Middel Winter Tankwa Nagrit

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Flatout

Race Dog
Joined
Oct 24, 2010
Messages
1,236
Reaction score
0
Location
Cape Town
Bike
Honda TransAlp XL700V
Koue skrik die meeste mense af en dié jaar se nagrit het maar min dapperes, of sal ek liewer sê malles, getrek. Saterdagoggend toe my wekker afgaan kry ek eers ’n kits-selfbejammerings-aanval maar as jy lank laas gery het oorwin jy sommer gou- gou die pieperigheid. Dis nat en mistig maar ek jaag so vinnig Du Vlei Padstal toe dat my fiets silwerskoon waai van die spoed terwyl Dustmite maar redelik vuilerig daar arriveer.  :ricky:



Terwyl ons wag eet ek bewend iets vir energie en na die tweede koppie koffie is ek weer reg vir die pad.



By Gouda stop ons by Vaalbaas se slaghuis om die voorraad op te tel. Weet nie wat hy teen sy bure gehad het nie maar hulle het gevlug.



Hierna moet ons maar aanstoot om die pompe by Op die Berg oop te vang, het dit ook net-net gemaak. Hier vlieg Monkeyboy deur Katbakkies. Sy bike kan dit vat en hy raak so begeesterd, dat hy op ’n stadium ’n Kaapse-draai so ’n paar meter deur die veld gaan vat.







Na ’n lekker braai en ’n paar “shots” by die Tankwa Padstal ry ons deur plaas toe waar die bevoorregtes in die geboue intrek en ons ander moet tent opslaan. Ek steek my kleim af op ’n stuk dorre aarde maar voel onmiddellik tuis.




Hier staan Monkeyboy en straal van tevredenheid oor sy villa. Moet darem net hier sê dat dit die eerste keer is wat ek nog ’n onderwyser op Wilddogs raakloop en hou onmiddellik van hom.




Ons word almal op gekommandeer deur Riebeeker om te gaan hout maak en omdat hy soos gewoonlik die oormag aan sy kant het moet ons maar heel gedweë inval. Boy-friend moet beïndruk en hy saag soos ’n masjien terwyl ons ander maar takkies optel vir die “show”.






Na swaar reën loop dié rivier verwoed maar verander weer binne dae in ’n droë sandrivier. Daar is baie jakkalse in die omgewing en hulle getjank klink elke nou en dan op.



Ek en Monkeyboy maak reg vir die nagrit.






Êrens in die middel van nêrens stop ons om na die maan te kyk wat glo baie naby aan die aarde is. Dis doodstil buite en die feit dat daar nie wind waai nie maak die koue baie meer draaglik. My flitslig op die kamera werk nie so goed nie en ek skep ’n onbewuste komposisie van MB se voorwiel en my Wilddog Poot.




Monkeyboy ( ’n afstammeling van die Tommies so glo ek) kyk onrustig rond in die donker toe hy seker besef hy’s nou stoksiel alleen saam met ’n boer op die slagveld langs die Ongeluks rivier!    :eek:





Daar is tot laat in die nag verder gekuier en Riebeeker en sy vrou het gesorg dat niemand honger gaan slaap nie. Die nag was daar heelwat saagmasjiene in aksie maar ons het vroegtydig voorsorg getref en die tente staan vêr van mekaar af.





Die volgende môre vat dit meer as een koppie koffie om almal uit die kooi en ontdooi te kry. Kyk hoe staan die ou spul soos soutpilare en staar.





Monkeboy ontwaak die volgende oggend as Vladimir Vostock die geheime agent vir Duitsland, nou weet julle waar die HP vandaan kom.  :imaposer:



Op die nagrit is ek amper deur dié moddergat uit gevang.






Die Misterieuse huisie van Herman die Hermiet. Wonder of hy familie is van ons Herman?




As jy hier bly het jy nie bure om jou mal te maak nie, al kyk jy deur die venster.




As ’n vlieënde piering hier moet land sal hulle seker dink hulle kompas peilings was uit en dat hulle nou weer op Mars geland het.



Hier eet ek en die ander lekker ontbyt.





Ek , Andy660 en Dustmite besluit om met ’n ompad huis toe te ry en beland op die Bo-Wadrif pad deur die berge. Dis mooi wêreld die en ons verkyk ons aan alles. Die pad is egter baie sleg en die Transalp bokspring die hele pad vol. Terwyl ek nog ’n hek oopmaak neem ek die foto’s van eers Andy en dan Dustmite op sy getroue KLR wat verby ry.





My ou Cheapy kan nie eintlik aksie foto’s neem nie maar dit help nie om iets te sê nie, as die twee Dakar-ryers my sien dan jaag hulle!







In die Karoo hou ’n plek waar water is altyd vir my ’n spesiale bekoring in en ek neem so ’n paar foto’s.








’n Transalp foto vir die aanhangers.



Net voor Bizaans-Gat ry ons verby die skape. Hierna is dit flat out tot by die Bush Pub in Bainskloof waar ons iets drink en eet voordat ons druipstert huis toe ry.
Soos altyd iets om te koester en nooit te vergeet nie. Dankie aan almal wat daar was en veral vir Herman wat die inisiatief neem om sulke lekker goed te reël, jy’s ’n regte Yster!

 
Top