Sondagoggend RR - Plathuis/Touwsberg (Ladismith WC area)

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Karoo Rider

Race Dog
Joined
Sep 1, 2012
Messages
1,898
Reaction score
1,035
Location
Ladismith WC
Bike
Honda CRF-1100L Africa Twin
Sommer net 'n kort RR van vanoggend se draaitjie wat ek hier in die omgewing gery het, dis hoofsaaklik rondom Touwsberg en 'n lieflike stukkie pad.  Op die R62 tussen Barrydale en Ladismith sal jy die pad noordwes sien afdraai by die Plathuis/Touwsberg bord.  (Daar staan gereeld 'n paar streepdonkies daar.)

Tussen Ladismith en Montagu ry baie manne mos die Anysberg of Prinsrivier/Oubergpas pad en mag dalk nie bekend wees met hierdie deel nie.  As jy dus weer in die omgewing is ry daar om, maak 'n gwarrie-opdrifsel vuurtjie en braai 'n paar vingers van Lammie se kaaswors voordat jy jou warm gesig in die stroompie afspoel teen opsaaltyd.

Die hele Touwsberg / Plathuis / Hondewater area se lusern- en veebedryf is redelik lamgelê toe die Makadas spoorlyn in 1981 weggespoel het, en deesdae is dit hoofsaaklik die nabye Sanbona en Touwsberg Reservate wat aktief is in die omgewing.

Groete
Jan
 

Attachments

  • Image00002.jpg
    Image00002.jpg
    378 KB
  • Image00003.jpg
    Image00003.jpg
    292.8 KB
  • Image00004.jpg
    Image00004.jpg
    292.1 KB
  • Image00005.jpg
    Image00005.jpg
    347.1 KB
  • Image00006.jpg
    Image00006.jpg
    274.6 KB
  • Image00007.jpg
    Image00007.jpg
    337.6 KB
  • Image00008.jpg
    Image00008.jpg
    341.7 KB
Ek sien arme Veldbrand lees ook hier. Hy kwyl seker al vir n trippie in sy nuwe wêreld :mwink:

Jan het die spoorlyn dieselfde tyd verspoel toe Laingsburg verspoel het?
 
Jou bliksem, het jy hier by my hek ge-aarsel en toe net eenvoudig verby gery?
Ek het 'n nare vermoede dit was en indien wel, dis swak styl broer!
Sies, mens maak nie so nie. Val in!

Ons het self vanmiddag met die Montague pad so ent af gaan ry Chris.
Eerste keer na die bash dat ek op een van die bikes klim.
Net te besig gewees.
Selfs Blommie het haar Tornadotjie se oor gedraai.
Lekker gewees.
 
Kêk hom uit Veldtie!!! :imaposer:
Het julle die klomp trappers oorleef?
 
@ Veldbrand - OK jy het my!  Het met die terugkom daar verbygery en afgeslack, maar die hek was toe en ek wou nie ongenooid lastig wees nie, het nie jou gesien nie!  Sal weer verbykom dan moet ons die bikes bietjie Karoo-lug voer?  :thumleft:

@ ChrisL - Ja die Makadas was 'n stoomtrein wat net tot op Ladismith en weer terug Touwsrivier toe geloop het, hoofsaaklik vir die vervoer van steenkool, veevoer, vrugte, ens. neem ek aan.  Met die 1981 Lainsburg vloed is die spoor te erg beskadig om dit ekonomies weer te herstel, en die diens is gestaak.  As jy die grondpaaie wes van Ladismith ry kan die verhewe deel steeds maklik gesien word waar die spoor geloop het, die stawe en sleepers is natuurlik al opgetel.

Ek't onlangs op die foto's afgekom:
(Die laaste een is naby Veldbrand se plek, en ekself het sowat 3 jaar in 'n huis hier naby gebly wat oorspronklik hierdie deel se spooropsigter s'n was)
 

Attachments

  • (c) David Perl rides the Makadas Jan 1980 to Ladismith - 04.jpg
    (c) David Perl rides the Makadas Jan 1980 to Ladismith - 04.jpg
    160.4 KB
  • Makadas SAR Class 7A no 1011 May 1971 on last mile into Ladismith - photo © C P Lewis (GREAT S...jpg
    Makadas SAR Class 7A no 1011 May 1971 on last mile into Ladismith - photo © C P Lewis (GREAT S...jpg
    103.3 KB
  • Ladismith, No 987 cl 7, May 1962 © C P Lewis.jpg
    Ladismith, No 987 cl 7, May 1962 © C P Lewis.jpg
    140.6 KB
  • Ladismith branch, Winkelplaas, No 984 cl 7 westbound, August 1970 © C P Lewis.jpg
    Ladismith branch, Winkelplaas, No 984 cl 7 westbound, August 1970 © C P Lewis.jpg
    242.4 KB
Dêm dis nou interessant Jan. Jammer hulle kon hom nie red.
Padvervoer maak seker ook die trein dood en steenkool word nêrens meer gebruik want almal
het mos hul Aga stowe uitgehaal(wens ek het nog een gehad wintertyd)
 
Ja 'n houtstoof se kos en hitte is darem uit 'n ander wêreld!  My ma maak nog elke dag so kos op die plaas.

