Sprinbokvlakte op 'n Saterdag

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Duster

Race Dog
Joined
Apr 23, 2010
Messages
1,398
Reaction score
0
Location
Naboomspruit, Limpopo
Bike
Yamaha Super Tenere
Yatar het vir ons 'n Lesotho trip gereël vir die afgelope langnaweek, maar het ongelukkig agv familie siekte, onttrek.  Toe het ek en Dred besluit om die vroutjies te betrek en sommer hier by ons in die Limpopo te kuier en dan Saterdag sommer 'n draai te gaan ry.

Johan (Dred), en Karien het Vrydag van Potch af gery en die middag hier by ons aangekom. Die aand het ons 'n lekker hoenderpot aanmekaar geslaan en 'n heerlike aand saam gekuier.

Ek het lank getop oor waarheen ons moet ry die Saterdag, maar uiteindelik op die Springbokvlakte besluit.  Ons het dan ook die oggend so 9uur in die pad geval en via Crecy na Tuinplaas gery.  Ons wou nog fotos by die kerk gaan neem het, maar ons het 'n afspraak gehad in Settlers en het so net na 10uur in Settlers gestop.
 

Attachments

  • 2.JPG
    2.JPG
    288.9 KB
  • 1.JPG
    1.JPG
    400.9 KB
  • 6.JPG
    6.JPG
    409.7 KB
  • 5.JPG
    5.JPG
    342.3 KB
  • 3.JPG
    3.JPG
    410.6 KB
  • 4.JPG
    4.JPG
    277.8 KB
Ek sal vanaand die res pos, agv loadshedding/kabel diefstal/onvermoë om krag te voorsien, is ons krag af voor ek enige iets verder kon post.
Lekker dag vir almal.
 
Gelukkig is die krag nou aan en hier kom die res.

Ek het op 'n kaart wat ek het gesien daar is 'n Trekker Museum in Settlers en het deur Ewald Schmidt van Nylstroom, ook 'n wd, die nommer van Gerrit Fourie, 'n afgetrede boer van die omgewing, gekry.  Vrydag aand eers met hom kontak gemaak en hy was amper so opgewonde soos ons om die museum vir ons oop te maak en als vir ons te wys.

Wat 'n nice plek om te sien.  Gerrit het ons omtrent trakteer deur ons van elke trekker te vertel en te verduidelik, watter implimente daar staan en hoe dit gewerk het.  Op een foto is die kontak besonderhede as julle ooit eendag die kant toe kom, bel gerus en maak 'n afspraak en kom beleef die verlede.

Al die masjiene loop en is meganies in 'n goeie toestand.  Ek plaas net 'n paar fotos, maar het tussen my en Karien seker honderd fotos van alles daar geneem.
 

Attachments

  • 7.JPG
    7.JPG
    367.6 KB
  • 8.JPG
    8.JPG
    385.7 KB
  • 9.JPG
    9.JPG
    358.3 KB
  • 10.JPG
    10.JPG
    313 KB
  • 11.JPG
    11.JPG
    354.1 KB
Ons het maklik 'n uur en half daar spandeer, en het nadat ons weer opgesaal het, pad gevat na Nylstroom (Modimolle) se rigting.  Net oor die snelweg aan die regterkant is Castle de Wildt, 'n wildsveiling plaas/gebou/maatskappy?  Ons het net buite gestop sodat Johan hulle kan sien hoe dit lyk.  Tipies soos 'n kasteel, baie mooi binne.  Ons was so 'n ruk terug daar tydens 'n veiling waar 'n goue wildebeest bul vir R3,4 milj verkoop was.
 

Attachments

  • 15.JPG
    15.JPG
    295 KB
  • 16.JPG
    16.JPG
    281.8 KB
  • 17.JPG
    17.JPG
    269.1 KB
Baie mooi Duster, dankie dat jy dit deel met ons  :thumleft:

Die trekker museum is beslus op my lys van plekke om nog te besoek, ek sal heeldag in so plek rond loop.
 
