Liewer laat as nooit, my solo Thumper Bêsh

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Ri said:
Dankie vir die saamry, Dorsland. Pragtige foto's!

Hoop om eendag binnekort te ontmoet! :thumleft:

Ek kuier altyd lekker by die Klaarstroom gastehuis as ek daarlangs moet oorstop. Ek het op my eerste veeldag motorfietsrit daar oorgeslaap, en Sharon en Jeremy was verstom dat ek my eie motorfiets ry - "But you're so little!" :lol8:

Baie sterkte met 'n baie moeilike besluit. Daar is liefde hoër as die blou lug en genade wyer as die Karoovlaktes, wat julle ookal besluit en waarheen julle ookal gaan. Ons dra julle op die hart.

Ou ChrisL het 'n veldtog geloods om 'n kampstorie hier in Oktober te hou.  Ek sal sien of ek die aanslae kan weerstaan, anders kamp ons in Oktober.  Jy kan in die gastehuis bly as jy dit eerder wil doen.  :thumleft:

En baie dankie vir jou mooi woorde ivm die emigreer.  Ek dink dié ding kom tot 'n punt.  Ek gaan êrens oppie forum skryf.  Jou woorde is bemoedigend.
 
Ama ride ride said:
Dankie Dors. Ek het lekker gelees en saamgery. :thumleft:

Jammer as ek jou laat terug verlang ARR, dit gaan seker nooit heeltemal weg nie.
 
Vis Arend said:
Lekker gelees en kiekies gekyk, dankie.  :thumleft: :thumleft:

Ek hoop jou koppie is nou effe skoon.  :biggrin:

Smaak my jy is soos ek,  as Nannie nie saam is nie beplan ek 'n lekker lank trip net om my weer oor drie dae by die huis te kry.    :eek7:

Ek hoef dit seker vir niemand wat op 'n motorfietsforum is te vertel nie, maar daar is niks wat die roet kan wegwaai soos 'n solo trippie tussen êrens en nêrens nie. Trouens, dit kan in 'n bakkie of op 'n fiets wees, maar die ooppad het 'n gewoonte om mens sommer anders na dinge te laat kyk.

My ding loop gewoonlik so: 

Op die dag wat ek moet ry dan is ek druk besig om eers alles op die plaas na te gaan, take uit te deel, seker te maak daar is geen siek vee nie en so aan.  Dan kom ek gewoonlik later weg as wat ek gehoop het. 

Dag 1 kom ek nog agter die kap van die byl, kom eers weg van bekende paaie naby aan die huis.  Eers as ek op redelik onbekende paaie kom dan begin ek ontspan.  Daai aand dan bel ek plaas toe om te hoor of niks onverwags opgeduik het nie.  Gewoonlik is dit goeie nuus en ek slaap rustig.

Dag 2 raak die litte los, die fiets het bietjie stof gekry en my kop raak oop.  Dit raak lekker. 

Dag 3 wil ek my lyf Easy Rider hou en sommer laaaaaaangpad vat oor die horison en die volgende horison en om daai draai en oor daai doerse ver berge. Teen dag 3 dan kan die wêreld maar maak nes hy wil, ek voel 'n veer.

Dag 4 - as ek ooit so lank wegkom - dan begin ek ordentlik sleg raak. Dag 4 is daai Civvy Kak wat die korporaal destyds in die weermag uit jou wou uitjaag, die duiweluitdrywing.

Dag 5 moet ek huistoe anders is daar g'n salf aan my te smeer nie. Dan is ek vir die werkende mens se geledere verlore. Ek sal dan ongeskeerd en vol stof tot in lengte van dae die wêreld kan stukkend toer.  Dan raak ek soos Michnus en Elsabé. Maar eintlik teen Dag 5 sien ek uit om weer op die plaas te wees.
 
Casting from Turd said:
ChrisL - DUSTRIDERS said:
Ou ChrisL

:peepwall:
Ek is jonger as jy :deal: ;)

Jou chassis sekker n bietjie meer gebuig, of hoe?  :imaposer:
Gebreek en gebuig swaer ma ek kan nog vinnig dink.....................................is ook al!! :lol8:
 
Baie dankie vir die deel Dorsland, ons het baie lekker saamgery  :thumleft:

Sulke solo trippies is siels-kos en goed vir die gemoed.
 
varsgedruk uit Dorsland se pen  :deal:

altyd goeie saamry en leesstof.

