Magoebas Omgewing 24 uur

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Duster

Race Dog
Joined
Apr 23, 2010
Messages
1,398
Reaction score
0
Location
Naboomspruit, Limpopo
Bike
Yamaha Super Tenere
Ek en Stoffies het Saterdag oggend bietjie tuinwerk gedoen toe ons besluit om Sondag oggend Magoebas toe te ry en sommer daar iewers middagete te eet en dan weer terug voor donker.  Ons was so 13:30 klaar in die tuin toe ek voorstel ons moet sommer vanmiddag ry, dan slaap ons sommer daar iewers oor, dan kan ons meer daar rondry.

Sy was nie baie lus nie, het 3 dae van skool agter die rug met atletiek in die son ens, maar was gewillig (gelukkig.)  15:00 val ons in die pad met net 'n paar skoon kouse ens in die sak en ry met die R101 Potties deur, Polokwane verby op die verbypad, deur die trust gebied wat mens altyd so frustreer, verby Haenerstburg deur Magoebaskloof pas en draai by Magoebaskloof Ruskamp in.

Aandete sommer daar in die restaurant geëet en toe 'n vuurtjie buite gepak vir die atmosfeer.
 

Attachments

  • 4 - Copy.JPG
    4 - Copy.JPG
    124 KB
  • 1 - Copy.JPG
    1 - Copy.JPG
    107.1 KB
Ons het laat eers bed se kant toe gestaan, en toe dit nou rustig raak, hoor ek die dakwaaier het so 'n ongemaklike geluid wat met elke draai geuiter word.  Dit was te warm om die demn ding af te sit, en ek het moeilik geslaap.
Die volgende oggend toe ons opstaan was dit tipiese Magoebas mistige weer.  Die AT het rustig gestaan en wag vir iets om te gebeur en voor ons kon dink om ontbyt te eet, was die mistigheid weg en ons in die pad.
 

Attachments

  • 8 - Copy.JPG
    8 - Copy.JPG
    103.3 KB
  • 10 - Copy.JPG
    10 - Copy.JPG
    129.7 KB
  • 13 - Copy.jpg
    13 - Copy.jpg
    102 KB
Ons het Tzaneen toe gery op die R71 en na die Tzaneen dam se wal toe gery, aangesien ons nog nooit daar was nie.  Daar was niks wat ons getrek het nie, en het 'n baie rustige trip Coach House toe vat vir "high tea"!  Die Agatha pad wat uit Tzaneen soontoe loop is eintlik 'n lekker draaierige teerpad, en dis nice vir so 'n Sondag oggend trip.

Rooibos vir my en koffie vir Stoffies en elkeen 2 muffins met al die trimmings.  (Moes eintlik scones gewees het, as ek my Ingels reg het???) maar die muffins het lekkerder geklink.
 

Attachments

  • 16 - Copy.jpg
    16 - Copy.jpg
    80 KB
  • 17 - Copy.jpg
    17 - Copy.jpg
    50.7 KB
  • 18 - Copy.jpg
    18 - Copy.jpg
    46.2 KB
Ek ken glad nie die paaie in daai omgewing nie en klop sommer die Blackberry se maps op en sien 'n pad wat van Coach house na die R528 (Georges Valley Rd) loop.  Teer of grond?  No cooking clue, maar ons ry soontoe.  Wat 'n aangename verrassing!
Die teer raak so 'n entjie verder toe grondpad en kronkel deur die plantasies tot onder by die teerpad.  Ons het dit omtrent geniet.  Was bietjie verspoel op plekke en ek het so 20 - 40km/h gehou, maar het die afgesonderheid en die bome geniet.  Van Coach House tot by die teerpad was maar net 13km, maar het soos 'n vakansie gevoel.
 

Attachments

  • 20 - Copy.jpg
    20 - Copy.jpg
    110.5 KB
  • 30 - Copy.jpg
    30 - Copy.jpg
    108.8 KB
  • 29 - Copy.jpg
    29 - Copy.jpg
    117.4 KB
  • 28 - Copy.jpg
    28 - Copy.jpg
    103.7 KB
  • 25 - Copy.jpg
    25 - Copy.jpg
    126.3 KB
  • 19 - Copy.jpg
    19 - Copy.jpg
    125 KB
Duster, waar bly julle?  Volgende keer maak plan en slaap oor by ons Cottage en dan doen ons iets saam van daar.  Ek verkies net baie grondpad want dan kan ek by bly.... :ricky:
 
MegaPix said:
Duster, waar bly julle?  Volgende keer maak plan en slaap oor by ons Cottage en dan doen ons iets saam van daar.  Ek verkies net baie grondpad want dan kan ek by bly.... :ricky:

Ons is in Naboom.  Sal beslis so maak, baie dankie.  Nee, daai fiets van jou gaan menige ouens stof in die oë ry op die grondpad.  Het van jou ride report gehou van die naweek.  Het mekaar net gemis in Haenerstburg Sondag.
 
So 8km op die teer draai sien ek weer grondpad wat regs afdraai in die berg in.  Die pad is efeens onbeskof, maar die AT het mos meer guts as ek.  Hou net die stuurwiel in die regte rigting en hou momentum, dan is jy daar waar jy wou wees.  Die landskap wat onder ons oopmaak was baie mooi en die 1ste en 2de rat geryery was als die moeite werd.  Iewers oppad op het ons gestop vir koeldrank en fotos.

