Lekker alleen in die Karoo

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Moer maar jy't 'n kommieklike tentjie!Lekker trip sover :thumleft:
 
J-mo said:
Daan die man. :thumleft:

Wat was die Temperatuur gewees toe jy opgestaan het?

Jong, dit was enige iets so tussen 4 en 5 jaar oud.  :eek: To ek begin ry later die oggend het my temp meter gewys 1,5 grade.
 
werk daai happy button Danie, thanx  :thumleft:
 
DAG 4: FRASERBURG NA VERNEUKPAN

Nou is ek weer in die saal. Oppad Verneukpan toe. Maar eers moet ek 'n paar klein dorpies verken.

Eers Loxton toe.

196.jpg


Die wêreld raak stelselmatig platter hoe meer noord ek beweeg.
198.jpg


Waarskuwing vir potholes op die grondpad! Glo my; dis eintlik vir ertvarkgate. Ek het oor die afgelope paar dae agtergekom as jy die 1ste ertvarkgat sien, jy meer kan verwag. Maar nooit meer as oor 'n afstand van so 300m nie. Dit lyk my hulle kom in die nag in 'n groep en bogger slegs 'n gedeelte van die pad op voor hulle aanbeweeg.
199.jpg


Net buite Loxton. Hier het ek omtrent geswem!
201.jpg


In hierdie ou dorpie dans die jakkalse. Twee derdes van Loxton ('n skaapboeregemeenskap) was in 1961 vernietig weens vloede wat die dam bokant die dorp laat bars het. Die dorpie het jare terug reeds hiervan herstel.
202.jpg


Hier het ek 'n lekker ontbyt geëet. Ek was papnat van die vorige waterkruising. Die ou tannie het my so jammer gekry, sy het my amper gaan bad.
203.jpg


Follow the signs! Carnarvon toe.
204.jpg


205.jpg


Hiers ons nou. O, ja. Die digter,ou A G Visser van Fraserburg het hier in Carnarvon ook gespesialiseer as 'n mediese dokter tussen 1907 en 1909. Multi-tasking se moses! Die dorp se oorspronklike naam, Harmsfontein, het verander na Carnarvon uit respek vir die destydse Britse Koloniale Sekretaris, Lord Carnarvon.
208.jpg


Die Blikkies bar. Hier gaan ek eers 'n stropie drink! Hierdie bar / hotel is al 5 geslagte in besit van dieselfde familie.
210.jpg


212.jpg


Nou Van Wyksvlei toe!
214.jpg


216.jpg


Dit lyk baie soos die onderste helfte van my gesig!. :biggrin:
218.jpg


222.jpg


Die meeste boere in die karoo maak gebruik van sonpanele vir krag.
224.jpg


Hiers ons nou in Van Wyksvlei. Die dorp is gestig in 1880 en vernoem na 'n plaaslike boer. Die dorp is baie naby geleë aan die 1ste staatsgefundeerde dam wat in 1882 gebou is en vandag nog steeds in gebruik is.

Dis soos 'n spookdorp!
225.jpg


228.jpg


227.jpg


230.jpg


Verneukpan, hier kom ek!
232.jpg


Dit moes onlangs lekker gereën het. Die paaie wys die pyne van daardie gestoei. 'n Ou volg hierdie ou padtjie vir bykans 60km tot op die plaas.
234.jpg


235.jpg


236.jpg


Hiers ek nou. Die storie van Johan Jacobs ken julle almal. Ek neem steeds maar 'n foto.
238.jpg


240.jpg


Amper daar!
241.jpg


Verneukpan is iets om te aanskou. Ek het al baie fotos gesien, maar dis heel anders om hier te wees. So ver as wat jou oog sien is dit plat.
248.jpg


249.jpg


Hier kom ek by die kampplek aan. Alles myne vir die aand. Hier gaan ek lekker naam weggooi vanaand.
243.jpg


Ek gooi 'n branna en slaan gou tent op.
302.jpg


Ek hang hom sommer aan die dak.
306.jpg


Laai gou my tracks af.
260.jpg


Nou vir bietjie jaag op die pan Ek haal die panniers af en neem sommer 'n paar fotos van my braaistand.
251.jpg


253.jpg


Die mooiste sonsondergang!
256.jpg


266.jpg


Kom ons braai. Hulle het vir my 'n groot sak hardekool gereël. Ek het vir myself 'n blik meatballs en spaghetti ge-organise. En brannas natuurlik. Hulle het nie vleis gehad nie. Ek moet leer om vooraf te reël.
273.jpg


275.jpg


Die wolke lyk onheilspellend!
280.jpg


Nou moet ek gaan slaap voor ek met myself begin dans.

Afstand vir die dag: 374km. Good Night!
286.jpg
 
Hy is terug!!!  :thumleft:

Slaap nou klaar Daan - ons wil lees.

(Jy het wraggies 'n potsierlike tentjie)  :ricky:
 
Dankie ou dikkes !  :biggrin:

Ek oornag volgende week op daai pan  8)
 
Ek het nou amper vd stoel afgeval soos ek gelag het - jy se as jy daar afval, dan val jy tot oormore toe!!  :imaposer:

Baie lekker storie om te lees en die kiekies maak 'n mens lus om te gaan ry.