Dankie vir die deel, ons hoop jy skryf nog honderde verslae oor sulke wegbreektrips  :thumleft:
 
Lem said:
varsgedruk uit Dorsland se pen  :deal:

altyd goeie saamry en leesstof.

Dankie vir die deel, ons hoop jy skryf nog honderde verslae oor sulke wegbreektrips  :thumleft:
In Suid Afrika :deal:

fixed
 
ChrisL - DUSTRIDERS said:
Lem said:
varsgedruk uit Dorsland se pen  :deal:

altyd goeie saamry en leesstof.

Dankie vir die deel, ons hoop jy skryf nog honderde verslae oor sulke wegbreektrips  :thumleft:
In Suid Afrika :deal:

fixed

Dankie Chris  :deal: presies wat ek bedoel
 
Knucklhead said:
how do i get to see the pics.. :deal:

:'(

I can see them, I assume some other guys here too.  I have posted them using Flickr Knucklehead.  Is that not possibly the problem?
 
ChrisL - DUSTRIDERS said:
Ou ChrisL

:peepwall:
Ek is jonger as jy :deal: ;)

Dis slegs by wyse van spreke, nie letterlik nie ou Chris  :imaposer: :peepwall:
 
Casting from Turd said:
Mooi een Johan

Lekker trippie daai  :thumleft:

Lem said:
varsgedruk uit Dorsland se pen  :deal:

altyd goeie saamry en leesstof.

Dankie vir die deel, ons hoop jy skryf nog honderde verslae oor sulke wegbreektrips  :thumleft:

roxenz said:
Dankie Dorsland! Mens kon omtrent die stof en Karoobossies ruik!

Black_Hawk said:
Baie dankie vir die deel Dorsland, ons het baie lekker saamgery  :thumleft:

Sulke solo trippies is siels-kos en goed vir die gemoed.

Dankie kêrels, ek weet dis nie vir almal so nie maar vir my is die RR skryf deel van die trippie.  Ek weet nie, maar as ek langpad vat dan werk my kop op gans 'n ander stasie.  Mens kry tyd om sin van dinge te maak, om goed te oordink, om bietjie iets anders as die alledaags raak te sien. 

Bly julle geniet dit.

[member=6303]Lem[/member], jy raak aan iets waaroor ek op 'n ander fred bietjie wil uitbrei.  Gee kans, ek kou die gedagtes nog bietjie fyn, dan gaan ek hulle herkou, dan sal ek 'n paar gedagtes neerpen.
 
Dankie vir die deel Oubaas Johan.  :pot:

Min dinge so lekker soos kletterpet tyd op jou eie nie.  :thumleft:
 
Dankie vir die deel Dorsland ek het regtig lekker saam gery die karoo is darrem maar spesiaal  :thumleft:
 
Dorsland said:
Knucklhead said:
how do i get to see the pics.. :deal:

:'(

I can see them, I assume some other guys here too.  I have posted them using Flickr Knucklehead.  Is that not possibly the problem?

could be yes  :'(
 
Dorsland said:
Ri said:
Dankie vir die saamry, Dorsland. Pragtige foto's!

Hoop om eendag binnekort te ontmoet! :thumleft:

Ek kuier altyd lekker by die Klaarstroom gastehuis as ek daarlangs moet oorstop. Ek het op my eerste veeldag motorfietsrit daar oorgeslaap, en Sharon en Jeremy was verstom dat ek my eie motorfiets ry - "But you're so little!" :lol8:

Baie sterkte met 'n baie moeilike besluit. Daar is liefde hoër as die blou lug en genade wyer as die Karoovlaktes, wat julle ookal besluit en waarheen julle ookal gaan. Ons dra julle op die hart.

Ou ChrisL het 'n veldtog geloods om 'n kampstorie hier in Oktober te hou.  Ek sal sien of ek die aanslae kan weerstaan, anders kamp ons in Oktober.  Jy kan in die gastehuis bly as jy dit eerder wil doen.  :thumleft:

En baie dankie vir jou mooi woorde ivm die emigreer.  Ek dink dié ding kom tot 'n punt.  Ek gaan êrens oppie forum skryf.  Jou woorde is bemoedigend.

Ek geniet kamp baie, dan kan ek my "fairy lights" uithang. :biggrin:
Ek moet net kyk watter van my opblaasmatrasse is nog heel ::)
 

Latest posts

Top