Mooi fiets, maar mooier vrou!!! Bike met guts, maar Stoffies het meer.  Dankie Luv, jy is 'n awesome pillion en wonderlike eggenote.
 

Attachments

  • 21 - Copy.jpg
    21 - Copy.jpg
    127 KB
  • 22 - Copy.jpg
    22 - Copy.jpg
    104.7 KB
  • 23 - Copy.jpg
    23 - Copy.jpg
    95.3 KB
Daai grondpad kom uiteindelik by 'n vurk; regs ry jy Magoebaskloof pad toe, en links kom jy by Ebenezer dam uit.  Draai daar links en eindig op die dam-wal op.  Die grondpad is rerig lekker gewees en ons het altwee gesê ons gaan moeilik weer teerpad Tzaneen toe ry.  Daai grondpaaie maak so 'n trip als die moeite werd.

Ons was verstom oor die groot (naweek)huise om die dam.  Dis huge huise!  Kyk op die fotos, so in die agtergrond kan van hulle gesien word.
 

Attachments

  • 31 - Copy.jpg
    31 - Copy.jpg
    80.2 KB
  • 32 - Copy.jpg
    32 - Copy.jpg
    104.3 KB
Op Haenerstburg het ons gestop vir koffie by Minkies toe die eerste reendruppels begin val het.  Geen reenpakke by ons nie, besluit ons dat ons eerder moet ry, anders slaap ons nog 'n nag daar oor.  So 6km oppad Moria se kant toe het 'n biker geval en die mediese en verkeers ouens was reeds daar.  Het gehoor hulle wag vir chopper om hom uit te vlieg.  Oor Polokwane (Pietersburg) het die swartste reenwolk gehang wat ek nog ooit gesien het.  En die weerlig het behoorlik lig gemaak.  Ek was redelik bekommerd, want in sulke weer ry ek nie!!  Ons was gelukkig, die reen het voor ons uitgewyk en by die verbypad waar ons links draai Pta se kant toe het 'n paar groot druppels ons getref en verder het ons droog gery tot in Naboom.

Laat middagete was by Squirrels, so 'n eetplekkie/akkommodasie net buite Potties en 3 uur was ons terug by die huis.

Die lekkerste 24uur wat ons nog die jaar gehad het.  Dankie Stoffies dat jy saam my gery het, en my vertrou met jou lewe.

Lekker slaap en fluit fluit my storie is uit.
 
Eish ek wonder of dit nie een van daai bikers was wat by Iron Crown geeet het nie.  Daai manne soek net spoed en daai pad na Poloplaas is nie altyd vir dit bedoel nie.
 
MegaPix said:
Eish ek wonder of dit nie een van daai bikers was wat by Iron Crown geeet het nie.  Daai manne soek net spoed en daai pad na Poloplaas is nie altyd vir dit bedoel nie.

Jip was ouens op speedbikes, 'n groot groep was daar bymekaar.  Hoop maar die ou is ok.
 
Malibu said:
You two on that AT are just awesome!  Lekker RR!  :thumleft:

Ah Judes, thanx! Everytime I get on that AT and Marietjie swings onboard, its as though life starts to pump through us. And we all know that home is where the heart lies, but when we ride there's only one home!! You know!!!

Regards to M!! (Julle moet kom kuier!)
 
Duster said:
Malibu said:
You two on that AT are just awesome!  Lekker RR!  :thumleft:

Ah Judes, thanx! Everytime I get on that AT and Marietjie swings onboard, its as though life starts to pump through us. And we all know that home is where the heart lies, but when we ride there's only one home!! You know!!!

Regards to M!! (Julle moet kom kuier!)

Julle can nou by ons kom kuier... in die Laeveld!  :)  Die plaas is te lekker!

But yes, we need to do a bushveld trip again... ;D
 
Thanks Duster, dit was nou nice om saam te ry.... :thumleft: :thumleft:

Ek was in my army dae laas in daai omgewing, en het myself
belowe dat ek nog met die bike daar moet uitkom.
 
Dankie vir die deel, sal weer n draai daai kant toe moet maak.
 
Sjoe!! dit is 'n lekker kort RR deur 'n baie mooi deel van die land.
Mooi foto's, dankie vir die saamry :thumleft:
 
Malibu said:
Duster said:
Malibu said:
You two on that AT are just awesome!  Lekker RR!  :thumleft:

Ah Judes, thanx! Everytime I get on that AT and Marietjie swings onboard, its as though life starts to pump through us. And we all know that home is where the heart lies, but when we ride there's only one home!! You know!!!

Regards to M!! (Julle moet kom kuier!)

Julle can nou by ons kom kuier... in die Laeveld!  :)  Die plaas is te lekker!

But yes, we need to do a bushveld trip again... ;D

Ons was Kersfees in Badplaas, maar bikeloos.  Moes by julle kom draai het, maar sal weer 'n plan maak.
 
Lekker saamgery - dankie  :thumleft:

Daardie vinnige besluite om te ry en erens oor te slaap is altyd die lekkerste memories  :biggrin:
 
Ja dankie JMOL.  Dis so.  Daai beplande trippe is niks mee fout nie, maar daar duik altyd iets op waarmee jy 'n plan wil maak.  As jy so vinnig besluit en daar duik probleme op, dan hanteer jy dit in die trip, baie makliker.
 
Top