Dankie

Subscribed  :thumleft:

 
Lekker RR.

Ek het 'n  pêl in Vanwyksvlei omgewing, Angora boere. Ek wonder hoe gaan dit met Alie.

Ek hou van jou beskrywing van die versamelaar voël se nes. Dankie ook vir die geskiedenis byvoegsels.  :thumleft: :thumleft:

Gooi maar, want jy probeer nie. jy kan.
 
Dikdaan, jy's 'n hardebaard! Jy mag maar ry, skryf en kiekies neem, o ja, en die nodige neem vir die dehidrasie - ons almal staan tou om te lees & te kyk! Dankie vir jou moeite man! :thumleft:
 
DAG 5 EN 6: VERNEUKPAN VIA KIMBELEY TOT IN CENTURION

Ek het heerlik geslaap tot so 3 uur die oggend. Ek word toe wakker met die vreeslikste geluide. Ek het eers gedog die wegraping is hier! Maak toe maar moed bymekaar en besluit om te gaan kyk. Dis toe 'n veldrot of panmuis wat in die asblik al in die rondte hardloop tussen al die rubbish. Was ek verlig. Laat die drom toe maar platlê en gaan slaap verder.
285.jpg


So paar uur later staan ek op. Die sonsopkoms is iets om te aanskou.
294.jpg


296.jpg


297.jpg


Nou vir 'n koffie of twee, kamp opslaan, bike pak en in die pad val.
300.jpg


308.jpg


Die Karoo is snaaks. Verskil hemelsbreed van plek tot plek. Alles is mooi maar ek gaan met 'n swaar gemoed van Verneukpan af weg. Dis werklik iets om te ervaar. Ek kan my vinger nie plaas op wat dit is nie. Kom ondervind dit self.

On the road again!
309.jpg


310.jpg


311.jpg


314.jpg


Smoke-break. Ek gaan regs. Net voor Van Wyksvlei draai ek links af Copperton se kant toe. Was nog nie in Kenhardt toe nie, maar dis vir 'n volgende trip.
315.jpg


Hierdie groot klippe lê die hele veld vol oppad na die myndorpie, Copperton.
316.jpg


317.jpg


320.jpg


Seker besig om 'n treinspoor te bou................ of die spoor is gesteel?
322.jpg


Net voor Copperton waar die grondpad 'n teerpad word kom ek op hierdie trailertjie af. WTF. Nie eers vasgesluit nie. Niks fout met die trailer nie. Gesluit aan die een kant en oop aan die anderkant. Hoekom staan hy hier? Het iemand sy skoonma vermoor en haar hier kom park? Stadig forseer ek die een kant oop. Leeg! Nou wat nou. Dit moet 'n 'trap" wees! Spring op my bike en daar gaan ek......
325.jpg


326.jpg


Ek mik nou vir Kimberley maar ry verby en deur plekke waar ek nog nooit was nie
328.jpg


332.jpg


329.jpg


Douglas! Lyk my dis 'n wilddog-dorpie as ek die bord so kyk. (regs onder)
334.jpg


Wat het ons hier?
335.jpg


339.jpg


'n Ou sien werklik hoe die riviere bymekaarkom. Die foto doen nie justice nie.
336.jpg


Kimberley. Onthou julle nog vir Long Cecil?
350.jpg


Ek het gekies om te oornag in Kimberley spesifiek om te gaan kyk waar my pa 51 jaar terug op skool was. Voor sy tyd was dit aanvanklik 'n weermagkamp wat toe later deur onder andere, Dr Danie Craven ingerig is as 'n fasiliteit waar veral mense wat fisies gestrem van die 2de wêreld oorlog af teruggekeer het, gerehabiliteer kon word. Die skool, die LOB (Liggaamlike Opvoedingsbrigade) se naam het mettertyd verander na die Elizabeth Conradie Skool wat later verskuif het na die pad wat jou Kaap toe neem. My pa was as kind in die skool omdat hy polio het. Hy was al die jare ook 'n kranige motorfietsryer. Ek was onlangs bevoorreg om sy 1981 Suzuki GS1000G by hom oor te neem met slegs 24,000km op die klok (spotless!  :drif:).

Hier is die ou Diskobolos Poskantoor by die ingang van die basis / skool asook die destydse saal.
347.jpg


348.jpg


Nou moet ek slaapplek kry. Ek moet mooi was vanaand want môre moet ek mooi groet! :ricky:

Protea Hotel Kimberley. Sien ook my laaste pomp........ en haar groot gat.
345.jpg


342.jpg


Vroeg in die pad. Nou net in Pretoria kom. Ek wil sien hoe mense lyk.

BY DIE HUIS.

Ek pak gou die bike af en reël dat die kinders hom was terwyl ek mamma help smarties optel!
355.jpg


Ongelukkig geen smartie fotos nie!

Wat 'n TRIP!  Totale afstand:3,080km. Ek hoop julle het dit geniet! :thumleft: Baie dankie aan al die positiewe terugvoer! Ek waardeer!
 
Daan - jy moet meer ry. Ek geniet jou skryfstyl. Dankie vir die ene...  :thumleft:
 
Baie dankie, ek kon nie wag elke aand om verder te lees nie. Baie mooi fotos en great RR  :thumleft:
 

Latest posts

Top