Ou Pos roete

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

dual

Race Dog
Joined
May 2, 2010
Messages
3,359
Reaction score
928
Location
Hermanus
Bike
BMW R1200GS
Hermanus, Clanwilliam, Biedouw, ou Pos roete, Middelpos, Sutherland, Matjiesfontein, Hermanus

1 054 Km oor drie dae, dis die afstand afgele om weer lekker daar buite te mag wees

Van Vrydag middag tot Sondag laat middag

Die ou Pos roete was lankal in ons vissier

Hier waar die jong vroue-poskantoor werker geloop het om pos af te lewer

Vrydag middag op die nippertjie besluit daar sal saam gegaan word

Vinnig gepak, so vinnig dat die eetgerei uitgelos is

Die res is darem bymekaar, tent, kussingkie, matras, spanners, klere en op die nippertjie 'n klein kombersie, ons gaan moontlik Sutherland toe, mos die koudste plek

Dag een - misie - om so gou as moontlik in die Biedouw vallei te kom





Aandete in Calnwilliam, van hier af in die donker tot by die slaapplek



Dag twee

Lekker vroeg in die pad, die son nog op pad



Hier kom moeilikheid



Darem nie, regs afgedraai, pos roete hier kom ons, die son steek sy kop uit







Windpomp voor die roete regtig begin



Pragtige landskap hier, Tra-tra rivier vallei doer ver



Stop vir 'n blaaskans en skerts, die cage ou spot lekker oor ons ryery, dik sand en baie klippies









Doring rivier wag vir ons, pragtige landskap







Weet nie hoekom die Amerikaners maan toe gegaan het nie, hulle kon net sowel hiernatoe gekom het





Die KLR het nog nie 'n centre stand op nie, ook eintlik nie nodig in hierdie omgewing nie





Nie een van ons ken eintlik die omgewing nie, is dit die crossing waaroor almal so te kere gaan?





Dalk is dit nou die crossing?







Die manne sit en dophou van ‘n hoogte af





Dit was nie te moeilik nie, weer oor die maanlandskap







Ou Kerkie, eens op ‘n tyd het hier mense gewoon







En toe is dit weer die sandmonster se beurt





Einde van die ou pos roete, vervolg……
 
I have done this route on my Transalp and I can say.. respect for taking those bikes over that route, it is an awesome ride .. makes me somma lus to do it again.  :thumleft:
 
Baie nice.  Dit lyk of die 2 rivierkruisings relatief droog was.  Ons is daar deur in September laasjaar, water vir albei op as hoogte.
 
Very nice

Can you send me a GPS attachment for the route.

Would like to do it when I am in the area.
 
Nog!  Nog!  Nog!

EK baie graag ook nog daai roete doen!  Sodra die regerig se ek is reg daarvoor!  :)

Jou foto's is great
 
Great report, Dual.  You always post such great pics!



TJ: Here's a Mapsource file of the route.  Do not fail to stop at Agterfontein farm at the top and pay your respects.
 

Attachments

  • Old Post Road.gdb
    12.1 KB
Dan is dit uiteindelik die Doring rivier waar al die aksie plaasvind

Eers word daar deur die rivier gestap om seker te maak waar en hoe





Dit was nie so erg nie, ons geluk was die watervlak laag gewees

Almal veilig oor die rivier sonder voorval



Cage gesorg vir middagete



En toe is dit weer die maanlandskap oor tot by die R 355









Tussen niks en nerens



Op die R 355, op pad Middelpos toe







Alternatiewe transport



Tankwa



Begin van die Ganaga pas











Middelpos en brandstof







Sal ons hier oorslaap?



Die plaaslike bevolking met die “rooikappie” voggies naby, daar breek ‘n geveg uit tussen die manne en dis skielik die moederstad, almal se Ma’s word tot op die fynste besonderhede genoem, besluit om maar deur te druk Sutherland toe, dit maak die volgende dag se roete korter



Maar eers die eerste cache vir die trippie, ‘n man kan nie so ver kom en die goed net los nie



Donker kom ons op Sutherland aan, slaan kamp op en gaan kyk sterre, braai en eet, maar nou is almal vaak-en-moeg

Volgende oggend laat geslaap, 07:00 uit die slaapsakke, lekker warm volgens die locals, ‘n hele 4 grade gewees, vrek bleddie koud in ‘n tent



Besig om op te pak



Ontbyt voorsien deur die cage manne



Darem ‘n donkie ook in die prentjie kry



Gepak, en reg vir die ry



Ou begraafplaas





Kerk



En lekker vuur by Kerksaal, seker ‘n braai na die Ere-diens, eers bietjie hitte in die lyf kry



Pompe nog toe, eers bande opblaas vir teerpad ry



Word vervolg……..
 
Dag drie, die bene is lekker styf na die vorige dag se sand en klip, opstaan, opkyk en oopmaak, werk op die bene as ‘n man dit nie elke dag doen nie

Besluit om S A L T te besoek (South African Large Telescope), ongelukkig toe op Sondae



Nog ‘n cache, en twee nuwe begeesterdes wat die speletjie ontdek





Die koppie is vol van die teleskope, eers die ou grote, en dan die kleintjies bekyk











Van hier af is dit nou maar huis-toe se kant, maar die pad gaan nie afgejaag word nie, stop by elke cache wat nog nie gevind is nie









Weer terug in die Wes-Kaap







Dan is dit middag ete tyd, Matjiesfontein, ‘n lekker multi cache moet hier gesoek word, dis nou waar daar meer as een leidraad is wat opgesoek moet word, en skielik word dit ‘n ontdekkingstog, goed wat ek nog nie op vorige besoeke in die “dorpie” gesien het nie









En dan die prys



Meneer die “tapmeester”



Die bus gaan nerens heen nie



Geen brandstof hier nie



En dan ‘n laaste cache vir die dag en roete, dit raak nou huistoe-gaan-tyd





Die BMW en cage draai weg Kaap toe, en ons twee Hermanus toe, weereens ‘n lekker trippie



Fluit-fluit, my storie is uit, tot die volgende keer
 
Dusty Rusty said:
Nog!  Nog!  Nog!

EK baie graag ook nog daai roete doen!  Sodra die regerig se ek is reg daarvoor!   :)

Jou foto's is great

bwhahahaha ek dog jys die regering?
 
WOW, baie mooi daar.

Dankie vir die moeite  :thumleft:
 
Top