Lekkerder as Trein ry. Pa en seun se trippie deur Lesotho

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

woody1

Bachelor Dog
Joined
May 21, 2012
Messages
13,493
Reaction score
2,669
Location
Riversdal Weskaap
Bike
Yamaha Super Tenere
Na my en TVB se trein ry trippie was dit nou my en my seun Francois se beurt om die mooi land te verken.
Hierdie keer het ek 'n paar dinge op die lys gehad wat ek wou sien en doen.
1. Gaan ry deur die Tonnel by Van Reenen rigting Ladysmith
2. Gaan wys my seun die Mooi Rivier Waterval
3. Ry weer die grondpad van Nottingham Road na Underberg
4. Gaan foutloos Sani Pas op.
5. Drink 'n koue Maluti biertjie (660 ml) bo op Sani en koop vir hom die Sani Paspoort.
6. Ry via Thaba Tseka tot by Katse dam.
7. Besoek damwal.
8. Ry die westelike pad OM Katse.
9. Gaan wys hom waar Katse se water anderkant Clarens uitloop
10.Kom veilig by die huis aan.
Ek kan se dat ons 1715 km die naweek afgele het met net een MODDER MONSTERTJIE wat 'n Blou Smurfie gehap het... gelukkig niks erenstig nie.....Francois was 'n bietjie styf maar het deurgedruk.  Sal later alles vertel.

Nou al die foto's en video bewerk en dan kan julle begin kyk..
DON't RUSH me.... ek is oud en stadig en moet ook nog more werk !!!! so WAG !!
 
Klink lekker! Sien uit na die pics  :thumleft:
 
Hier is ACTIVE tracks uit die GPS solank.

 

Attachments

  • Home Tunnel Waterval.gdb
    80.9 KB
  • Nottingham Road to Underberg.gdb
    249.8 KB
  • Underberg to Sani to Thaba Tseka.gdb
    158.8 KB
  • Thaba Tsheka to Katse.gdb
    47.1 KB
  • Katse to Ladybrand to Home.gdb
    186.4 KB
dit klink epic, lanklaas so n goeie preview gehoor, ek stook solank vuur vir n pot koffie
 
Right hier gaan ons... gaand die Photobucket ding probeer.
Ek het ook die video van my Drift Kamera gebruik en foto's gemaak, dus as die kwaliteit bietjie vrot is... JAMMER.

Nou ja die naweek plaas toe is nie ons beskore nie.  Die familie het ander verpligtinge en dus moet ons ander planne maak.  Gelukkig is vroulief en skoonma groot maats en kan hulle 4 dae mekaar besig hou (SHOPPING) en vir die pensionvreter oppas.  Ja die klein pensioenvretetjie het ook gelukkig 'n maatjie wat elke vakansie kom kuier, dus is net ek en ou grote... soos sy ma vir Francois noem...vry om bietjie die S10's se litte los te maak.

Dus besluit ons om die Anakees te ruil vir nuwe Karoo T's

0001_zps410003a3.jpg


Na die trippie van 1715 km lyk hulle so..... sjoe hulle lyk bietjie baie GEBRUIK... wonder of hulle baie myle gaan gee ?

063a_zps8bccdf85.jpg


Net gou post om te sien of ek die fotobucket regkry.
 
Ok na die 3de probeerslag lyk dit of ons gaan wen.

Dus vertrek ons Vrydag om 05h00 vanaf Brakpan... ja ons het toestemming gekry om die dorp te verlaat  :ricky: :ricky:

Skiet sommer op die N3 rigting Harrysmith, maar vy Villiers vat ons die R103 via Vrede rigting Warden..... wil mos nie biergeld omsit in tolgeld nie.

Sommer gou gou is ons in Harrysmith... gou volmaak by die Engen en 'n happie by die Wimpy.... maar nou ja nie net is Brakpan se hekke oopgelaat nie, maar lyk my die hele Gauteng en ook Limpopo die Vrystaat en Noordwes.

Dus skiet ons dorp se kant toe en gaan rustig by die Spur aan die ander kant van die dorp eet en petrol ingooi..... ons is mos gewoond aan die anderkant van die dorp.

0001b_zps4e5d1b15.jpg



Na 'n lekker BREKKIE... beter as Wimpy sinne saal ons weer die vinnige witte en die stadige bloue op en vertrek rigting Van Reenen.  Almal het VERSKRIKLIKE reen voorspel vir ons hele trippie, maar nou ja wat kan ek se..... ek kan maar net my ou vriend Jimmy McDonald in Bloemfontein aanhaal 'Ja Kobus jy is met die goue lepel in die gat gebore..jy skud daai lepel net so bietjie reg en alles verloop vir jou reg'

Nou ja die eerste item op die lysie is die tonnel by Van Reenen rigting Ladysmith.
Daar afgedraai gaan kyk ek of ons BO kan deurskiet, maar na 'n stukkie se ry ...en 'n moerse klipperige afdraande kom ons by 'n hek met 'n groot slot.

