Ons trip Natal (KZN bash) toe die naweek.

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

subie

Bachelor Dog
Joined
May 20, 2008
Messages
11,318
Reaction score
790
Location
Uitenhage
Bike
Honda XR125L
Ek en seun sou alleen eers na Geluksburg gery het met bikes op die trailer en daarvandaan net met bikes per grondpad KZN bash toe.
Week voor die tyd besluit vroulief sy gaan ook saam en skielik het ons bagasie groot en complicated geraak :eek7: Nietemin was ek baie bly dat sy saamgaan.
Lekker "drive" afgehad Gburg toe en die plek maklik gekry. Pragtige plekkie wat Draadkar het en lekker kampplek of sommer net vir bietjie wegbreek. George die opsigter het ons sommer gou reg  gehelp. Lekker braai gehad saam met die ander manne wat ook aangekom het.
Volgende oggend is ons so 09H00 daar weg. Ek voor,Michael (seun) in die middel en die vrou agterna met die forester.Ons het Slakkie
se roete wat hy opgesit het gevolg. Die scenery was ongelooflik mooi maar die ry was maar treurig. Kwaai klipperige pad met duisende kronkel draaitjies wat mens heeltyd beperk het tussen 30 - 60 km/h. Ek het seker om en by twintig jaar terug met Paraglider
by Arthur Seat bietjie afgevlieg maar kon niks meer herken nie. Ons het so 15H00 by die bash aangekom en kamp opgeslaan.
Hier het ek vir Laurika ontmoet en wat n verleentheid was dit nie vir my nie. Sopnat gesweet en vuil kom gee sy my sommer n "hello-hug" voor ek kon keer :eek7:
Carrots ook vir die eerste keer ontmoet en was die man n "gentleman" (seker oor hy nou baie mooi BMW ry..:)  :imaposer:
Die aandete was n fancy besigheid met borde,tafels en al die trimmings danksy die moeite van n paar vroue daar. Klomp heerlike verskillende slaaie en tot nagereg ook. Dankie julle almal.
Ons het vroeg gaan slaap maar kon jy hoor die party het goed geloop tot in die oggend ure.
Volgende dag het ons maar bietjie gaan ry met die forester,geswem en lekker ontspan. Saterdag aand was n heelwat stiller besigheid met minder mense.
Ons het Sondag oggend met eerste lig weer terug gery Gburg toe met ander roete ,trailer gehak en was so 18H00 by die huis.
 
1.Ons eerste stop oppad Geluksburg toe
2  3  en 4 Is by Gburg.
Great kampplek :thumleft:
 

Attachments

  • DSCN0488.JPG
    DSCN0488.JPG
    236.8 KB
  • DSCN0489.JPG
    DSCN0489.JPG
    243.5 KB
  • DSCN0492.JPG
    DSCN0492.JPG
    243.2 KB
  • DSCN0484.JPG
    DSCN0484.JPG
    145.6 KB
Het hierdie blink vloere met lang oe gekyk en gewonder hoe gaan ons braai sonder dat kooltjies op die vloer val.
Toe maar n paar bakstene gepak. :ricky:
 

Attachments

  • DSCN0498.JPG
    DSCN0498.JPG
    104.1 KB
  • DSCN0509.JPG
    DSCN0509.JPG
    96.2 KB
Die ander manne het begin aankom.
Zar se tentjie moet seker tel onder klein :imaposer:
 

Attachments

  • DSCN0500.JPG
    DSCN0500.JPG
    178.1 KB
  • DSCN0502.JPG
    DSCN0502.JPG
    195.8 KB
Die braai die aand
My vleis keuse. Sommer gevat wat gelyk het soos skaap tjops maar n pakkie nek per ongeluk ook gegryp.
 

Attachments

  • DSCN0503.JPG
    DSCN0503.JPG
    126.3 KB
  • DSCN0506.JPG
    DSCN0506.JPG
    123.2 KB
Eben en Hoofseun
 

Attachments

  • DSCN0507.JPG
    DSCN0507.JPG
    93.6 KB
Ek en vrou. Ek weet die size verskil is erg  :imaposer:
 

Attachments

  • DSCN0510.JPG
    DSCN0510.JPG
    120.8 KB
ZAR en Daisy
 

Attachments

  • DSCN0512.JPG
    DSCN0512.JPG
    101.9 KB
Ek en George. Ons lyk amper soos broers net ek het al die groceries opgevreet.
 

Attachments

  • DSCN0521.JPG
    DSCN0521.JPG
    80.8 KB
Nice Subie! Was goed om julle te ontmoet! Thanks for coming!

 
Random pics
 

Attachments

  • DSCN0533.JPG
    DSCN0533.JPG
    133.6 KB
  • DSCN0555.JPG
    DSCN0555.JPG
    180.4 KB
  • DSCN0578.JPG
    DSCN0578.JPG
    128.9 KB
  • DSCN0589.JPG
    DSCN0589.JPG
    204.3 KB
Draadkar,Gunda Gunda en Badballie
 

Attachments

  • DSCN0571.JPG
    DSCN0571.JPG
    89 KB
Saterdag aand om die vuur
 

Attachments

  • DSCN0616.JPG
    DSCN0616.JPG
    116.6 KB
  • DSCN0617.JPG
    DSCN0617.JPG
    123.7 KB
Sondag oppad terug kon ek sien Annerine is nie meer lus vir die "adventure" nie :imaposer:

Ek en my seun by ons bikes
 

Attachments

  • DSCN0632.JPG
    DSCN0632.JPG
    125.7 KB
  • DSCN0634.JPG
    DSCN0634.JPG
    165.5 KB
Lekker pics and good meeting you by the fire.......Thanks for coming down.
 
Pragtig Subie, nice om te ontmoet.
Daai laaste foto sal van jou beste herhinneringe ooit wees !!
 
Gids maar dis 'n klomp OU MANNE en MANNINE wat so lekker saamkuier.
Lyk lekker, jammer sommige van ons het 'n werk en kan nie altyd saam kerjakker nie.  :peepwall:
 
woody1 said:
Gids maar dis 'n klomp OU MANNE en MANNINE wat so lekker saamkuier.
Lyk lekker, jammer sommige van ons het 'n werk en kan nie altyd saam kerjakker nie.  :peepwall:

Praat jy nou van ou manne. Dis nogal vir my jammer dat die jongmanne so min is in die adventure biking scene.
Ek het gedink as n buitestaander verby ry sal hy dink dis maar net n groepie mense wat partytjie hou en nie besef dit is n byeenkoms vir bikers nie.
Vroeer jare het jy geweet myle ver weg hier is n bike byeenkoms aan die gang :imaposer:
:ricky:
 
Miskien is dit maar 'n bedekte seen.... ek geniet die BASH cultuur meer as die RALLY kultuur wat ek jare gedoen het.
Darem het ek my seun om saam te ry as ons saam kan afkry by die werk.
 

Latest posts

Top