Ek vermoed die steenkool was grootliks vir die ou Towerkop kaasfabriek en die wynkelder se boilers.  Selfs vandag nog gebruik die twee kaasfabrieke (nou Parmalat en Ladismith Kaas), sowel as die kelder steeds steenkool vir hul boilers aangesien die prys van elektrisiteit en parafien dit onbekostigbaar maak andersins.  Vir die omgewingsregulasies is 'n geweldige duur filtersisteem in die skoorstene in plek en byna geen rook kan waargeneem word nie.
 
Lekker Jan. As ek weer daar verby kom ry ek spesiaal die draaitjie by.  :thumleft:
 
Ag ok Jan, in ruil vir die brokkie interesante info is jy vergewe maar moennie skroom nie Meneer, my hek is net toe omdat my Jozi brakke nie streetwise is nie, oftewel plaaswys en heeltemal hiesteries raak as Van Der Vyfer se koeie saans stal toe stap om hul spene te laat maseer.
Bring seblief ook vir vroulief, ons is vreeslik nuuskierig om te hoor van die geskiedenis van ons ou huis.
 
Voel amper soos om in 'n privaat gesprek inbreuk te maak....

Pragtige fotos van die ou treine!  :thumleft: Die ander fotos puik!  :thumleft:
 
Jy's welkom om te comment Has Been 9 - sommer ons "locals" wat hier chat!

Veldbrand - dankie vir die vergewe, ek sal nie weer oortree nie  ;D  Sal die inwoner saambring, sy wil kyk of sy nie ou foto's nog iewers het van julle huis en die plaas nie.
 
    Jan,daar waar jou bike op die laagwaterbruggie staan is n grot waar ons altyd n worsie braai.Makkadas le my na aan die hart,want ek het op Touwsrivier grootgeword.Kan julle n paar stories vertel oor daai era langs n kampvuurtjie.Een van Makkadas se sidingborde staan vandag nog op my stoep.
 

Attachments

  • Wit.jpg
    Wit.jpg
    119.1 KB
Bokveld, ek dood mos oor 'n kampvuurstorie, ons sal 'n plan moet maak?  Die platteland en sy geskiedenis lê my na aan die hart.

Ek het gesien daar's al vuur gemaak in daai grotjie, ek wonder hoeveel van die ou Khoisan en dalk Voortrekkers/trekboere het nie al daar die uitsig sit en bewonder nie?

Een van die Makadas punte op sy lyn was Hondewater, en ek wonder of iemand weet waar die naam vandaan kom?  My afleiding is dat dit dalk 'n spottery met brakwater kon wees?

Groete
 
Nice trip en nice fodies. :thumleft:
Dit is mos wat ek van hou, daar is niks so lekker as om op 'n plek te stop en so bietjie terug te staar in die geskiedenis in nie. :thumleft:

Laingsburg / Seweweeks Poort lê my ook na aan die hart want dit is waar my pa groot geword het en van kleins af het ek altyd na die stories gesit en luister van wat waar aan gegaan het ens.

In Seweweeks Poort staan daar bv ou murasies waar almal maar net verby ry( of as toilete te gebruik en te bemors)  maar min weet wie het daar gebly en wat het daar aan gegaan, ek kan myself maar net nie help om vir 'n oomblik my self te probeer inleef in die tyd toe daar nog iets aan gegaan het nie.
 
    Ek was bevoorreg om van Makkadas se legendariese drywers en stokers te ken.Wonderlike stories by hulle gehoor en self ook in die sewentiger jare n paar ondervindings met Makkadas gehad.Toe vat 81 se vloed hom weg en al wat ons oor het ,is die herhinderinge van n tyd toe alles nog stadiger gebeur het.Ai,ek word sommer hartseer as ek sien hoe ons spoorweg verval het.
 
Ek is amper doodseker ons het ook hierdie pad gery oppad na Calitzdorp se Old School Bash. 

Dit was lieflik gewees met lekker waterplate plek-plek oor die pad. 

Ek mag egter die pot mis sit en heentemal verkeerd wees!

Lyk dit bekend J?

 

Attachments

  • 100_6588.jpg
    100_6588.jpg
    69.9 KB
Dusty Rusty daai pad op jou foto lyk nou verskriklik bekend, en as ek reg is, is dit so half in daai omgewing, maar lyk vir my soos daai passie tussen Hein Nagel en Pieter de Bod se plase, dis nou oppad Oubergpas/Montagu toe vanaf Van Zylsdamme/Ladismith.  Het julle dalk daarlangs ook gery?
 
Jan, ek het vir Nismark gevra en hy se ons het daai pad gery waarvan jy praat.

Daar is n gedeelte waar mens n klein bergpassie ry en dan sien mens hoe die skape onder loop en wei.

Ek het so gewens ek kan daar gaan bly. Dis baie mooi daar.
 
Ek is self baie lief vir daai area.  Voel so of tyd 'n bietjie stilgestaan het daar oor die jare?  Dis my droom om daar iewers eendag 'n stukkie grond met 'n boskamp of klein kliphuis te hê.
 
Top