Liewer laat as nooit, my solo Thumper Bêsh

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Bravo!
Dankie vir die lekker lees en mooi foto's.
Ek geniet die manier waarop jy met woorde vermaak vreeslik baie. Sommer saamgery in my fantasie wereld!
 
  Dankie vir die deel.Altyd lekker om deel te wees van jou wegbreke. :thumleft:
 
Dankie manne, bly julle kon saamry maar jammer dis so kort gewees.  Ek hou aan vir myself sê ons kan nie wag totdat ons afgetree het nie voordat ons die dinge doen wat ons geniet.  Op een of ander manier moet daar eenvoudig tyd en geld gemaak word om dit nóu te kan geniet.  Die jare stap aan en mens moet plan maak.

Phillip Flap said:
Bravo!
Dankie vir die lekker lees en mooi foto's.
Ek geniet die manier waarop jy met woorde vermaak vreeslik baie. Sommer saamgery in my fantasie wereld!

Waardeer die kompliment FlipFlap  :biggrin: Jong, Afrikaans kan so lekker gesels, dit pynig my wanneer mense ons taal so verniel met al die Ingilse woorde tussenin.  Engels is pragtig, Afrikaans is pragtig, maar, om Hemelsnaam, hou die twee tog suiwer. Ons is mos nie affie Kaapse Vlakte nie.  :biggrin:
 
Bokveld said:
  Dankie vir die deel.Altyd lekker om deel te wees van jou wegbreke. :thumleft:

Veldtie het my hoeka van die petalje met die ou op die 990 daar op Rooibergpas vertel.  Kon lelik geraak het.  Toe ek daai Montague bordtjie sien toe dink ek dadelik aan Oom Kallie. Ek hoor daar is nou 'n nuwe skoeter daar in die waenhuis?
 
Dorsland, dankie vir die fotos en gesels. Dis mooi en hartseer gelyktydig. Sielskos, op sy beste. Eendag sal ook in daai wereld n draai maak.
Vertel asb watter bande op jou fiets is. Wat dink jy van hulle. ?
 
Dankie NoRush.  Ja, die Karoo, soos so baie dinge en plekke in ons land, gryp mens om die hart en druk hom totdat jy soms nie weet watter kant toe nie.

Ek het CapraX bande voor en agter op, dis die 2de een agter en eerste een voor.  Voor het ek 'n Heidenau Scout gehad.  Baie goeie bande die Heidis, het hulle op my 800s ook gehad, enigste probleem met die agterband is hy loop vierkantig af.  Is baie tevrede met die CapraX bande.  Maar dan moet ek ook bysê, ek jaag nie asof die duiwel op my skouer sit nie.
 
Dorsland said:
Knucklhead said:
how do i get to see the pics.. :deal:

:'(

I can see them, I assume some other guys here too.  I have posted them using Flickr Knucklehead.  Is that not possibly the problem?

i think our firewall at work is the problem, managed to see the pics at home  :thumleft:...did my buddy elandsrider (richard) behave himself at your place on saturday  :lol8:
 
Baie dankie vir die deel. Is dit darm nie snaaks hoe daar altyd iets is wat voorval,nes mens wil gaan ry. Maar na die heengaande van een van my jong werks kollegas, in n motorfiets ongeluk, besef n mens ook weer, jy moet jou prioriteite agter mekaar kry. So ek beplan nou n rit af dundee toe. volgende maand. Die net werk toe terug wat net 3km is, is nie genoeg om kop skoon te maak nie. Daai is fantastiese wereld daai, en ek sal altwee gee om eendag daar te kan ry. Die fotos is n inspirasie, en net deur na hulle te kyk, laat klaar die gedagtes op die wind wegry
 
Knucklhead said:
i think our firewall at work is the problem, managed to see the pics at home  :thumleft:...did my buddy elandsrider (richard) behave himself at your place on saturday  :lol8:

His wife accompanied him so he was forced to behave. And I was impressed he only stole one towel out the guest bathroom. [emoji41][emoji23]
 
MRK Miller said:
Baie dankie vir die deel. Is dit darm nie snaaks hoe daar altyd iets is wat voorval,nes mens wil gaan ry. Maar na die heengaande van een van my jong werks kollegas, in n motorfiets ongeluk, besef n mens ook weer, jy moet jou prioriteite agter mekaar kry. So ek beplan nou n rit af dundee toe. volgende maand. Die net werk toe terug wat net 3km is, is nie genoeg om kop skoon te maak nie. Daai is fantastiese wereld daai, en ek sal altwee gee om eendag daar te kan ry. Die fotos is n inspirasie, en net deur na hulle te kyk, laat klaar die gedagtes op die wind wegry
Nou maak ‘n plan, hier is altyd slaapplek. En jy hoef net een te verkoop. [emoji23][emoji23][emoji23]
 

Latest posts

Top