My eie Bray cannonball run

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

subie

Bachelor Dog
Joined
May 20, 2008
Messages
11,313
Reaction score
788
Location
Uitenhage
Bike
Honda XR125L
Uiteindelik gebeur my Bray trippie. Saterdag oggend so 06H30 weg by die huis en ry teerpad tot in Koster.
Daar gooi ek petrol in en dra n ekstra 8 liter petrol by want volgende fuel stop is Bray omtrent 380 km.  Ek verwag om kwaai te spook met sand langs die grensdraad pad in die Miga omgewing so dra n bietjie te veel petrol eerder.
Die weer is absoluut perfek,helder sonskyn dag maar tog relatief koel met n ligte windjie.  Toestande is so great ek sweet omtrent nie eers op die hele trip soontoe nie.  Net na Miga begin die sand sommer dadelik, so n kronkelpaadjie waar mens nie kan spoed opbou om bo op die sand te kan ry nie en ploeg ek maar deur.  Niks ernstig maar ek verwag erger kom nog.  Skaars 5 km later eindig die sand en is ook die laaste van enige sand omtrent langs die grensdraad tot by Makgobistad.  Die scenery is pragtig en net n lekker kronkel tweespoor wat enige newbie gemaklik sal kan ry.  Ek sal nie aanbeveel dat n mens jaag op hierdie pad nie.  Nog nooit so baie beeste,donkies,boerbokke gekry op n pad nie.  Pragtige diere.  In die middel erens is n groot dam en dit is seker die aantrekkingskrag vir die seker meer as honderd vee wat ek teekom.  Party plekke het ek gekruip om nie die vee te verwilder nie.  Ek sluit die GBD file hier onder in.  Enigiemand in die area en lus vir n pragtige maklike stuk pad om te ry ,gaan ry die stuk tussen Miga en Makgobistad.  Moet nie dat die eerste 5km jou afskrik nie, dit is nie diep sand nie, net n tipiese sanderige tweespoor pad soos op Mof se plek by Kransgat. Niks ernstig nie.
Ek het my tyd gevat net na Koster waar die grondpad begin (08H30 ) en het by Bray aangekom net na 14H00 .  Lekker relaxed ry met lang stoppe.  O ja op Makgobistad is n groot moderne Sasol petrol stasie en net so op in pad (na grenspos) n netjiese plek vir n koue bier as jy so voel.  Hiervandaan is ek op die Bray pad (D414) tot in Bray.  Ongelukkig is seker n goeie 30km na Makgobistad teerpad (potholes) en dan begin die lekker ry op n lekker grondpad waar jy jou bike kan laat hardloop soos jy wil.  Vir my so rondom 110km/h.
Tapama lodge het ek gekamp (R100) en dit vreeslik geniet.  Ek is maar n introvert maar die locals gee mens nie kans om introvert te wees nie.  Ek het lanklaas in my lewe so baie gelag.  Stormers en die Cheetas het op die groot skerm gewys.  Dit is cheeta wereld en die klomp boere vat hulle rugby ernstig op.  Ek en ander ou het vir Stormers geskree.  Skaars het ek n piep gemaak of n dubbel brandewyn en coke land hier voor my terwyl ek n bier drink.  Nou ek drink al hele paar jaar nie meer hardehout nie maar se maar dankie en begin so versigtig die dop te drink.  Die volgende keer wat ek iets cheer wat die stormers doen land daar nog n dubbel brandewyn en coke voor my terwyl ek nog maar net geproe het aan die eerste een.  Van toe af bly ek tjoepstil en cheer maar vir die cheetas.  Ek is in elkgeval nie n rugby ou nie.  :lol8:  So 21H00  stilletjies weggesluip want die manne laat jou nie sommer ontsnap en gaan slaap.  Weer so 01H00 wakker geword en kon hoor hulle begin nou spoed optel.  Volgende oggend ry ek met ligdag en n lekker ry tot by die huis.
:ricky:
 

Attachments

  • Cannonball F.gdb
    126.6 KB
So paar fotos
 

Attachments

  • DSCN0648.JPG
    DSCN0648.JPG
    130.7 KB
  • DSCN0651.JPG
    DSCN0651.JPG
    127.2 KB
Subie, as jy links gedraai het op daai eerste foto het jy by my ma se plaas verbygery!  :thumleft:

Gooi nog foudies daar.
 
Nog so n paar fotos van die pad en omgewing na Miga.
 

Attachments

  • DSCN0652.JPG
    DSCN0652.JPG
    155 KB
  • DSCN0659.JPG
    DSCN0659.JPG
    189.2 KB
  • DSCN0654.JPG
    DSCN0654.JPG
    170.2 KB
Die grensdraad pad wat ek gery het is pendoring wereld. Het selfs oor n paar bosse gery. Het gedink vandag kry ek n papwiel.
Nog een van die pad.
 

Attachments

  • DSCN0663.JPG
    DSCN0663.JPG
    201.7 KB
Makgobistad grenspos en petrol stasie
 

Attachments

  • DSCN0664.JPG
    DSCN0664.JPG
    163.4 KB
  • DSCN0668.JPG
    DSCN0668.JPG
    101.5 KB
En dan begin die lekker "hardloop" pad Bray toe. :ricky:
 

Attachments

  • DSCN0669.JPG
    DSCN0669.JPG
    183.7 KB
  • DSCN0673.JPG
    DSCN0673.JPG
    167.1 KB
  • DSCN0671.JPG
    DSCN0671.JPG
    143.3 KB
Eks n eensame cowboy...... :imaposer:
By Tapama Lodge. Die plek is baie netjies. Daai hele kampplek  is netjies gevee amper soos hierdie japanese tuine.
 

Attachments

  • DSCN0677.JPG
    DSCN0677.JPG
    182.6 KB
Dexter die vlakvark wat by die bar rondhang
 

Attachments

  • DSCN0686.JPG
    DSCN0686.JPG
    123.9 KB
  • DSCN0689.JPG
    DSCN0689.JPG
    119.6 KB
My padkos. Nie die dop nie.
As ek langpad ry eet ek nie eintlik deur die dag nie. Gewoonlik net n stuk biltong en knipmes in my sak en vat so af en toe sluk water.
 

Attachments

  • DSCN0696.JPG
    DSCN0696.JPG
    137.1 KB
Paar fotos van Tapama Lodge
 

Attachments

  • DSCN0680.JPG
    DSCN0680.JPG
    179.9 KB
  • DSCN0700.JPG
    DSCN0700.JPG
    98 KB
Die kampers se ablusie blok. Baie skoon en netjies.
As jy wil shower met warm water maak jy net self vuur in die donkie  :thumleft:
 

Attachments

  • DSCN0698.JPG
    DSCN0698.JPG
    124.6 KB
By elke kampplek is n braaiplek en firepit met n vrag hout langsaan.
 

Attachments

  • DSCN0699.JPG
    DSCN0699.JPG
    121.5 KB
  • DSCN0715.JPG
    DSCN0715.JPG
    102 KB
Ek het met ligdag reguit in oostelike rigting gery met opkomende son reg in my oe.
Na omtrent 30km het ek besef ek gaan my gat sien want ek kan glad nie die pad sien of diere in of langs die pad.
Gestop en eintlik n great idee gekry. Insulation tape op die helmet en het dit great gewerk.
 

Attachments

  • DSCN0716.JPG
    DSCN0716.JPG
    118.8 KB
Ek het niks water gedrink op die terugtog en myself reg gemaak vir n lekker koue black label quart by die winkeltjie onder Breedtsnek.
Een daar gedrink en bo op Breedtsnek het ek vir Alli met sy lekker XR600 gekry  :thumleft:
 

Attachments

  • DSCN0725.JPG
    DSCN0725.JPG
    148.3 KB
Wel dit was my eie cannonball run
n Lekker  fun stress-lose roete wat ek graag weer sal wil doen. As daar ouens is wat ooit besluit om hom te ry laat my weet ek sal graag saamry.
Iets "sad" waaraan ek  gedink het met hierdie trip hoe unlucky ons was met die vorige trip Tosca toe en Kloes se ongeluk.
Ek het daardie roete uitgewerk en onwetend die ergste stuk pad gekies omtrent. Het reeds toe weggeskram van die Bray pad oor die pad blykbaar baie erg was. Het ons maar die baie makliker Bray pad gevat.
 
Mooi man. Lyk my dit was lekker gewees. Ek is game vir so n trippie saam met jou.
 
Dit was n redelike goedkoop trippie ook gewees.
Petrol                                      R700
Kamp (Tapama)                      R100
Ete 500g Tbone                      R85
Dop 5 biere teen R12.50 elk    R62.50
Black label quart (Breedtsnek) R15

Dankie almal.  Woody my dagboek is oop so enige tyd wanneer iemand die trip wil gaan doen is ek beskikbaar.
 
Dit lyk my na n leka tripi wat jy gedoen het, maak mens net lus
 

Latest posts

Top