Ouboet en die nuweling.

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Chrisl

Teelhond
WD Vendor
Joined
Jul 23, 2007
Messages
45,960
Reaction score
9,572
Location
Southern Cape
Bike
BMW R1200GS
Stofdonkie het nou n "lugkop"  R80 saam met sy "oliekop" 1150 GSA. Vrydag moes hy bietjie sy bene rek.
Dis nou die fiets sn :mwink:
Tien kilo's buite Heidelberg oppad na Riversdal waar sy Ma woon sê Ouboet se voorwielbearings ons is nou gatvol!!! :biggrin:
Hy lui my en vra hoe nou?!! Ek gee hom Fertie Biet se nommer in Riversdal. Drie ure na hy die oproep gemaak het is
hy opgetel en sy fiets is klaar!! Mooi Bertie!! :thumleft:

Saterdagoggend kom haal hy n stel wider footpegs by my vir Ouboet. Ek vra kan ek n entjie saamry? Ons zigzag oor Die Vlakte
na Heidelberg gooi petrol en ry deur Slangrivier na Malgas se pont. Ouboet is duidelik in n goeie bui na die nuwe
bearings. Hy sit op my gat!!!! :mwink:

By die pont gekom lê hy verlate aan die oorkant op die wal. Die personeel nie eens in sig.

IMG_0693.jpg


Neewat dan wag ons maar. Ek het AL die tyd in die wêreld. Ek moet net nog Kaap toe ry!!! :biggrin:

IMG_0694.jpg


Ons kou en sluk ietsie bo by die dooielamwinkel op die bult en draai af Ouplaas se kant toe. Ek neem hom verby
al my ou pisplekke van baie jare terug.
Ons sê koebaai by die Sofiasaal 25km anderkant Swellendam. Hy moet nog verby Protem en Riviersonderend.

Ouboet en die nuweling.

IMG_0695.jpg


IMG_0696.jpg


Duidelik is Stofdonkie verlief en ek kan verstaan hoekom. Hoop julle het baie veilige kilo's saam. :deal:
 
Uiteindelik, 'n paar foto's saam met 'n RR! ChrisL jy maak my dag  :thumleft:
 
Footpegs werk goed, dankie. (Skuld ek nie nog geld nie?)


Ja, daai wheel bearing was goed in sy dônner. Maar net twee ure van gaan staan tot verder ry. Dis te gou om as 'n 'break down' te kwalifiseer.  :mwink:   Dankie Bertie.  :thumleft:

Hoe verder ek ry, hoe langer raak die lys van goed wat aandag nodig het ...   :xxbah:
 
Kykdaar said:
:thumleft:

Ek laaik daardie pont. Was December vir die eerste keer op hom gewees.

Lekker bike Stofdonkie.
daai R80 voel 20 keer ligter as my 800GS, is 'n lekker bike :thumleft:
 
Top