Maar net weer 'n Waterberg oggend trippie......

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Duster

Race Dog
Joined
Apr 23, 2010
Messages
1,398
Reaction score
0
Location
Naboomspruit, Limpopo
Bike
Yamaha Super Tenere
Stoffies en ons dogter is vir 2 weke op 'n groeptoer Thailand toe, en natuurlik hoef ek nou nie te vra of ek maar kan vroegoggend in die pad kan val nie! Saterdag oggend 06:10 is ek en die S10 dus al oppad berge toe.

Die trip was 90% teer, maar die ander 10% was nie te versmaai nie.

'n Vriend van my is besig om konstruksie werk te doen op 'n wildsplaas en gesê ek moet die oggend kom ontbyt eet. Die van julle wat Naboom omgewing ken, sal presies weet waar ek gery het oppad plaas toe.

Van Naboom is ek in die donker op die vakansie oorde pad uit tot by die Olifant.  Daar regs gedraai en die paar kms gery tot waar die pad aansluit by die R101.
 

Attachments

  • 2.JPG
    2.JPG
    118.8 KB
  • 3.JPG
    3.JPG
    81.9 KB
  • 1.JPG
    1.JPG
    61 KB
By die R101 (ou pad tussen Naboom en Potties) draai ek links Potties rigting.  Tot dusver het ek so 80-100km/h gery, deels omdat dit so lekker is om die koel oggendlug te voel, maar ook omdat daar gereeld vlakvarke of bokke op daai pad is, veral so vroeg oggend.  My idee was om so aan te ry tot by die Sterkrivier/Doringdraai-dam/Legends afdraai na links waar ek dan sal afdraai na die berge rigting toe.

Ongelukkig het 'n Vito bussie by my verby gevlieg teen die spoed van wit lig. Goed, ek weet almal weet die wit S10's is mos die stadiges van die klomp, maar toe skop my testosteroon in en ek wou maar net kyk hoe vining die bussie gery het, en dit het toe vir ongeveer 25km so aangehou teen ongeveer 180km/h.  Hy was haastig iewers heen.

Afdraai Sterkrivier was te vining op my, en toe kalmeer alles weer en keer terug normal toe.  Die temperatuur was ongeveer 11grade, maar toe ek die passie boontoe deur is, trek die meter af tot by 6grade.  Langs die pad het ek die son heeltyd dopgehou, want ek vrek mos oor 'n sonop en sononder.  Toe dit tyd word, trek ek af en sien sommer 'n trop swart-wit-pense so in die sonop se rigting.
 

Attachments

  • 4.JPG
    4.JPG
    100.4 KB
  • 5.JPG
    5.JPG
    137.2 KB
  • 6.JPG
    6.JPG
    111.4 KB
  • 7.JPG
    7.JPG
    125.3 KB
  • 8.JPG
    8.JPG
    94.9 KB
Da by julle is die koue nie so erg nie, en kan jy lekker vroeg gaan rondry.

Ek vind dat die koue hierdie jaar baie naby my innerlike kom sit. Nou die dag die pad gevat van Hekpoort, Rustenburg toe, oor Olifantsnek dam, Harties om en weer met sateliet pad terug huistoe.

Die koue was so tussen 12 en 14 grade, maar dit bly blerrie koud. Seker ook te doen met die feit dat ek alles teerpad gery het en dus niks "gewerk" het om die ou lyf aan die beweeg te hou nie.

Lekker Duster lekker, om die wiele aan die rol te hou.
 
Verby Doringdraai dam se afdraai, verby Legends se afdraai en nog 'n klein entjie aan, voor die pad grond word, stop ek by die pad wat links afdraai na die plaas toe.  Jan het gesê die pad is effens sanderig, maar rybaar! ???

Ek het net die week my Mitas E07's afgetrek en weer my Michellin Anakee 3's (wat in die garage gelê en wag het na ons Malawi trip) opgesit.  Voor ek dus die grondpaadjie vat, blaas ek gou die bande af, maar kom met 'n skok agter my pressure gauges lê nog in die garage.  Net een genade, blaas af tot ek die voorwiel kan induik met 2 duime, dis nou duimsuig in die hoogste graad.  Ek het dus geen idee wat my banddruk was nie, maar het gedink ek sal maar aanpas tot ek gemaklik voel.

Die pad was toe nie so baie sleg sanderig nie, tot so kilometer voor die erf.  Laat die fotos maar self praat.  Die 2de foto is die pad waarmee ek by die erf ingery het, ongeveer 400m daarvan.
 

Attachments

  • 9.JPG
    9.JPG
    176.7 KB
  • 10.JPG
    10.JPG
    257.1 KB
  • 9.JPG
    9.JPG
    176.7 KB
Jan en sy span was al besig om te werk, en die paar fotos wat ek plaas is maar net om te wys hoe sanderig dit daar is.

Ek en Jan het so rukkie die planne van die huis bespreek en die uitleg spesifiek hoe die eienaar dit wil hê.  Daarna het hy vir ons ontbyt gemaak en lekker koffie gedrink.  Na so 2 ure se kuier het ek weer pad gevat. Dit was nog so 600m se erge sand en toe weer 'n meer matige sand/grondpad tot terug by die teer.
 

Attachments

  • 11.JPG
    11.JPG
    254.2 KB
  • 12.JPG
    12.JPG
    262.9 KB
  • 13.JPG
    13.JPG
    252 KB
  • 14.JPG
    14.JPG
    257.5 KB
  • 15.JPG
    15.JPG
    254.1 KB
Ek was verras oor die manier waarop die Anakees die sand hanteer het, seker omdat ek rerig stadig gery het, en ek het prober om nie te paddle nie, maar effort ingesit om my voete op die pegs te hou.  Het wel nou en dan n voet op die sand gesit vir balans, maar nie om te keer om te val nie.  Dit was eintlik pret gewees.  Terug op die teer het ek maar weer duim gesuig en die pompie so rukkie laat loop om weer harde bande vir die terugry te hê.

Terug huistoe het ek rustig gery en was so 11uur besig om plaveisel te pak om Stoffies te beindruk as sy terug kom oor 'n week.
 

Attachments

  • 17.JPG
    17.JPG
    256.1 KB
  • 18.JPG
    18.JPG
    230.3 KB
  • 19.JPG
    19.JPG
    257.3 KB
  • 20.JPG
    20.JPG
    296.7 KB
  • 21.JPG
    21.JPG
    239.8 KB
Nicobie said:
Da by julle is die koue nie so erg nie, en kan jy lekker vroeg gaan rondry.

Ek vind dat die koue hierdie jaar baie naby my innerlike kom sit. Nou die dag die pad gevat van Hekpoort, Rustenburg toe, oor Olifantsnek dam, Harties om en weer met sateliet pad terug huistoe.

Die koue was so tussen 12 en 14 grade, maar dit bly blerrie koud. Seker ook te doen met die feit dat ek alles teerpad gery het en dus niks "gewerk" het om die ou lyf aan die beweeg te hou nie.

Lekker Duster lekker, om die wiele aan die rol te hou.
My hande was baie koud gewees!! Verder was ek darem gepantser gewees. Die terugry was noemenswaardig warmer gewees.
 
Ek het lekker gelees en gekyk (en gedroom), Duster!

Skryf gerus weer!
 
Kort en lekker!

Die bosveld het 'n spesiale bekoring vir my....

Dankie vir die saamry  :thumleft:
 
Baie meer as net n oggend trippie, dankie vir die deel Duster.
 
Dankie .... Daardie SAND sou my laat sweet het in die koue.
 
T Rex said:
Dankie .... Daardie SAND sou my laat sweet het in die koue.

Ja daai tipe sand is nie ayoba nie  :eek7:
 
Dankie vir die RR en kiekies, lekker sand daai!  :ricky:
 
Top