Like ons julle bikers mos niks.......

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

JacquesM

Race Dog
WD Vendor
Joined
Jan 20, 2007
Messages
2,235
Reaction score
226
Location
Robertson
Bike
Yamaha TW200
Wil ek bietjie vir Fritz gaan wys hoe lyk dit by Val.

Vat ons die klein skoeters en ry eers so by Devon en Greylingstad om. Hy het by Greylingstad grootword-jare spandeer, en was dekades laas daar.

Die hoëveld is mos eintlik mooi in die winter. (Hierdie was in Mei.)
 

Attachments

  • Motorfiets-omgewing 035r.jpg
    Motorfiets-omgewing 035r.jpg
    159.6 KB
  • Motorfiets-omgewing 036r.jpg
    Motorfiets-omgewing 036r.jpg
    112.8 KB
  • Motorfiets-omgewing 049r.jpg
    Motorfiets-omgewing 049r.jpg
    102 KB
  • Motorfiets-omgewing 056r.jpg
    Motorfiets-omgewing 056r.jpg
    158.9 KB
  • Motorfiets-omgewing 029r.jpg
    Motorfiets-omgewing 029r.jpg
    98.1 KB
Nog
 

Attachments

  • Motorfiets-omgewing 060r.jpg
    Motorfiets-omgewing 060r.jpg
    109.7 KB
  • Motorfiets-omgewing 071r.jpg
    Motorfiets-omgewing 071r.jpg
    124.1 KB
  • Motorfiets-omgewing 041r.jpg
    Motorfiets-omgewing 041r.jpg
    158.2 KB
  • Motorfiets-omgewing 042r.jpg
    Motorfiets-omgewing 042r.jpg
    115.2 KB
Ons doen aan by die metropolis van Greylingstad.

Deesdae neem die manne ietwat langer om 'n ontsporing op te ruim.

Die hotel, nou die missipaal, die poskantoor, Standard Bank.
 

Attachments

  • Motorfiets-omgewing 076r.jpg
    Motorfiets-omgewing 076r.jpg
    192.8 KB
  • Motorfiets-omgewing 087r.jpg
    Motorfiets-omgewing 087r.jpg
    118.3 KB
  • Motorfiets-omgewing 080r.jpg
    Motorfiets-omgewing 080r.jpg
    140.6 KB
  • Motorfiets-omgewing 085r.jpg
    Motorfiets-omgewing 085r.jpg
    130.2 KB
  • Motorfiets-omgewing 077r.jpg
    Motorfiets-omgewing 077r.jpg
    203.5 KB
Tussen Greylingstad en Val stop ons om die Vaaldam-Secunda pyplyn te bekyk.

Oorkant die pad is twee koeie in die moeilikheid (eintlik net een, die ander een het reeds die stryd gewonne gegee.) Dit gebeur maar dat hulle nie uit die modder kan kom nie.

Ons draai om en ry 'n paar kilometer terug op soek na die baas van die plaas. Ons gaan in by die hek teen die pad. Erg benoud nader ons die huis. As daai drie boerboele daar uitkom eet hulle ons en die skoetertjies vir brekvis op. Gelukkig bly die hek toe - daar is niks (mense)lewe nie.

By 1023 ken die tannie geen GF M...... by Greylingstad nie. "Wat van Balfour dalk?"

"Ja, maar nie GF nie. Sal JD dalk help?"

"Asseblief mevrou."


'n Paar oproepe later:

"Is dit mevrou M...."

"Ja..????"

"Ag mevrou, my naam is J..... Ek hoop u kan help. Dis 'n langerige storie, maar ek sal probeer kort wees"

"Ja..????"

"Mevrou, ons is op 'n plaas hier naby Greylingstad. Die bordjie sê 'GF M.....'. Hier is twee koeie in die moeilikheid. Hulle sit in die modder vas en kan nie uitkom nie. Een is nog lewendig, maar een is reeds dood. Ken u dalk die mense?"

