Sondagoggend RR - Plathuis/Touwsberg (Ladismith WC area)

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Dis nou nie heeltemal verwant aan die Makadas nie, maar tog ‘n interessante treinstorie: 

So tyd gelede vertel ‘n oom hier by die werk (Oom Gawie Bruwer) vir ons hoe hy in die laat 1970’s by ‘n melkpoeierfabriek in die Ooskaap as bestuurder gewerk het (seker Oos-London of PE).

Soos baie fabrieke vandag nog het hulle daai tyd ook op steenkool-boilers geloop.  Op ‘n manier het die boiler-operateur die een middag met uitvaltyd die hoof watertoevoer toegemaak vir onderhoud in ‘n ander afdeling, maar die boiler se vuur het aanhou brand en teen die volgende oggend was die hele boilerstelsel totaal uitgebrand binne-in.  John Thompson Boilers word op die lyn gekry, maar dis ongelukkig rondom 6 maande om so ‘n boiler oor te bou.

Die grootbaas word in Johannesburg gekontak met die tyding.  “Gawie, daai fabriek sal oor 24 uur weer in volle produksie wees, dankie” en die foon word in sy oor neergesit.  Moedeloos gaan sit die oom buite op die trap.  Sal hy nou maar bedank, of vertel hy die baas wat hy met sy werk kan maak, of wat doen hy nou, want wegjaag is nie ver nie.

Die oom sit nog so toe hy oor die vlak een van die roetine stoomtreine sien aankom wat daar naby verbyloop, en hy kry ‘n plan.  So ‘n stoomlokomotief is basies mos maar ‘n boiler op wiele, of hoe?  Bel die stasie daar naby, en hy vra hoeveel stoom per uur so lokomotief kan opwek.  Hulle maak ‘n paar somme en kom agter dat daai lokomotief se idle-stoom al amper meer is as wat die fabriek kan benut. 

Al die jare het die fabrieks-boiler se steenkool natuurlik per trein daar aangekom, so ‘n klein syspoor loop reeds van die hoof spoorlyn tot langs die fabriek.  Pas gediens het die stasie juis twee of drie lokomotiewe wat ongebruik op standby staan, en twee ure later toe kom trek hulle een langs daai poeierfabriek in en hulle koppel die trein op die fabriek se stoomlyn.

Opgestart en hulle moes daai lokomotief net onder bedwang hou of hulle het te veel stoom!  In die maande wat gevolg het is die stukkende boiler oorgebou en het die fabriek op die einde amper ‘n jaar lank op daai stoomlokomotief geloop.
 
Jissie manne julle laat my hart ń punt trek. Was jare trug vir ń paar jaar op Ladismith. Lieflike mense en pragtige omgewing!! Het self graag deur Seweweeks poort gery. As oud Jansenviller lê die karoo my na aan die hart.
 
great riding area magnificent phot,s of the steam trains in our area we dont see them anymore

thanks for sharing
 
Top