Dorsland
Bachelor Dog
- Joined
- Apr 15, 2012
- Messages
- 13,056
- Reaction score
- 5,474
- Location
- Nie van hier nie
- Bike
- Honda CRF 300L
I did another short ride yesterday morning, average speed according to the GPS was 48km/h. [emoji33]
Eenmaal 'n jaar het ons boerevereniging 'n Boere Rally. Dan kom ons met die Bushlanders, die TW200s, die AG175 tweeslag, en ander plaasfietse by Nieu Bethesda se tennisklub bymekaar, slaap die Vrydagaand daar oor en ry die Saterdag dan 'n roete verby 'n boer se plaas waar ons ontbyt of middagete geniet. Die Saterdagaand is groot braai en oorslaap by die tennisklub. Groot pret.Bliknêrs said:Ek ry deesdae al die grondpad met my Bushlandertjie want my VStrom is gepolish om te verkoop. Ek geniet dit baie meer.
Ek was al tot in die Cederberge saammet manne op baie groter bikes en niemand hoef te lank vir my te wag nie. En hulle is lief om te wil bikes uitruil om te voel hoe ry die 200 tjie as dit by dik sand of modder kom! Ek ruil weer graag as dit by die teer paaie kom.
Sodra myVStrom verkoop is gaan ek begin soek vir n XR 650L of n XT660R
My speedo kabel het die gees gegee maar hy loop lekker teen so 90. Op die groot pad is dit erg want tot die lorries kom van agter af verby, maar op die grondpad is dit n lekker spoed. As ek hom druk gaan hy oor 110 maar dis bietjie te veel gevra om dit vol te hou.Dorsland said:Neewat, ek geniet die foto's. Hoe vinnig ry jy met hom ooppad?
Dorsland said:Some pix from that ride.
Dis 'n Givi wat ek eendag in 'n motorfietswinkel op George raakgeloop het. Hy is baie aanpasbaar, het hom op my 800GSA ook gebruik. Toe ek die Yammie koop kry ek 'n ander tipe Givi by, dié een wat met 'n ring om die brandstoftenk se deksel pas. Hy is lekker maar lyk vir my soos 'n puisie op 'n mooi meisie se wang.wine_dan said:Dorsland said:Some pix from that ride.
Hi Dorsland, watter tankbag is dit wat jy op die fiets het?
Sent from my iPhone using Tapatalk