Flatout
Race Dog
Soos gebruiklik besluit ek en Lindsay om weer ’n draai te gaan ry tussen Kersfees en Nuwejaar. Ek is lus vir die Baviaanskloof maar die effense hoë watervlakke en Dakar oefen-groepe wat gewoonlik dié tyd van die jaar daar deur jaag laat ons maar besluit op iets rustiger. Net om aan die gang te kom ry ons Sederberge toe. Nadat ons die voorafgaande dae amper dood gebrand het in die Kaap vat ons die minimum klere saam en van reënpakke is daar nie eens sprake nie. Ons beland egter vanaf Ceres tot amper by die Oasis in regte Kaapse reënweer en ek is deurnat toe ons daar arriveer.
In die vallei af Oasis toe trek die weer darem oop.
My blydskap is egter van korte duur want die volgende oomblik begin my motorfiets die mees onaardse geluide maak. Na ’n kits kouekoors aanval kom ek tot stilstand en verwag die ergste. Dit klink soos iets wat besig is om vas te brand in die enjin en ek kry omtrent spastiese rukkings terwyl ek soek vir ’n logiese verklaring vir die ongewenste voorval. En daar kry ek dit! ’n SW-Motech crash bar wat my fiets moet beskerm het sonder rede skoon afgebreek. Daar was nog nooit spanning of enige stamp op dié stukkende plek nie en ek kan dit net toeskryf aan swak sweiswerk wat die staal bros gelaat het. Ek voel verlig want die oplossing is maklik en goedkoop. Draai hom darem met Duc-Tape om die geluid te demp.
Ons gaan stap ’n ent in die droë loop op.
Die Oasis vanaf die kop waar die Tommies ingegrawe was toe hulle nog op ons geskiet het. Die loopgrawe en klipmure is nog sigbaar.
Na ’n paar biere en ’n onderonsie met Olaf Bergh, afgesluit met Chantal se spareribs, slaap ek maar die nag sleg en kry ’n sooibrand waarmee ek my crash bars kon gesweis het. Ai, hoekom haak mens altyd uit as jy die slag vrygelaat word?..............Want jy’s ’n man!
Die volgende dag vat ons die pad Katbakkies oor in die rigting van Laingsburg.
Net na die Rooinekke pas, draai ons op die grondpad af na Ladysmith. Dis skielik weer baie warm en ons drink koeldrank in die klipperige poort. ’n Paar maande gelede met die Springbok Rally het die water nog lekker geloop hier. Nou is alles dor en dit lyk soos regte Cowboy wêreld die. Herinner my aan die weermag dae se indoktrinasie slagspreuk, Dis ’n man se wêreld dié! Lindsay geniet dit egter hier want sy is nou al goed naar gery.
By die Rooiberg Lodge aangekom boek ons in, pak vinnig uit en ek slaan die eerste bier weg soos ’n barbaar.
Die Rooiberg Lodge is ’n pragtige plek wat in ’n puik toestand gehou word. Oral loop bergskilpaaie rond. Hierdie mannetjie het sy bes probeer met die wyfie maar sy was net te groot vir hom. Ai hoekom moet mans oral altyd so sukkel?
Nog so ’n paar foto’s vir die kykerige ouens.
Vandat ek drie jaar gelede met die CABC hier was het die meeste bome maar min gegroei. Hierdie doringboompies aard seker beter hier want hulle het heelwat gevorder in hoogte.
Die chalet waarin ons tuis was.
Lindsay wat self kan motorfiets ry sit en pose net op myne.
Ons besef skielik dat ons ure laas geëet het en kry rigting na die restaurant toe.
Ronel wat ’n boorling van Ladysmith is maar na haar studies eers die gebruiklike draai deur Europa gaan gooi het en toe ook nog vir vyf jaar lank deur Afrika getoer het, is aan die roer van sake hier. Sy doen die besprekings, kook kos en gee my Black Labels op die regte oomblikke aan. Sy’s inderdaad ’n Streetwise Girl wat weet wat om te doen.
Hierdie stoel is spesiaal ontwerp vir ouens wat daarin spesialiseer om hulle doppe om te stamp.
’n Paar foto’s van die binnekant van ons chalet.