Die plan was om van daar links te draai op die Eersbewoon pad wat by Klein Kariba uitkom, maar voor Klein Kariba, by Shangri-La Hotel te stop vir iets te drinke.  Toe ons daar kom, sien ek my seun het my gebel, en bel hom gou voor ons opstap hotel toe.  Hy het van Naboom Warmbad toe gery om bande op sy kar te sit, en was oppad terug, ook op die Eersbewoon pad en het sopas by Shangri-La verby gery.

Nodeloos om te sê, hulle join ons by die hotel en ons besluit sommer om middagete daar te eet.  Die hotel is baie mooi en ek sal definitief weer daar stop vir verversings.
 

Attachments

  • 18.JPG
    18.JPG
    366.6 KB
  • 22.JPG
    22.JPG
    415 KB
  • 21.JPG
    21.JPG
    386.2 KB
  • 20.JPG
    20.JPG
    370.2 KB
  • 19.JPG
    19.JPG
    404.6 KB
Ek sal eersdaags sommer n trippie hier in die Kaap na Villiersdorp se trekkermuseum doen, en dan ook ietsie vir julle skryf  :thumleft:

daai ou masjiene is regtig pragtig
 
Ons en Johan hulle het aangery na Klein Kariba en daar by die cruising regs gedraai Modimolle toe.  Die stukkie pad tot in Modimolle is vir my altyd so lekker om te ry.  Net voor die wit kerk op links is die Nylstroom Konsentrasiekamp begraafplaas.

Ons het daar gestop en vir 'n uur of so met ons eie gedagtes geworstel oor al die grafte wat daar is.  Baie, baie van die grafte is van 1-4jarige kinders.
 

Attachments

  • 34.JPG
    34.JPG
    386.2 KB
  • 33.JPG
    33.JPG
    377.5 KB
  • 31.JPG
    31.JPG
    313.4 KB
  • 30.JPG
    30.JPG
    389.3 KB
  • 32.JPG
    32.JPG
    370.4 KB
Mens loop daar rond met jou eie gedagtes en wonder hoe dit moes gewees het daai tyd.  Ek dink nie ons het enige idee waardeur die vrouens en kinders gegaan het nie.  RIP.
 

Attachments

  • 35.JPG
    35.JPG
    320 KB
  • 36.JPG
    36.JPG
    299.2 KB
  • 37.JPG
    37.JPG
    428.2 KB
  • 38.JPG
    38.JPG
    383.9 KB
  • 39.JPG
    39.JPG
    365.4 KB
Lem said:
Ek sal eersdaags sommer n trippie hier in die Kaap na Villiersdorp se trekkermuseum doen, en dan ook ietsie vir julle skryf  :thumleft:

daai ou masjiene is regtig pragtig
Lem, ek is nie baie tegnies nie en weet nie baie van trekkers af nie, maar was absoluut gefasineerd deur die ou masjiene.  Sien uit na jou rr later.
 
Nog bietjie.

En dan met die laaste foto, moet daar mos altyd morsjorse wees, of tel dit ook onder die beskadiging van standbeelde..........
 

Attachments

  • 48.JPG
    48.JPG
    259.4 KB
  • 47.JPG
    47.JPG
    310.9 KB
  • 45.JPG
    45.JPG
    301 KB
  • 46.JPG
    46.JPG
    310.9 KB
Ons laaste gedeelte van ons dag se trippie was terug Naboom toe.  So 15km buite Nylstroom draai die Grootfontein grondpad af na links, wat dan aan die westekant van Naboom by die vakansie oorde se pad uitkom.  Ons het daar afgedraai, die bande bietjie afgeblaas en 'n lekker klipperige, sinkplaat pad tot bo-op die plato gery voor die pad verbeter het.  Laaste stop was by die Olifant restaurant waar ons 'n koue bier gedrink het om die dag mee af te sluit........
 

Attachments

  • 49.JPG
    49.JPG
    403.9 KB
  • 50.JPG
    50.JPG
    315 KB
  • 51.JPG
    51.JPG
    365.8 KB
  • 52.JPG
    52.JPG
    349.3 KB
  • 53.JPG
    53.JPG
    366.7 KB

Latest posts

Top