vir die RR  :thumleft: :thumleft:
 
Top