Half tien die aand toe is ons al in die bed. Ek wou net insluimer toe ek met piering oë wakker skrik van ’n geraas in die kombuis. In die absolute stilte van die nag klink dit soos ’n reuse dier en ek stap pieperig om te gaan ondersoek instel. Ek kry eers niks nie maar net soos wat ek die lig afskakel dan is die geluide weer daar en ek kry koue rillings teen my ruggraat af. Wat nou? Eers wil ek glo dit spook maar my logiese denke sê nee, dit moet iets wees wat jy kan oplos. So begin ek die deure en laaie een vir een oopmaak. Toe my soektog niks oplewer nie steek ek my kop agter ’n afskorting in die een kas in, net om Kop aan Kop met Manie Muis te bots. Ek wil nog na hom gryp toe spring hy rats verby my en onder die yskas in. Ek is nou mal geskrik en Manie Muis veg nou verwoed vir sy lewe. Daar is nou nie meer ’n kans dat ek hom lewendig by die deur sal uitkry nie. Na meer as ’n uur se gejaag en goed rond skyf kry Manie Muis die doodskoot met my plakkie.
Na dié episode lê ek nog tot middernag wakker en worstel met my skuldgevoelens oor die muis maar nou ja mens moet seker ook slaap en die nag verloop verder sonder voorval.
Die volgende oggend lyk dit pragtig buite maar ek voel nog steeds sleg oor Manie se ontydige dood waar in ek so ’n deurslaggewende rol gespeel het.
Die eienaars van die Lodge, Abie en Jenny.
Na ’n heerlike ontbyt en geselsies ry ek en Lindsay die Rooiberg pas oor. Daar was onlangs ’n donderstorm in die kontrei en die pad is erg verspoel op plekke. Geelslange wat in die pad lê laat my ’n paar keer lelike swaaie uitvoer. Ons haal egter die top heelhuids.
Ons wil net weer ry toe Spyker750 en sy maat Spokie daar stop. Ons maak vinnig kennis en deel ons verdere planne met mekaar. Ek stel voor dat hulle twee maar eerste moet vertrek omdat ek met my bagasie dit maar kalm vat.
Groot is my skok toe ek net ’n minuut later om ’n blinde draai kom en vir Spyker750 verdwaas sien opstaan in die veld. Hy’t wyd gehardloop om die draai en toe die walletjie gevang wat besaai is met klippe. Die skade aan die fiets het oppervlakkig gelyk en Spyker750 kon op daai stadium niks snaaks aan sy lyf voel nie. Gelukkig het hulle ’n ondersteunings voertuig gehad. Spyker750 jy moet laat weet hoe dit gaan.
Ons is so stadig oor die pas dat toe ek onder op die gelykte weer 100km/u ry dit voel of ons die klankgrens gaan breek. Op Calitzdorp drink ons weer iets by die Neverbetter Bar.
Hier is Wessel aan die gesels met Lindsay.
Kan ’n ou wat dit aan sy Kawasaki gedoen het nog lewe?
’n KTM uit my jonger dae. Let op die ketting aan die regter kant.
Vir ’n verandering ’n meisie wat nie wegruk as ek aan haar vat nie, net jammer sy’s so hard en koud!
Net voordat ons weer opsaal, gaan groet ons eers vir Sarie Marais wat sonder petrol gaan staan het op die sypaadjie.
Op Ladysmith besoek ons vir Jan Viljoen. Met sy huis langs die hospitaal en ’n netjiese garage vol gereedskap kan hy seker in ’n noodgeval uithelp as chirurg maar hy werk by die kaasfabriek onder in die dorp. Skielik laat die gedagte aan kaas my weer aan oorlede Manie Muis dink.
Hierna ry ons verder na Koedoeskloof. Dis nou Veldbrand en Debbie se plek vir die wat nog nie weet nie. Wat ’n aangename verrassing, die plek en die gasheer en vrou. Met die aankoms daar sit ChinaPete en sy seun daar en eet. Vind eers na die tyd uit wie dit was.
Hier staan Veldbrand by Lindsay.
Die uitsig vanaf die stoep.
Die man kan nie net ’n KTM ry nie maar is ook baie oorspronklik of vergeet ek nou weer van Debbie?
Hierna ry ons met ’n grondpad in die rigting van Barrydale en neem die mooi plekkies af.
Die wind raak baie sterk van voor af en ons besluit om Tradouwspas deur te ry.
Tussen Riversdal en Caledon waai die stormsterk weste wind ons skoon van die pad af. Nadat my nek by ’n paar geleenthede omtrent afgeruk het draai ek op die grondpad deur Greyton af sodat ons net stadiger kan ry.
Let op die sigbare windstrome in die lug.
Die oostekant van die Theewaterskloof dam.
Ons stop agtuur by die huis, totaal en al uitgeput van die wind, maar geestelik verfris en ek steek sommer dadelik ’n vuur aan terwyl Pantoffel my eerste biertjie skink.
My gekraakte Mitas het toe ook die rit oorleef. Ek sal maar in die nuwe jaar een van die nuwe komposisie bande laat op sit as hulle beskikbaar raak. Tot volgende jaar, voorspoed en sterkte met alles wat julle mag aanpak. :thumleft: ccasion14: