MMC 2010 Reunie loop skeef......

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Hi almal.  Dankie vir al die wense, ek gee dit deur aan Koos.  Ek het gisteraand met hom gepraat, is is maar heavy gedose met die muti, en dit hou hom aan die slaap.  Hy is darem by die huis en is tot 18 Augustus afgeboek.  Sy regterhand se 3 buite vingers is gespalk en hy het reeds fisio en arbeidsterapie gehad.

Hy is positief oor sy herstel en kan nie wag om sy bike te sien nie.  Die bike staan in sy garage, maar hy het nie die krag om buite toe te loop om te gaan kyk nie.  Hy word te gou moeg en duiselig.

Almal wat hier rondry moet maar op die uitkyk wees vir varke, hulle staan reg langs die pad, en jy sien hom nie.  Maar moet nie ophou ry nie, dis die avontuur!!


Groete

Duster
 
Eintelik het baie hier gebeur. 'n Groot vark, volgens die tande. Van die foto's lyk dit of die bike beter afgekom het as die vark. Almal wat hierdie petalje volg het 'n les geleer. Koos het en is besig om aan te sterk alleenlik deur die ganade van onse Here. Hierdie reis was in goeie motief en tog was daar die toets waarmee ons moet deel. Ons bid vir beskerming aan al die Bikers op die pad. Groete.
 
Hi almal, net bietjie terugvoer.  Koos sterk baie goed aan.  Hy gaan vandag die ortopeed sien tov sy vingers, en sal ook vandag met die versekering konsulteer oor sy fiets, maar die vermoede bly dat hulle hom gaan afskryf.

GS1200, jy's reg,daar het baie meer as net 'n ongeluk gebeur.  Ons het voor ons gery het, soos altyd, eers gebid en gevra dat Hy ons sal beskerm op ons trip.  Na die ongeluk, soos mens is, vra ons hoekom het God dit toegelaat?  Maar waar daar een of meer bymekaar is......!  Daar is soveel geleer uit die voorval.  God het Koos beskerm, dit kon baie erger gewees het.  Ons het weereens gesien hoe belangrik ATGATT is.  Kan nie meer sonder dit ry nie.  Dit het waarlik ons en ons gesinne nader aan mekaar gebring, want skielik besef ons dat dit enige een van ons kon gewees het; en dit kon erger gewees het.

Ek gee later weer terugvoer oor Koos se vordering, en dankie vir elke gebed en gedagte.  Dit word opreg waardeer.

Groete

Duster  :thumleft:
 
Life is and always will be full of challenges.
It's how we overcome them and where we find our strength, that matters.

When going through hell, keep going.... :3some:
 
Gaan goed met Koos, nog 2 weke afgeboek vir rus en die ribbes en verwante beserings om te herstel.  Sy bike is afgeskryf, maar hy kry darem ietsie uit die versekering uit.  Het gister met hom gepraat, en hy bedank elke gebed en gedagte.

Bosveld groete

Duster
 
Top