Ompad na Vredenburg - 2 dag trippie

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Steeks

Pack Dog
WD Supporter
Joined
Nov 30, 2016
Messages
270
Reaction score
68
Location
Stellenbosch
Bike
BMW (all models)
Dag manne,

My vrou en kinders het by skoonma gaan kuier vir die week en die plan was dat ek deur gaan Saterdag - great verskoning vir 'n lang ompad weskus toe  8)

Saterdag oggend vroeg uit Brackenfell, Bainskloof oor Ceres toe, daar gestop vir 'n koffie en toe deurgestoot Gydo Pas toe. Pragtige view van bo af, maar teen daai tyd was ek reg vir bietjie stof en, al is die grond deel nie baie nie, is Middelberg pas 'n baie lekker stukkie pad en 'n goeie alternatief Citrusdal toe.

Citrusdal op 'n Saterdag oggend is wild, net gestop vir petrol en toe koes koes met die hoofpad uitgery Clanwilliam toe - heerlike lang stuk grondpad al langs die Olifants rivier af, verby die dam tot in die dorp. Daar wemel dit ook en stop toe oppad uit by 'n vulstasie en praat met 'n paar ander manne op blink fietse..

Trug op die N7 vir 'n kort entjie teer en kies to koers regs by die "Paleisheuwel" bordjie. Aarde maar is dit nou 'n pragtige stuk pad - river en kloof vir 'n lang stuk tot dit later oopmaak en lang draaie maak deur 'n paar plase. Ry jy die pad uit, kom jy by die "dirt highway" R365 uit - breed en reguit.. Hom gevat al die pad tot by Het Kruis en daar regs vir 'n klein stukkie teer.

Net voor die brug weer links op grond oppad Banghoek toe. Rustige stukkie stof totdat hy begin klim op na die reservaat - daar verander die plantegroei en kan jy die agterwiel bietjie rond gooi om die draaie  ;) Ek het 'n paar spore gesien  en toe ek by die R399 T aankom sien ek 'n hele gesin dirtbikes wat ook Velddrif se kant toe draai. Toe is dit maar rustig trug sit en oopmaak Vredenburg toe Via Velddrif. Lang jare trug het daai einste pad my bobber amper uitmekaar geskud, maar daar was duidelik baie werk gedoen van daai tyd af..

Volgende oggend 'n vinnige stop by Paternoster en toe (sanderige) grond pad om trug Vredenburg to vir petrol. Van daar 'n lang stukkie teer tot buite Hopefield en toe regs by die Malmesbury bord - Darling toe!

Van daar is dit tyd vir die laaste stuk grond van die trip - +- 30km se spoorweg dienspad reg deur tot by Riverlands langs die N7. Al wat na dit oor was, was trug sit op die teer huis toe en planne maak vir die volgende trip  ;D

Alles saam was dit so 650km en kan seker in een dag ook gedoen word, maar het goed gewerk vir twee dae.



 

Attachments

  • Bainskloof 1.jpg
    Bainskloof 1.jpg
    264.5 KB
  • Ceres 2.jpg
    Ceres 2.jpg
    228.8 KB
  • Gydo pas.jpg
    Gydo pas.jpg
    247.3 KB
  • Middelberg pas.jpg
    Middelberg pas.jpg
    275 KB
  • Citrusdal - Clanwilliam.jpg
    Citrusdal - Clanwilliam.jpg
    285.2 KB
  • R365.jpg
    R365.jpg
    236.9 KB
  • Paternoster.jpg
    Paternoster.jpg
    269.9 KB
  • Heopefield - Darling 2.jpg
    Heopefield - Darling 2.jpg
    234 KB
  • Spoorlyn dienspad - Darling.jpg
    Spoorlyn dienspad - Darling.jpg
    284.5 KB
Jy Sondag my verby gegaan oppad uit Hopefield. Teen die bult op net voor die wind turbines. Was in die Isuzu oppad terug van naweek kamp in Tietiesbaai.

JourneySA said:
Van daar is dit tyd vir die laaste stuk grond van die trip - +- 30km se spoorweg dienspad reg deur tot by Riverlands langs die N7. Al wat na dit oor was, was trug sit op die teer huis toe en planne maak vir die volgende trip  ;D

Deel asb hierdie roete. Soek al lank n grondpad van Darling terug huistoe. Het al gehoor van hierdie spoorwegpad, maar kon nog nooit iemand kry om dit te bevestig nie.
 
Haboob  - lekker man!

van Darling se kant af - by die stasie kruising verby 'n paar spoorweg huisies en dan oor die spoor. golfbaan aan jou regterkant. volg die twee spoor al langs die spoorweg tot by mamre stasie, oor die pad en voort met die dienspad tot by Riverlands. Jy kruis die spoor 'n paar keer. lekker pad  - bietjie gruis elke nou en dan en 'n paar sneaky draaie ( iemand in die groep wat my die pad gewys het het daai dag grond gekoop).

Van N7 - Riverlands / Chatsworth turnoff - in die dorpie / community  - oor die spoor tot op die dienspad - reg deur tot in Darling.
 

Attachments

  • darling entry view.jpg
    darling entry view.jpg
    270.6 KB
  • darling entry plan.jpg
    darling entry plan.jpg
    320.7 KB
  • riverlands entry view.jpg
    riverlands entry view.jpg
    232 KB
  • riverlands entry plan.jpg
    riverlands entry plan.jpg
    298.5 KB
Dankie  :thumleft:

Dink ek moet hom sommer hierdie naweek gaan try.
 
Top