Ons het Sondag weer die Cederberge aangepak met die motorfietse. Dis is seker malligheid, maar ry wil ons ry en dit terwyl die temperatuur 40c was. Ek en my vrou het 07:00 vir Danie DU Plooy en vir Ricardo Davids by Engine, Klawer gekry en vandaar het ons saamgery en vir Chris Smit by Doornrivier se brug gekry. Chris het die vorige nag nie veel geslaap nie, want hy was so opgewonde oor die feit dat hy vir BMW moes back-up petrol reël en moes saamneem. Hy het spesiale labels vir die petrolkan gemaak en gesorg dat ek dit moet raaksien, want kyk daar is niks beter as sy Suzuki V-strom nie en hy het die volste reg om so te voel. Dankie Chris vir al die moeite.