001_zps85baee3f.jpg


Terug met die klipperige bultjie op, maar die Yammies stel ons nie terleur nie.

Links af rigting die Pokantoor toring.

003_zps8d2dbfda.jpg


Mooi uitsig, maar nog nie die regte pad nie.

004_zpsb75c948d.jpg


Toe op die regte pad en ek sukkel dat die stadige bloue voor ry dat die DRIFT kamera hom kan afneem

008_zpsd2ac8af2.jpg


Sommer gou gou is ons by die tonnel.

009_zpsa48ef0ca.jpg

010_zps7d28c006.jpg

011_zps61d008c3.jpg

012_zpsb60b8c10.jpg


En toe is ons deur... sjoe maar hy is snotterig en nat daar binne..

013_zps3f33b36b.jpg


Is die witte nie MOOI nie.

015_zps73f67ddc.jpg



Ok die Bloue en ou Grote is ook nie te BAD nie

014_zpsc386e436.jpg



Toe ons daar klaar is ry ek maar weer voor.  Na so 'n rukkie kyk ek om en sien die Bloue is WEG !
Stop, wag so 'n minuut en toe hy nie kom nie draai ek maar om.

DIE MODDER MONSTER HET 'n BLOU SMURFIE GEVANG !!!!

017_zpscd37b9f0.jpg


Gelukkig werk Mr RUMBUKS en ou Groote het genoeg vleis (wit vleis julle weet wat ek bedoel om die val bietjie te absorbeer.

018_zps0f402f50.jpg


Lyk my maar dat my taak is om die gesneuweldes op te tel op elke trippie.

019_zpsfbf90b9f.jpg

019_zpsfbf90b9f.jpg






 
Volgende op die MOET DOEN LYSIE is die Mooi Rivier Waterval.

Op die GPS data wat ek hier bo gelos het sal julle sien dat ek die boer se huis gemerk het waar 'n mens die sleutels kan optel.
Hy is baie vriendelik en vertrou jou sommer met sy bos sleutels... hoop nie iemand vergeet of verloor die sleutels nie en dan kan ander mense nie die mooi waterval van die kant sien nie.  JohnW het 'n ander pad wat blykbaar tot by die waterval kom, maar ons mis mekaar keer op keer.

Vir my is die kant van die boer met die slot op sy hek BAIE MOOI, en met die afgelope week se reen loop hy dat hy bars.

021_zps73ce55bd.jpg


022_zps93299fdf.jpg


023_zps4c1df073.jpg



Terug op die pad na Mooi Rivier dorp gaan ons 'n man en sy vrou op 'n KLR... dink ek... verby.
Toe ons staan en petrol ingooi by die Engen kom hulle ook daar aan.
Gaan gou hallo se en vind uit hulle is Wilddogs van Port Shepstone op die Suidkus en hulle doen Geocaching in die area.... sorry weer julle name vergeet.

Na petrol en groetjies skuif ons na die biltong winkel om bietjie biltong en 'n stukkie rump te koop vir die aandete.

024_zpse5b45670.jpg


Verder op die R103 net verby Rosetta is die MARAKESH Kaas plaas waar ons altyd kaas koop.  Daar gou 'n stukkie bloukaas koop wat vanaand op die rump gaargemaak sal word by die gastehuis in Underberg.

So kuier kuier ons tot in Nottinghamroad waar ons gou 'n DONKER biertjie geniet by die Bierfassel.

Daarna op die grondpad na Himeville.

025_zpsbf9b7dd0.jpg


026_zpsf196d3e2.jpg


027_zps322e6b2c.jpg


Nadat die GPS ons so bietjie 'n draai laat ry het kry ons die laaste 30 km tot by Himeville reen...... ja die goue lepeltjie het so bietjie op die grondpad geskuif dink ek.

Maar geen probleem, die Karoo's klou lekker in die nat en geen oomblik voel ons onveilig nie.

Gou gou nog geld trek in Underberg, bietjie opstok met bier en buns vir die aand en toe na die Cedar Garden B&B in Underberg waar ek gewoonlik slaap.

Ons is al ere gaste daar en word sommer toegelaat om ons kos in die hoof kombuis gaar te maak.

028_zps83bed49b.jpg


Daai aand lekker rump steak met bloukaas, vars buns en suiker mielies.... ook 'n paar biertjies saam met jou groot seun....ai die lewe is goed vir ons.

More gaan ek aan met die trippie op met Sani.  Ek het baie foto's afgetrek van die video om mense wat bang is om Sani aan te vat te laat sien dat hy rof is maar nie onmoontlik nie. Dus maak julle reg vir more se foto trippie Sani OP.

Lekker slaap vir eers.
 
Baie mooi, dit is darem 'n voorreg om nog met ons kinders ons passie uit te leef.  :thumleft:
 
Dit is so Louis. Toe hy klein was wou ek hom elke dag vermoor maar nou is ek baie trots op hom en geniet die ry saam met hom.
 
