Pieter Willering
Pack Dog
Dit is Saterdagoggend, die 6 de Augustus 05:00 toe ek wakker skrik. O ja ek moet klaarmaak ons gaan Sabie toe. Ons afspraak is om 07:00 by "The Rose" petrolstasie te ontmoet. Die beplanning was maar bietjie deurmekaar in die begin, aangesien ons soveel as moontlik ouens wou akkomodeer, die met die "stadige" bikes soos die Triomfe en dan die vinniger Superfietse ook. Stiptelik 7 uur het die mense al in hulle menigtes begin bymekaar kom, en daar is oor en weer voorgestel en party het sommer gou 'n koffietjie in die koue weggesluk.Verskoon asseblief as ek nie almal kan onthou nie, maar volgens my was die volgende ouens en dames daar: Willie met sy R1, Piet en Corma met sy GSXR en sy met 'n Ford wat nie olie lek nie, (blykbaar bang vir die koue), Joss met sy Kawa Versys, Hendrik en Ronel met hul GS, Herman en Carla met hul 1200 Tenere, Gavin met sy BMW RR, Pieter en Ronel met hul KTM, TT man (Dawid)en sy vrou met hul Tiger, Gideon met sy Tiger (die stadige een), sowel as ST en haar wederhelf met die sleepwa.
Nadat ons bymekaar gekom het, het ons omstreeks 07:30 vertrek na Middelburg Shell Ultra waar ons iets te ete sou kry. 'n Paar van ons het egter besluit om nie te eet nie en was tevrede met 'n " Energy Bar" terwyl ander geroosterde toebroodjies geniet het. Hier het die "Off Road" groep bymekaar gekom en die roete is verduidelik na Badplaas waar ons volgende stop sou wees. Ons het vir WaBez, Piet en 2wh33ls gegroet en in die pad geval na 40 minute se rondstaan, rook ,eet en gesels.
Gideon, Herman (Tracer) en sy vrou Carla
ST en haar wederhelf
Oom Joss in aksie
Pieter KTM kan nie sy oe glo toe hy die mooi GS van nader aanskou nie :2f
Hendrik, Ronel Pieter en Ronel
Ons eie Casinova Mr Gavin 2wh33ls
Hendrik en Pieter KTM se Ronel
Dawid ook bekend as TTman
Ons eie wolhaarstorie koning saam met sy pel Piet en Corma - wat is jy so aggresief teenoor Corma Wille ? (Dis nou alias WaBez)
Gideon saam met Herman en Carla
By Middelburg Shell Ultra
Ons is rigting Carolina na Badplaas. Dit was lekker koud en net voor Badplaas kon mens fisies die koue sien aankom. Ons sou nog 'n groepie ouens op Badplaas ontmoet wat saam ons die grondpad roete wou doen.
Joss in sy Sekuriteits uniform besig om die bikes op te pas.
Ons het by Badplaas vir Cobus, Manief (Manie), Clive, Willie en Richard asook Boetie ontmoet.
Pieter KTM, Gideon, Manie en Cobus
Die twee Ronelle
Groepsfoto van links : Gideon, Richard, Clive, Willie (op sy hurke) Herman, Carla, Cobus, Boetie, PW TTMan en vrou, Manief, Pieter KTM, Ronel, Ronel , Bierman en Hendrik
Begin van die grondpad by die Komatirivier
Die dorpie Diepgezet op pad na Josefsdal in die Songimvelo Natuur Resevaat.
Die myne het mooi na hulle mense gekyk- eintlik ongelooflik dat die spookdorpie nog so mooi in stand gehou word, nie eers 'n venster gebreek nie. Kyk net al die mooi speelgoed vir die kinders .
'n Paar van die manne in aksie op die grondpad
Nadat ons die grondpad kafgedraf het, het van die manne bande opgepomp ( nee die BMW het nie moeilikheid nie) en ons is met die pragtige Saddleback pas terug na Barberton en Nelspruit na Witrivier en Sabie. Nadat ons by Woodmans aangekom het moes ons egter meer as 2 ure vir Gideon op sy Tiger wag - niemand weet hoekom nie- is dit die ryer of die bike ??? ??? ??? ???
By Woodman aangekom teen 14:30, afgepak en 'n lekker koue gedrink, besluit ons het genoeg gery vir die dag en in die kroeg lekker vriende gemaak. Ons het ook vir Johan (Buffel) sy ouboet Paul, Manie, Boetie en nog 'n paar manne daar gekry.
Colyn en sy vrou het ons ook kom groet en het na ete vertrek. Lekker om jou te ontmoet Colyn en ek is bly jy het sommer Wabez se finale waarskuwing vir hom persoonlik gegee :2f :2f :2f :2f.
Na 'n klomp shooters en drankies en 'n klompie ander goed ( Richard ) het ek omstreeks 21:30 gaan slaap, nie seker van die ander manne nie- glo daar is tot laatnag gekuier. Die plan was dat ons Sondag oggend 08:00 ontbyt sou eet om dan die 22 te ry en dan Graskop in 'n sirkel roete terug te kom Sabie toe en van daar af Longtompas terug Gauteng toe. Sondagoggend begroet ons toe met reen, mis en koue, met baie nat paaie, wat ons laat besluit om reguit huis toe te ry oor die Longtompas. Ons het geweet ons gaan mis kry en dat dit nat sou wees, en het besluit om stadig terug te ry.
Lekker koue weer
Wel met die begin van die pas reeds voel ek hoe my agterwiel geen "grip" het nie en gly ek 'n paar keer ongemaklik rond. Terwyl ek nog wonder wat fout kon wees tref die reuk van diesel my. Vir 'n baie ver ent, le die diesel oor die pad. Die padoppervlak was hierby nog nat en dit het liggies gereen met 'n mistigheid - nie die ideale ry omstandighede nie. Gelukkig het ons geen ongevalle gehad nie en almal het versigtig "aangekarring" Ons groepie het 'n rook stop op Lydenburg gemaak en toe deurgeskiet Dullstroom en Belfast toe. Hier was die mis so erg dat jy skaars 20 meter voor jou kon sien op plekke. By Belfast het ons by die Wimpy gestop en party het 'n bord slaptjips, koffie en ander roomys, met Milo gehad. Van hier het ons tot op Middelburg Shell Ultra gery waar ons almal gegroet het. Teen 14:00 by die huis gekom nadat ons so 860 km vir die 2 dae gery het.
Vir almal wat saam was, baie dankie ek het dit weereens ongelooflik geniet, ten spyte van die koue weer. Julle is 'n klomp nice ouens en girls en ekl sal enige tyd weer graag saam met julle wil ry. Ons het baie nuwe vriende gemaak en dis 'n naweek wat ek nog lank sal onthou O0 O0
Natuurlik is daar nog 'n klomp ouens wat agtergebly het en eers Dinsdag terugkom- hulle kan dan net hulle foto;s en RR hierby aanheg. Gideon was ons fotograaf tydens ons kuier in die kroeg, so daardie foto's sal later bykom :2f :2f Eers baie later- Gideon doen alles baie stadig- glo nie hy is al by die huis nie