Dorsland said:Tom van Brits said:Wil iemand my nie kom aflos op Gough nie dan kan ek ook gaan ry! :deal:
Ek skoon blou :snorting:
Ai ou Tom, hoe lank nog?
Dorsland said:Hel Tom, is al die skofte so lank? Dis 'n lang tyd jong. Jy gaan bietjie moet aanpas by die veranderinge in ons ou landjie.
2StrokeDan said:Baie mooi Dorsland, daai XT-Z ook!
Daardie Populierbome is vir my na aan die hart, toe ons klein seuns was het ons dikwels, baie dikwels, by my Oupa en Ouma op Wellington stasie gaan kuier.
Daar agter hul huis in Stokeryweg, tussen huis en stasie, was so n klein bos populiere, wel daai jare het dit soos n oerwoud gevoel.
Ek onthou dat my Oupa iets gese het van die Populiere wat ingevoer is en onder andere deur Lion matches geoes is vir die maak van vuurhoutjies. Weet iemand iets hiervan?
Bliknêrs said:Hi DL ek bet self daardie paadjie gery op Saterdag, die populiere was besonders die tyd van die jaar , op een plek was hulle beide kante van die pad en ry jy tussen hulle deur.
Ek het nogal uitgekyk vir n XT terwyl ek so ry. Die wereld is pragtig by jou, dis lekker om windpompe te sien loop en water by die pype te sien uitkom. Ek het by 2 sement damme gestop en beide was vol. As ek nie hier gelees het van die droogte wat julle gehad het nie sou ek jaloers gewees het!
the ruffian said:Dorsland
Love your post, and those pics, especially the two of Kompassberg, which I have climbed several times in the last 3 or 4 decades, and which I travelled to ( yes even up on to the final vlakte ) on my old R90/6 in the nineties. Your pics reminded me of my promise to myself to go up there this winter on my DR 650...
Thanks for your inspiring report!
MickeyT said:Jis - n paar mooi shots wat jy daar geneem het! Daar is darem niks wat kom soos daardie reuk van n vroeë-oggend Populierbos nie!
2StrokeDan said:Baie mooi Dorsland, daai XT-Z ook!
Daardie Populierbome is vir my na aan die hart, toe ons klein seuns was het ons dikwels, baie dikwels, by my Oupa en Ouma op Wellington stasie gaan kuier.
Daar agter hul huis in Stokeryweg, tussen huis en stasie, was so n klein bos populiere, wel daai jare het dit soos n oerwoud gevoel.
Ek onthou dat my Oupa iets gese het van die Populiere wat ingevoer is en onder andere deur Lion matches geoes is vir die maak van vuurhoutjies. Weet iemand iets hiervan?
2StrokeDan said:My Pa is nou al sandkooi toe so ek kan hom nie meer invra nie.