Koedoeskloof toe

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

dual

Race Dog
Joined
May 2, 2010
Messages
3,358
Reaction score
922
Location
Hermanus
Bike
BMW R1200GS
Besluit Vrydag middag dis tyd om uit te ry vir die naweek
Koedoeskloof toe, nuwe gesigte die plek gaan wys
Montagu oor, Ouberg pas oor en DwarsBar toe

By die huis, reg om te vertrek, die derde ou is nog nie by nie, sal ons by Engen ontmoet

9244172539_38a09cc24a_o.jpg


Almal reg

9246951734_8329cbf999_o.jpg


Net anderkant Stanford, slaan digte mis op ons af, tot by Riviersonderend
So dig dat ons plek-plek 60 km/h moes ry, yskoud en sop bleddie nat
Amper lus gehad om om te draai, maar niemand wou dit eerste sê nie

9246948210_3751bc0078_o.jpg


Terwyl ons aan lekker warm pasteie en koffie smul kom dit uit dat almal die gedagte gehad het om om te draai, maar die son skyn darem nou

9244172639_be51d8542d_o.jpg


Net buite Riviersonderend, toe tref die mis weer, eers gebreek by Bonnievale

Toe skyn die sonnetjie darem en daar begin lewe terugkom in die bene en hande

Die ou kerk op Bonnievale, hoeksteen, 1921

9244165543_633a9638c0_o.jpg


Kogmanskloof voor Montagu bly darem mooi

9244163125_33d0bfcda0_o.jpg


9244162183_6fa69e84f1_o.jpg


Afdraai op die stofpad, dis mos hoekom ons dit doen

9246939998_3600cd7a1b_o.jpg


Ouberg nog sonder die "G"

9244156947_d849572b93_o.jpg


9246925668_6d09f69584_o.jpg


Die ander "Sex shop"

9244212747_d4072158cc_o.jpg


'n Trip sonder 'n windpomp, werk net nie

9244150141_aa343bc134_o.jpg


Bestemming baken, in sig in die verte, nou nie meer lank nie

9246915736_0f63b3cc37_o.jpg


Daar's hy nou, van die stoep af, sneeu le nog hoog op

9244129719_8775062ccc_o.jpg


Kamp opgeslaan na eers 'n koue, nou kan ons gaan kuier

9244128195_c307fcffdd_o.jpg


En daar gaan staan en pak die kamera se battery op, al wat 'n USB kabel word ingespan, sonder sukses, nou is die trip se rapportering met behulp van fotos in sy peetjie in

Ek kan mos net met fotos praat  :biggrin:

Gelukkig het die Blackberry 'n kamera, maar ja, sy hoofdoel is eers foon, dan miskien kamera, so verskoon die kwaliteit

Die foto kan op geen manier die lekker van die burger wys nie, heerlik verby  :thumleft:

9246936324_7c4fb72bf0_o.jpg


Nog voor son-op, dis koud, dis al

9246993376_84698cde9a_o.jpg


Die aalwyne is pragtig in blom, hel, 'n regte kamera sou hulle tot reg laat kom het

9246882914_f3605135ee_o.jpg


Die bewys ons was daar

9246905088_d5ca19f161_o.jpg


Brandstof volmaak, want grondpad se kind wag

9246872902_c713e1cd14_o.jpg


Die ander manne was nog nie deur Seweweekspoort nie, so kom ons ry hom, pragtig en elke keer anders mooi

9244139135_c34007cc97_o.jpg


9244089877_0d5b310a70_o.jpg


9246869034_70778cdb67_o.jpg


En daar gaan die selfoon se battery ook, nou is rapportering tot 'n einde

Ry deur na Laingsburg toe, kry 'n cache by die vloed museum, N1 tot op Matjiesfontein, drentel vinnig rond, weer N1 tot op Touwsrivier, 'n vinnige Steers Burger en koffie en weer vort, dis koud, sommer ongeskik koud op die fietse, Matroosberge is ook wit onder die sneeu kombersie

Ry Touwsrivier in, verby die stasie, wat afgebrand is, en kies koers op die grondpad, Ouberg se kant toe

Sluit aan by die Ouberg pad, terug Montagu toe, Stormsvlei, Riviersonderend, Caledon, en by die huis

So 750 km trippie

Die grondpaaie is gravel highways, na al die reen twee weke terug, is die spore kliphard en min stof was opgeskop

9244211229_cdbae248dc_o.jpg


Weereens 'n lekker trippie, en goud-werd gasvryheid ontvang, ek kan dit aanbeveel  :thumleft:

Nou reg vir die kooi, lekker warm agter Baas Misies se blad gaan inkruip  >:D
 
Nice one....thanks for sharing.....i gotta get to the DwarsBar  :drif:
 
:thumleft: :thumleft: :thumleft:  dis n baie goeie RR en ek kan die fotos kyk(mooi klein gemaak) sonder dat die werk my blok omdat ek te lank hier sit en wag.  :thumleft:
 
Bly om te hoor julle het die nag oorleef, veral nadat 'n sekere lid 'n redelike minimalistiese benadering ten opsigte van bagasie gevolg het...
 
Die nag was OK,minus 5 grade slaapsak met flees kombers het die ding gedoen, ons goeie gasheer het tot sy redding gekom  :thumleft:

Lekker om te ontmoet
 
Nice one thanks Eish you have really nice ridding possibilities there  :thumleft:
 
Photobucket bandwidth exeeded  :dousing:

Will replace from Flickr, or wait 5 more days for reset of bandwidth
 
Fotos weer op met Flickr  :thumleft:
 
Ek was amper 10 jaar laas op die poort. Lyk nog steeds so mooi toe ek laas daar was.

Watse bike is die 'bloue'. ? (BUELL)
 
Buell - met 'n Mitas E-07 agterband
Ons het die ou al oral saamgehad, tot Wupperthal op Eselbank toe

Hy was tot Sani pas toe met "road tyres"
 
dual said:
Buell - met 'n Mitas E-07 agterband
Ons het die ou al oral saamgehad, tot Wupperthal op Eselbank toe

Hy was tot Sani pas toe met "road tyres"

Dit wil gedoen word. Daai low end krag kan nogal lekker raak op 'n grondpad met die ' verkeerde ' bande op.
 
Top