Baie nice Woody en watse vooreg om dit saam met jou seun te kan doen. :thumleft:

En ja, as ek die glipsie so bekyk wil dit my voorkom die Blou Smurfie was die braavste en het voor gery in die modder,,,,,,,,,, Snow White het seker paddle paddle die agter lyn gecover. :imaposer: :imaposer: :imaposer:
 
Nee Jakkalas. Die vinnige witte was al weer voor anders het ek hom op video kon vang. Sommige ouens kan ry en ander kan hulle neusies krap en nie konsentreer nie. Ha ha
 
Bly om te sien julle het die Anakees by die huis gelos. Self my gat gesien met hule in die modder en nou ry ek net knobblies. Lekker RR.
 
Ok kom ons ry verder en vat julle op dag 2 op met Sani en deur tot by Katse.
Soos ek gister vertel het, het ek baie foto's van Sani vanaf die Drift video kamera afgetrek, net om die ouens wat nog nie daar was te wys wat hulle kan verwag...... maar glo my hy kan verander.  Toe ons in Mei maand die eerste keer daar op is was hy BAIE meer los kllippe as nou.  Ek dink die reen was so bietjie grond tussen die klippe.

Wel ons is vroeg oggend al wakker en kyk gou na ACCUWEATHER.com vir die weer. Sien dat hy van gisteraan tot nou ook al verbeter het. Toe ons uitkyk en son agter die mis sien toe weet ek my ou goue lepeltjie sit in die regte plek vandag.

Soos afgespreek is ons lekker brekkie reg om 07h00. en omdat ons al gisteraand vol gemaak het is dit reguit Himeville en Sani.

Vroeg vroeg is ons aan die begin.

028a_zps6d88665f.jpg


Pad is met stukke lekker nat, maar die KAROO's loop lekker

028b_zps0834bac5.jpg


028c_zpsca1d5781.jpg


028e_zps3ae39ee8.jpg


Kry die manne op hulle fietse... shame seker nie geld vir 'n motorfiets nie ... :imaposer:

028f_zps74021ad1.jpg


Verder op...

028g_zps382a41c2.jpg


En dan bietjie verkeer.... seker so 3 voertuie verbygegaan onderlangs... dis die voordeel van vroeg wegtrek..

028h_zps26352b97.jpg


028k_zpsf4c4fcb8.jpg


Hele paar driffies om deur te gaan.  Volgens my net een wat bietjie sleg is met 'n hoe wal aan die begin.

028l_zps57ae2c26.jpg


Dan natuurlik die foto by die eerste MOOI watervalletjie

029_zps6ee8d4d3.jpg


SA Grenspos

030a_zps056d7cb9.jpg


Nou is ons oppad om die ergste van Sani aan te vat

031b_zpsd4680ce0.jpg


Nog 'n driffie en Francois spat so bietjie water

031c_zps86a8de30.jpg


Dan slaan ek hom dat die water spat.

031d_zpsd70c5bb6.jpg


Moet se oppervlak van pad hier is MOOI

031e_zps923ccfef.jpg


031f_zps096923c7.jpg


031h_zps812457f2.jpg


Die laaste van die verkeer, 'n X-5

031i_zpsc0be4547.jpg


031j_zps72915b62.jpg


031k_zps0150f998.jpg


En nog een driffie

031l_zps9153b5a3.jpg


031m_zps13bc9eb9.jpg


Bietjie meer klippe hoe hoer jy gaan

031n_zpsb24098ad.jpg


031q_zpsc804f149.jpg


031t_zps1c211066.jpg


031u_zps40adcc3b.jpg


032_zps089938bf.jpg


Ek vind dit lekker om bietjie te rus so af en toe op van die switchbacks.... tyd ook om 'n foto of twee te neem.
033_zpsb4d62f43.jpg



Shame iemand het al weer 'n flikkerlig hier moertoe geval

034_zps95930eeb.jpg


Die laaste paar switchbacks is lekker maklik

034a_zps9417ef49.jpg


En dan is ons BO.... gou weer tyd vir foties.

035_zpscf45d333.jpg


036_zps329b0893.jpg


Dan gou jou passpoort laat stempel aan die Lesotho kant en R 30.00 kontant betaal en jy is binne in Lesotho.

Rigting die Lodge vir 'n lekker koue Maluti en koop sommer die SANI PAspoort daar by die fotograaf vir R 50.00.

View vanaf Lodge stoep van waar ons gekom het.

037_zps560315d9.jpg


038_zpsb10ff875.jpg


039_zpsc55ecaa2.jpg


Ok nou nie te lank kuier nie... Katse is nie ver in km nie, maar kan lank vat.... ons het 6 ure gery vanaf hier tot by Katse.  Lekker rustig gery en redelik gestop vir verversings en foties.

Nou nou verder.. :ricky: :ricky:

 
Top