Ons het lekker warm gekry in die Klein Karoo; Tankwa en Cederberge...

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

XRRX

Race Dog
WD Supporter
Joined
Jun 15, 2014
Messages
2,724
Reaction score
493
Bike
Honda CRF-1000L Africa Twin
Ek en my seun het verlede Don besluit dis nou tyd vir 'n "kop-skoonmaak"!
Die voël sal seker binne enkele weke of selfs dae die nes verlaat om die grootmens-wêreld te betree :(, dus het ek besluit om 'n goeie "bonding time" vir oulaas te probeer inkry.)

Hy het nog bitter min vêr getoer met die bikes, so die idee was om hom 'n paar landmerke in die "ADV wêreld" te wys, die roete redelik interessant te probeer hou vir hom op die CRF sonder om die "ou man" te veel groot oë te besorg op ou "Dikkes"...

Ou "Dikkes" die GS, moes natuurlik pak-donkie wees - met 'n 10l jerry can - in die Topbox en al die kamp toerusting... :patch: (Daai CRF se tenkie is mos die size net na 'n Weed eater!)

Geen beplanning behalwe om een aand by Cederberg Oasis te oornag, en ook geen vooruit besprekings nie!
Proviant: 1 x Bottel Klipdrif Premium; 2 x liters Coke, 1 x Maxi pack Mini Cheddars en 4 x Energy bars; 1 x pak Peaunts&Raisins en 4 x Biere ... Da gat ons!! ...Vrydag middag redelik laat!

Mikpunt was Laingsburg - maar wil nie innie dorp slaap nie!! Op die 1ste grondpad - Mount Hope - gaan sy rugsak oop en verloor ons Mini cheddars! ::)
Seweweekspoort was soos altyd baie mooi, en toe daai lang gravel-highway Laingsburg toe te vervelig raak, besluit ek om die Rouxpos loop te vat - en daar kom ons op 'n lekker plek af: Ons Karoo Plaas! Moese lekker kampplek; great Bar; gasvrye mense, billike pryse en baie skoon geriewe... .. en ons slaap sommer tussen die 2 x bikes op lekker groen Kukuyu!!

Hulle sien my dv weer!!
 

Attachments

  • 20220201_151340.jpg
    20220201_151340.jpg
    578.3 KB
  • 20220201_145334.jpg
    20220201_145334.jpg
    308 KB
  • 20220201_151241.jpg
    20220201_151241.jpg
    173.2 KB
  • 20220131_192635.jpg
    20220131_192635.jpg
    239.6 KB
Nag 1 en Dag 2 se oggend...
 

Attachments

  • 20220131_191456.jpg
    20220131_191456.jpg
    606.2 KB
  • 20220131_191528.jpg
    20220131_191528.jpg
    458.6 KB
  • 20220131_191606.jpg
    20220131_191606.jpg
    225 KB
  • 20220201_151510.jpg
    20220201_151510.jpg
    213.7 KB
Op Dag 2 was my enigste beplanning om hom Floriskraal dam te wys en bietjie te vertel van die hartseer gebeure hier in 1981 - die laaste rusplek van ongeveer 70 mense! :(. Dan moes ons dringend kos kry - die vorige aand se rolletjie wors en Peanuts&Raisins lê nou vêr! Ook wou ek hom Lord Milner Hotel in Matjiesrivier wys, en dan is dit oppad Cederberge toe, natuurlik via Tankwa Padstal en Katbakkiespas.
 

Attachments

  • 20220131_191702.jpg
    20220131_191702.jpg
    611.6 KB
  • 20220129_092004.jpg
    20220129_092004.jpg
    158 KB
  • 20220131_192728.jpg
    20220131_192728.jpg
    762.3 KB
  • 20220201_145524.jpg
    20220201_145524.jpg
    235.1 KB
Nadat ou Johnny vir ons sy normale en baie goeie "ou Ryperd" sang en klavierspel solo gelewer het, was dit die 60km vervelige teer oppad Sutherland toe voordat ons die afdraai Ceres toe gekry het... Dit was kokend warm, en ons het 'n deel van ongeveer 20km gekry wat erg verspoel is, soos ons later verneem het deur 'n onlangse wolkbreuk. Die CRF was natuurlik in sy element hier, en die GS het hard gewerk onder die vrag - ek is later berispe deur die jongeling dat ek te vinnig ry - is glo te veel innie lug... :patch:

En so ontdek ons toe Cape X vir die 1ste keer - wat 'n aangename verassing!! Na 'n koue enetjie gee die dame nog vir ons 'n bederfie ook - 'n gevriesde lappie wat jy op jou kop onder die helmet plaas - wow - werk soos 'n bom vir 5-7 minute...
 

Attachments

  • 20220131_191845.jpg
    20220131_191845.jpg
    374.5 KB
  • 20220131_191806.jpg
    20220131_191806.jpg
    605.2 KB
  • 20220131_191731.jpg
    20220131_191731.jpg
    762.5 KB
Tankwa padstal was gepak met mense!!
'n Groep jong mense wat geld insamel vir kanker-behandeling was daar met ou fodde bikes en scooters. Party goed moet brand-gestoot word, maar op die ou einde is almal met 'n geraas daar weg Cape X toe...

Oppad Katbakkies toe, vat ek toe nog die verkeerde afdraai, ry 15km sand/sinkplaat mengsel tot by Kagga Kamma se hek, net om te hoor ons moet daai 15km weer terug... Baie mooi wêreld darem!! Die hekwag was darem vriendelik, en terwyl ons rus onder die hek se grasdakkie, rook hy toe sommer 'n sigaret saam met ons...
 