'Ja, dis my man se broer. Hulle is nie die naweek daar nie, hulle is by die see. Ek sal my man stuur om te gaan plan sien. Ons bly 20 minute se ry van daar. Baie dankie dat jy gebel het, en dat jy bereid was om soveel moeite te doen. Jy weet beeste is baie duur. 'GF' sal jou bel sodra hy terug is. Jou nommer is op my foon."

"Dis 'n plesier, mevrou. Jammer dat ons nie méér kan doen nie. Ons ry met motorfietse, dan is 'n ou se hande maar afgekap."

"WAT??. Ons 'like' julle 'bikers' mos niks. En hier kom julle en doen nogal iets 'greats'. Ek is verbaas!!"

"Ag mevrou, onder die valhelm is ons almal maar gewone mense. U kan ons gerus beter leer ken."

"NeeWat, gee julle net TWEE doppe, dan raak julle mos WILD......!"

"Ag mevrou......"




Die laaste van die kosmos op pad terug.









 

Attachments

  • Motorfiets-omgewing 091r.jpg
    Motorfiets-omgewing 091r.jpg
    209 KB
  • Motorfiets-omgewing 092r.jpg
    Motorfiets-omgewing 092r.jpg
    190.6 KB
  • Motorfiets-omgewing 095r.jpg
    Motorfiets-omgewing 095r.jpg
    147.8 KB
  • Motorfiets-omgewing 098r.jpg
    Motorfiets-omgewing 098r.jpg
    156.4 KB
  • Motorfiets-omgewing 100r.jpg
    Motorfiets-omgewing 100r.jpg
    121.3 KB
Nice little RR!
Ek sien julle probeer ou koeie uit die sloot haal! :imaposer:
 
Just Blip It! said:
Ek sien julle probeer ou koeie uit die sloot haal! :imaposer:

:imaposer:

Dankie vir die RR die storie van die ou koei op die foon;)
 
Mooi RR Thanks Guys. :thumleft: For a long time now, I've been wanting to go ride that part of the country. Must make a plan & go do it.

Moet net a paar honde bymekaar kry dan dit gaan doen
 
Tot hier toe en nie verder nie - nou gaan ek eers twee doppe drink voor ek verders RR's lees!  :biggrin:
Thanks, nice RR!  :thumleft:
 
Just goes to shoqw whatr a misconception most of the platelanders have of bikers. Partly because of ignorance and partly becasue of the stigma of the oldern days. Moral of the story is "dont judge a book by its cover" secondly, us bikers have a long way to go, to get the majority of the public on our side. Keep it up guys & gals
 
Hoe kan die tannie my so beledig.  Dit neem my minstens drie doppe voor ek wild raak.  >:D

Meer hardseer is dit.  Iemand wat so is (soos sy met haar ongeregverdigde vooroordeel) is waarskynlik ook bevooroordeeld teenoor mense wat nie dieselfde kleur as sy is nie, engelse, Nie-afrikaaners, homoseksueles, gautengers en almal wat nie soos sy is nie.  Hoe belaglik. 

Geluk aan JacquesM dat julle so reg opgetree het dat julle dalk net die vrou se kop effe geswaai het.  Doen so voort.

 
Pragtige foto's en interessante inhoud. Mooi ding wat julle gedoen het met die beeste. Sluit aan by die thread oor D/S bikes wat ons eie toekoms opd...r of nie. Meeste mense is so bevooroordeeld teen motorfietse, selfs nou nog, dat ons toekoms werklik in ander se hande is. En hulle hou nie van ons nie.
Kyk net hoe probeer die Rally-organiseerders elke jaar plek kry vir n rally! Die dorpe soek ons nie!
 
Just Blip It! said:
Nice little RR!
Ek sien julle probeer ou koeie uit die sloot haal! :imaposer:

Skerp!  :imaposer:  Hmm....2 doppe dan raak die manne wild  :xxbah:
 
en daar het jul ook jul 67 minute ding gedoen, sommer terwyl jul bike ry
 
Eers na twee doppe ..... :imaposer: Ek dag dan ons almal is klaar "Wild".............. Dogs  :laughing4:
 
Top