Attachments

  • 20220131_191947.jpg
    20220131_191947.jpg
    548.1 KB
  • 20220201_162616.jpg
    20220201_162616.jpg
    685 KB
  • 20220131_192018.jpg
    20220131_192018.jpg
    214.5 KB
  • 20220131_192047.jpg
    20220131_192047.jpg
    210.6 KB
  • 20220201_170802.jpg
    20220201_170802.jpg
    232.4 KB
XRRX said:
Op Dag 2 was my enigste beplanning om hom Floriskraal dam te wys en bietjie te vertel van die hartseer gebeure hier in 1981 - die laaste rusplek van ongeveer 70 mense! :(.

Vertel bietjie meer van dié storie toe.  Ek ken dit nie.
 
Dorsland said:
XRRX said:
Op Dag 2 was my enigste beplanning om hom Floriskraal dam te wys en bietjie te vertel van die hartseer gebeure hier in 1981 - die laaste rusplek van ongeveer 70 mense! :(.

Vertel bietjie meer van dié storie toe.  Ek ken dit nie.

Niemand sal ooit weet hoeveel van die 72 mense nog in die dam lê onder die slik nie...
Sommige lyke is stroom-af sover as Gouritsmond gevind sê hulle... :(
 

Attachments

  • screenshot_2019-08-12_58_laingsburg_die_dag_toe_die_buffels_storm_-_youtube_large.jpg
    screenshot_2019-08-12_58_laingsburg_die_dag_toe_die_buffels_storm_-_youtube_large.jpg
    106.4 KB
Ons arriveer by 'n stampvol Oasis - warm en dors...
Foxtrot 6 vuurhoutjie box was darem nog beskikbaar!

Ons stop sommer die bikes onderkant die Bar en lê daar op die gras en geniet 'n koue een of twee...

Heelwat later na 'n lekker burger&chips gaan slaap die seun - dirt bikes maak 'n man moeg!! Ek kuier eers saam ons interessante bure... ;D voordat ek ook gaan lê en lag vir hul lawwe praaitjies om die kampvuur.
 

Attachments

  • 20220131_192128.jpg
    20220131_192128.jpg
    395.2 KB
  • 20220201_154109.jpg
    20220201_154109.jpg
    754.2 KB
  • 20220201_154252.jpg
    20220201_154252.jpg
    230.4 KB
Lekker trippie. Dink ons het julle gesien by Oasis Saterdag aand. Daai swembad was baie welkom na die warm pad!
 
Bly om te sien hoeveel RR's deesdae uitdop - die forum was lank doodstil!
 
XRRX said:
Dorsland said:
XRRX said:
Op Dag 2 was my enigste beplanning om hom Floriskraal dam te wys en bietjie te vertel van die hartseer gebeure hier in 1981 - die laaste rusplek van ongeveer 70 mense! :(.

Vertel bietjie meer van dié storie toe.  Ek ken dit nie.

Niemand sal ooit weet hoeveel van die 72 mense nog in die dam lê onder die slik nie...
Sommige lyke is stroom-af sover as Gouritsmond gevind sê hulle... :(

O die Laingsburg vloed. Ek het dit nie met Floriskraaldam verbind nie.  Dankie [member=18423]XRRX[/member]  :thumleft:
 
Lyk my julle het 'n baie lekker trippie gehad. Dis die tipe goed wat jou seun (en jy) vir nog lank sal onthou.

Baie dankie vir die deel  :thumleft:
 
Sondag oggend vat ons dit toe maar eers rustig - daar is baie manne wat uitklok, betaal en groot stofwolke maak oppad uit...

Ons drink 'n lekker koffie by die restaurant, betaal ou Gerrard ons skuld, en toe is ons weg, rigting Op die Berg vir brandstof - ons het reeds laag gehardloop, maar kon gelukkig 5l by Gerrard koop...

Na Op die Berg draai ons links op die grond oppad Touwsrivier toe.. Ongelukkig is die laaste 50 of wat km Touwsrivier toe teer. DIe Steers langs die N1 bied welkome Burgers & Chips en lugreëling! My seun laat val per ongeluk sy splinternuwe Carbon Airoh! :eek7: :'( :'( ...nou ja - Shit Happens!

Toe pak ons die grond na Montagu-Ladismith duskant daai natuurreservaat by Bel-Air dam verby. Nogals 'n paar oomblikke gehad: omdat die pad so mooi is laat waai ons, MAAR 'n klomp driwwe is mooo..toe gespoel, en man kom heeltemal te vinnig op hul af! :patch:

DIe laaste 40 of wat km voordat jy by Anysberg se pad aansluit is vars geskraap - lieflike laag dik "marbles" en spoel-slote wat toe gevee is... soms "sports"! ...en 'n arme eensame Volstruis mannetjie wat om de dood nie uit die pad wil kom nie... :( ..arme dier homself flou gehardloop...
 

Attachments

  • 20220131_192207.jpg
    20220131_192207.jpg
    266.5 KB
  • 20220201_154339.jpg
    20220201_154339.jpg
    242.9 KB
  • 20220201_154413.jpg
    20220201_154413.jpg
    316.6 KB
  • 20220201_154529.jpg
    20220201_154529.jpg
    110 KB
  • 20220201_154506.jpg
    20220201_154506.jpg
    186.5 KB
Lekker Roete, dankie vir die deel. :thumleft:
 
Top